Tanganjika
Tanganjika (Engels en Swahili: Tanganyika) was 'n republiek in Oos-Afrika binne die Britse Statebond en vernoem na die Tanganjika-meer wat die land se westelike grens vorm. Op 26 April 1964 het dit saam met die eilande van Zanzibar saamgesmelt om die Verenigde Republiek van Tanzanië te vorm.
| |||||
| |||||
Leuse: Uhuru na Umoja | |||||
Volkslied: Mungu ibariki Afrika | |||||
Hoofstad | Dar-es-Salaam 06°48′S 39°17′O / 6.800°S 39.283°O | ||||
Taal/Tale | Engels, Swahili | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Julius Nyerere | ||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||
- Onafhanklikheid | 9 Desember 1961 | ||||
- Stigting van die Republiek | 9 Januarie 1962 | ||||
- Vereniging met Zanzibar tot Tanzanië | 26 April 1964 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1961 | 942 560 km2 363 924 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1961 skatting | 10 000 000 | ||||
Digtheid | 10,6 /km² 27,5 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Shilling |
Die naam het vir die eerste keer verskyn as die "Mandaatgebied van Tanganjika", wat van die kolonie Duits-Oos-Afrika gevorm is. In 1922, na die Eerste Wêreldoorlog, is dit deur die Volkebond as 'n mandaat aan Brittanje toegeken.
Die land het in 1946 'n "trougebied" van die Verenigde Nasies geword, hoewel dit steeds deur die Verenigde Koninkryk regeer is. Tanganjika het egter op 9 Desember 1961 onafhanklikheid verkry en die "Republiek van Tanganjika" (Swahili: Jamhuri ya Tanganyika) is 'n halfjaar later, op 9 Junie 1962, gestig.