1 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
1 Januarie is nuwejaarsdag, die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook die eerste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar (365 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 153 v.C. – Die konsuls van die Romeinse Republiek begin hul termyn vir die eerste keer op 1 Januarie in plaas van 1 Maart en daarom is 1 Januarie vandag die begin van die kalenderjaar.
- 45 v.C. – Die Juliaanse kalender tree in werking nadat Julius Caesar die Romeinse kalender hervorm het.
- 32 v.C. – Die Romeinse senaat verklaar Octavian tot Dux Italiae (Leier van Italië). Daarmee verklaar hy de facto oorlog teen Cleopatra en Marcus Antonius.
- 404 – Die laaste gladiatorkompetisie vind plaas in Rome.
- 1159 – Pous Alexander III stel Ubaldo Allucingoli (later Pous Lucius III) aan as kardinaal-biskop van Ostia en Velletri.
- 1438 – Albert II van Habsburg word koning van Hongarye.
- 1622 – In die Gregoriaanse kalender word 1 Januarie as die eerste dag van die jaar verklaar.
- 1651 – Karel II van Engeland word die koning van Skotland.
- 1700 – Rusland aanvaar die Juliaanse kalender.
- 1707 – Johan V word die koning van Portugal.
- 1748 – Pous Benedictus XIV publiseer “Inter caetera” oor karnaval.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer “Celebationem magni” ter afsluiting van die Heilige Jaar 1750.
- 1788 – Die eerste uitgawe van The Times word gepubliseer.
- 1801 – Die wetgewende unie van Groot-Brittanje en Ierland smelt saam om die Verenigde Koninkryk te vorm, die Sint Patrickkruis word tot die Union Jack gevoeg.
- 1801 – Giuseppe Piazzi ontdek die eerste asteroïed, 1 Ceres.
- 1804 – Die einde van Franse regering in Haïti.
- 1808 – Invoering van slawe na die VSA word verban.
- 1863 – Abraham Lincoln lewer die emansipasieafkondiging tydens die tweede jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1880 – Konstruksie van die Panamakanaal begin.
- 1884 – Caledon in die Wes-Kaap verkry munisipale status.
- 1891 – NG gemeente Tamboerskloof na ’n bittere stryd van NG gemeente Kaapstad afgestig.
- 1893 – Japan aanvaar die Gregoriaanse kalender.
- 1897 – Die Oranje Vrijstaatsche Gouvernementsspoorwegen word gestig.
- 1899 – Die einde van die Spaanse regering in Kuba.
- 1901 – Die Britse kolonies Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Suid-Australië, Tasmanië, Victoria en Wes-Australië stig die Australiese Gemenebes met Canberra as hoofstad.
- 1901 – Die Franse rugbyspan speel die eerste keer ’n rugbytoets teen Nieu- Seeland.
- 1901 – Nigerië word ’n Britse protektoraat.
- 1911 – Die Noordelike Gebied word van Suid-Australië afgestig as eie gebied binne die Australiese Gemenebes.
- 1912 – Stigting van die Republiek China op die Chinese vasteland.
- 1937 – Anastasio Somoza word die president van Nicaragua.
- 1956 – Die einde van die Anglo-Egiptiese kondominium in die Soedan.
- 1959 – In Kuba word Fulgencio Batista deur Fidel Castro omvergewerp.
- 1960 – Kameroen word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 1964 – Die federasie van Rhodesië en Njassaland word ontbind.
- 1970 – Die Unix epog begin om 00:00:00 GT.
- 1968 - Twee treine bots tussen Skukuza en Krokodilbrug in die Krugerwildtuin. Veertien mense sterf en 38 word beseer.
- 1971 – Sigaretadvertensies word verban op VSA-televisie.
- 1973 – Denemarke en die Verenigde Koninkryk verlaat die Europese Vryhandelsvereniging en betree met Ierland die Europese gemeenskap.
- 1979 – Die VSA en die Volksrepubliek China knoop diplomatieke betrekkinge aan.
- 1981 – Griekeland betree die Europese gemeenskap.
- 1983 – ARPANET verander amptelik na die internetprotokol, om die Internet te vorm.
- 1984 – Broenei word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1984 – AT&T word opgebreek in 22 onafhanklike dele.
- 1985 – Groenland verlaat die Europese gemeenskap.
- 1986 – Finland betree en Portugal verlaat die Europese Vryhandelsvereniging. Spanje en Portugal betree die Europese gemeenskap.
- 1986 – Aruba verlaat die Nederlandse Antille en word ’n separate deel van die Koninkryk der Nederlande.
- 1993 – Tsjeggo-Slowakye word verdeel en die republieke Tsjeggië en Slowakye word gestig.
- 1994 – Die NAFTA word gestig deur Kanada, Meksiko en die Verenigde State van Amerika.
- 1995 – Die Wêreld-handelsorganisasie word geskep om die "Algemene ooreenkoms op tariewe en handel" te vervang.
- 1995 – Stigting van die OVSE, die opvolger van die KVSE, in Helsinki.
- 1995 – Finland, Oostenryk en Swede verlaat die Europese Vryhandelsvereniging en betree die Europese Unie.
- 1996 – Slowenië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 1997 – Roemenië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 1999 – Die Euro-geldeenheid word in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje ingebruikgeneem. Bulgarye betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 2001 – Die Euro-geldeenheid word ingelei in Griekeland.
