Guinee
Guinee (Frans: Guinée, [giˈne], ), amptelik die Republiek Guinee (République de Guinée), is 'n land in Wes-Afrika met 'n oppervlakte van 245 836 km² en 'n bevolking van 12 395 924 in 2016. Dit grens aan Guinee-Bissau en Senegal in die noorde, Mali in die noorde en noordooste, Ivoorkus in die suidooste, Liberië in die suide en Sierra Leone in die weste. Die landsgebied sluit die waterbron vir die Niger-, Sénégal-, en Gambiëriviere in, met 'n kus aan die Atlantiese Oseaan. Die naam Guinee (geografies toegeken aan meeste van Afrika se weskus suid van die Saharawoestyn en noord van die Golf van Guinee) kom uit Berber en kan rofweg vertaal word as "land van die swartes". Die hoofstad en grootste stad is Conakry, 'n hawestad langs die suidwestelike kus langs die Atlantiese Oseaan.
| |||||
Nasionale leuse: Travail, Justice, Solidarité (Frans vir: "Arbeid, Geregtigheid, Solidariteit") | |||||
Volkslied: Liberté (Frans vir: "Vryheid") | |||||
Hoofstad | Conakry | ||||
Grootste stad | Conakry | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële republiek Mamady Doumbouya Bah Oury | ||||
Onafhanklikheid • van Frankryk
|
2 Oktober 1958 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
245 836 km2 (77ste) 94 918 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
12 395 924[1] (81ste) 11 628 972 40,9 / km2 (164ste) 105,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
MOI (2015) | 0,414[3] (183ste) – laag | ||||
Gini (2012) | 33,7[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (GNF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .gn | ||||
Skakelkode | +224 |
Geskiedenis
wysigDie gebied beslaan deur die moderne staat van Guinee is oor die eeue heen opgeneem in verskeie ryke. Die vroegste hiervan is die Ghanaryk wat tot stand gekom het in c. 900. Dit is opgevolg deur die Sossokoninkryk in die 12de en 13de eeue. Die Maliryk kom aan bewind in die gebied na die Slag van Kirina in 1235. Die Maliryk floreer totdat interne probleme dit verswak wat die state daarvan toelaat om die mag oor te neem in die 15de eeu. Toonaangewend in die verband is die Songhaistaat wat die Songhairyk geword het. Hierdie ryk steek sy voorgangers in gebied en mag verby, maar word 'n slagoffer van interne twis en burgeroorlog en is op die ou einde in die Slag van Tondibi in 1591 omvergewerp. Daarna fragmenteer die gebied totdat 'n Islamitiese staat in die 18de eeu opgerig is wat 'n mate van stabiliteit aan die gebied verleen het.
Europeërs kom vir die eerste keer na die gebied vanaf die 16de eeu as deel van die slawehandel. Hedendaagse Guinee is in 1890 deur Frankryk as 'n kolonie geskep met Noël Balley as die eerste goewerneur. Die hoofstad Conakry is in 1890 op die Tombo-eiland gestig. In 1895 is die land in Frans-Wes-Afrika opgeneem.
Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk in 1958 en is deur 'n diktatuur onder Ahmed Sékou Touré regeer. Touré het in die breë sosialistiese ekonomiese beleide gevolg en opposisie en vrye uitdrukking onderdruk met weinig agting vir menseregte. Ná sy dood in 1984 neem Lansana Conté beheer oor en swaai onmiddellik weg van sy voorganger se ekonomiese beleide maar volhard met die stywe magsgreep. Verkiesings word vir die eerste keer in 1993 gehou maar die resultaat daarvan en van daaropvolgende verkiesings is betwis. Conté staar gereelde kritiek in die gesig vir die toestand van die land se ekonomie en vir sy hardhandige benadering tot politieke teenstaanders. Sedert 2005 het Guinee volgens die International Crisis Group ernstige probleme en is daar 'n moontlikheid dat dit in 'n mislukte staat kan ontaard.
Prefekture
wysigGuinee word verdeel in agt administratiewe streke wat verder onderverdeel word in 33 prefekture. Verder word die nasionale hoofstad Conakry as 'n spesiale gebied beskou. Die prefekture word hieronder gelys met die administratiewe regions in hakkies.
