Maak hoofkeuseskerm oop

Sierra Leone (Engels: [siːˈɛərə liːˈoʊniː, -liːˈoʊn], ), amptelik die Republiek Sierra Leone (Engels: Republic of Sierra Leone), is 'n land in Wes-Afrika, aan die kus van die Atlantiese Oseaan. Die land grens aan Guinee in die noorde en Liberië in die suidooste.

Republic of Sierra Leone
Republiek Sierra Leone
Vlag van Sierra Leone Wapen van Sierra Leone
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity, Freedom, Justice
(Engels vir: "Eenheid, Vryheid, Geregtigheid")
Volkslied: High We Exalt Thee, Realm of the Free
(Engels vir: "Hoë prys ons jy, Land van die Vrye")
Ligging van Sierra Leone
Hoofstad Freetown

8°29′N 13°14′W / 8.483°N 13.233°W / 8.483; -13.233

Grootste stad Freetown
Amptelike tale Engels, Bengaals[1]
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Julius Maada Bio
Mohamed Juldeh Jalloh
David J. Francis
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Republiek
van die Verenigde Koninkryk
27 April 1961
19 April 1971
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
71 740 km2  (117de)
27 700 myl2
1,1
Bevolking
 - 2015-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
7 075 641[2] (103de)
6 190 280[2]
79,4 / km2 (114de)
205,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$12,357 miljard[3]
$1 848[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$4,757 miljard[3]
$711[3]

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,420[4] (179ste)  –  laag
Gini (2011) 34[5] –  medium
Geldeenheid Leone (SLL)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .sl
Skakelkode +232
Nasa-Satellietbeeld van Sierra Leone
Kaart wat Sierra Leone vertoon
Topografiese kaart wat Sierra Leone vertoon

Die geskrewe geskiedenis van Sierra Leone begin in 1462, toe Portuguese ontdekkers die eerste keer hier aan wal gegaan en die land "Leeuberge" genoem het. Europeërs het die land gebruik as 'n bron van slawe, maar in 1787 is die hoofstad Freetown gevestig as 'n stad vir voormalige slawe wat in Londen gewoon het.

In 1808 het Sierra Leone 'n kroonkolonie geword, wat so gebly het tot die helfte van die 20ste eeu, toe die proses van die ontbinding van kolonisasie begin het. Dit het gelei tot onafhanklikheid op 27 April 1961. Sir Milton Margai (1895–1964) was die land se eerste premier.

Sierra Leone word opgedeel in drie provinsies en een distrik:

  • Oostelike Provinsie
  • Noordelike Provinsie
  • Suidelike Provinsie
  • Westelike Area

Groot gedeeltes van die kuslyn van Sierra Leone bestaan uit moerasse, met die uitsondering van die skiereiland waar die hoofstad Freetown gelee is. Die res van Sierra Leone is hoofsaaklik 'n plato (ongeveer 300 m bo see spieël) bedek met woude, en berge in die ooste van die land (hoogste punt Loma Mansa, 1 948 m). Die klimaat is tropies, met 'n reënseisoen van Mei tot Desember.

Die grootste stede is die hoofstad Freetown, Koindu, Bo, Kenema en Makemi.

Sierra Leone is 'n baie arm nasie met groot verskille in rykdomverdeling.

VerwysingsWysig

  1. (en) "How Bengali became an official language in Sierra Leone". The Indian Express. 21 Februarie 2017. Besoek op 25 Junie 2018. 
  2. 2,0 2,1 (en) Official projection (medium variant) for the year 2013 based on the population and housing census held in Sierra Leone on 4 Desember 2004 Geargiveer 30 Julie 2013 op Wayback Machine. statistics.sl. bl. 13.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Sierra Leone". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 25 Junie 2018. 
  4. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 25 Junie 2018. 
  5. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 25 Junie 2018. 

Eksterne skakelsWysig