- Beyla Prefecture (Nzérékoré Region)
- Boffa Prefecture (Boké Region)
- Boké Prefecture (Boké Region)
- Conakry Special Zone (Conakry Region)
- Coyah Prefecture (Kindia Region)
- Dabola Prefecture (Faranah Region)
- Dalaba Prefecture (Mamou Region)
- Dinguiraye Prefecture (Faranah Region)
- Dubréka Prefecture (Kindia Region)
- Faranah Prefecture (Faranah Region)
- Forécariah Prefecture (Kindia Region)
- Fria Prefecture (Boké Region)
- Gaoual Prefecture (Boké Region)
- Guéckédou Prefecture (Nzérékoré Region)
- Kankan Prefecture (Kankan Region)
- Kérouané Prefecture (Kankan Region)
- Kindia Prefecture (Kindia Region)
- Kissidougou Prefecture (Faranah Region)
- Koubia Prefecture (Labé Region)
- Koundara Prefecture (Boké Region)
- Kouroussa Prefecture (Kankan Region)
- Labé Prefecture (Labé Region)
- Lélouma Prefecture (Labé Region)
- Lola Prefecture (Nzérékoré Region)
- Macenta Prefecture (Nzérékoré Region)
- Mali Prefecture (Labé Region)
- Mamou Prefecture (Mamou Region)
- Mandiana Prefecture (Kankan Region)
- Nzérékoré Prefecture (Nzérékoré Region)
- Pita Prefecture (Mamou Region)
- Siguiri Prefecture (Kankan Region)
- Télimélé Prefecture (Kindia Region)
- Tougué Prefecture (Labé Region)
- Yomou Prefecture (Nzérékoré Region)
Geografie
wysigDie hoogste punt in Guinee is Mont Nimba.
Ekonomie
wysigGuinee beskik oor groot mineraal-, hidroëlektrisiteit-, en lanbouhulpbronne, maar bly steeds 'n onderontwikkelde land. Die land beskik oor meer as 30% van die wêreld se bauxietreserwes en is die tweede grootste bauxietprodusent. Die mynbousektor dra in 1999 ongeveer 75% van alle uitvoere by. Volgehoue verbeteringe in die regering se fiskale reëlings, geletterdheid en die regsstelsel word benodig as die land uit armoede wil uitstyg. Gevegte aan die grense met Sierra Leone en Liberië, sowel as vlugtelingbewegings het groot ekonomiese steurnisse veroorsaak wat die verlies in beleggersvertroue verder verswak het. Buitelandse mynmaatskappye het die hoeveelheid expatriate personeel verminder. Paniekinkopies het voedseltekorte meegebring en inflasie en onluste in lokale markte tot gevolg gehad. Guinee ontvang nie multilaterale bystand nie. Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank het meeste bystand in 2003 beëindig. Ekonomiese groei het effens gestyg in 2004, hoofsaaklik as gevolg van stygings in wêreldwye aanvraag en grondstofpryse op wêreldmarkte.
Kulture
wysig- Soos ander Wes-Afrika lande het Guinee 'n ryk musikale tradisie. Die groep Bembeya Jazz het in die 1960's na Guinese onafhanklikheid gewild geraak. Die Vancouver-gebaseerde kitaarspeler Alpha Yaya Diallo kom van Guinee en sluit tradisionele ritmes en melodieë in sy oorspronklike komposisies, waarvoor hy twee Junotoekennings ontvang het, in.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 27 Mei 2018.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Guinea". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 27 Mei 2018.
- ↑ (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 27 Mei 2018.
- ↑ (en) "Gini Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 27 Mei 2018.
Bronnelys
wysig- Algemeen
- (en) "Guinea". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Desember 2024.
- (en) "Guinea". Central Intelligence Agency. Besoek op 15 Desember 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Guinee. |
Sien Guinee in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Regering
- Permanent UN Mission of the Republic of Guinea Geargiveer 17 Desember 2007 op Wayback Machine amptelike regringswerf
- Oorsigte
- Musiek
- Cora Connection Geargiveer 10 Oktober 1999 op Wayback Machine Wes-Afrika musiekhulpbronne
- Gidse
- LookSmart – Guinea Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine directory category
- Open Directory Project – Guinea Geargiveer 25 Desember 2005 op Wayback Machine directory category
- Stanford University – Africa South of the Sahara: Guinea directory category
- The Index on Africa – Guinea Geargiveer 24 Augustus 2004 op Wayback Machine directory category
- University of Pennsylvania – African Studies Center: Guinea directory category
- Yahoo! – Guinea Geargiveer 12 Maart 2007 op Wayback Machine directory category
- Toerisme
- Toerisme-inligting oor Guinee op Wikivoyage