- 2002 – Euro banknote en -muntstukke word ingelei in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje.
- 2003 – Kroasië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 2003 – Luiz Inácio Lula da Silva word president van Brasilië.
- 2006 – Masedonië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 2007 – Bulgarye en Roemenië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lidstate van die Europese Unie, die Euro word ingelei in Slowenië. Albanië, Bosnië en Herzegowina, Kosovo, Moldowa, Montenegro en Serwië sluit by die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms aan.
- 2008 – Die Euro word ingelei in Malta en Siprus.
- 2009 – Die Euro word ingelei in Slowakye.
- 2011 – Die Euro word ingelei in Estland.
- 2011 – Die Amerikaanse dollar word ingelei in Bonaire, Saba en Sint Eustatius.
- 2014 – Die Franse oorsese gebied Mayotte word amptelik deel van die Europese Unie en die Euro word ingelei in Letland.
- 2015 – Die Euro word ingelei in Litaue.
- 2023 – Die Euro word ingelei in Kroasië.
- 2023 – Luiz Inácio Lula da Silva word opnuut president van Brasilië.
Geboortes
wysig- 1431 – Pous Alexander VI, die 214de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1503).
- 1449 – Lorenzo de' Medici, Italiaanse staatsman († 1492).
- 1484 – Ulrich Zwingli, Switserse hervormpr en Potestantse leier († 1531).
- 1618 – Bartolomé Esteban Murillo, Spaanse skilder († 1682).
- 1714 – Kristijonas Donelaitis, Pruisies-Litause digter († 1780).
- 1735 – Paul Revere, Amerikaanse patriot († 1818).
- 1814 – Hong Xiuquan, leier van die Taiping-rebellie teen die Qing-dinastie († 1864).
- 1830 – Simeon Jacobs, Prokureur-generaal van die Kaapkolonie († 1883).
- 1853 – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser († 1926).
- 1858 – Dirk Balfoort, Nederlandsgebore regisseur, direkteur van die Rederykerskamer en komponis († 1921).
- 1863 – Pierre de Coubertin, historikus († 1937).
- 1868 – Maria Kloppers, Suid-Afrikaanse weldoener († 1950).
- 1874 – Gustave Whitehead, Amerikaanse lugvaartpionier († 1927).
- 1879 – E.M. Forster, Britse skrywer († 1970).
- 1887 – Wilhelm Canaris, Duitse admiraal († 1945).
- 1892 – Bertha Solomon, Suid-Afrikaanse feminis en politikus († 1969).
- 1895 – J. Edgar Hoover, Amerikaanse FBI-direkteur († 1972).
- 1912 – Kim Philby, Britse spioen († 1988).
- 1924 – Charlie Munger, Amerikaanse prokureur en sakevennoot van Warren Buffett († 2023).
- 1925 – Idi Amin, Ugandese staatsman, President van Uganda († 2003).
- 1927 – Maurice Béjart, Franse choreograaf († 2007).
- 1933 – Joe Orton, Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer († 1967).
- 1938 – Margaret Singana, Suid-Afrikaanse sangeres († 2000).
- 1945 – Jacky Ickx, Belgiese motorrenjaer.
- 1954 – Eric Nobbs, Suid-Afrikaanse akteur († 2022).
- 1960 – Mohamed Bazoum, 10de president van Niger.
- 1962 – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet. († 1997)
- 1962 – Deon Coetzee, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1969 – Nicholas Gleaves, Engelse akteur en skrywer.
- 1983 – Shou Zi Chew, Singapoerse sakeman en entrepreneur.
Sterftes
wysig- 152 – Pous Markianus van Alexandrië agtste patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?)
- 1559 – Christiaan III van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1503)
- 1583 – François de Belleforest, Franse skrywer, digter, en vertaler van die Renaissance-era (* 1530)
- 1655 – Frans Banninck Cocq, 17de eeuse burgemeester van Amsterdam (* 1605).
- 1782 – Johann Christian Bach, Duitse komponis (* 1735).
- 1894 – Heinrich Hertz, Duitse fisikus (* 1857).
- 1972 – Maurice Chevalier, Franse akteur (* 1888).
- 1989 – Stompie Moeketsi, ANC-aktivis, op 14-jarige ouderdom vermoor (* 1974).
- 1992 – Grace Hopper, Amerikaanse rekenaarpionier (* 1906).
- 1994 – Cesar Romero, Kubaans-Amerikaanse akteur en komediant (* 1907).
- 1995 – Eugene Wigner, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelprys-wenner (* 1902)
- 2001 – Ray Walston, Amerikaanse akteur (* 1914).
- 2006 – Haas Schoeman, Springbokflank (* 1940).
- 2009 – Helen Suzman, Suid-Afrikaanse politikus (* 1917).
- 2017 – Yaakov Neeman, Israelse politikus, advokaat en regsgeleerde (* 1939).
- 2020 – Rein Arndt, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1929).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Baie lande wat die Gregoriaanse kalender gebruik, vier Nuwejaarsdag om 00:00:00 met vuurwerkvertonings.
- Katolieke agtdaagse fees van die heilige maagd Maria, moeder van God.
- Die agtste dag van Kersfees.
- Kopieregvervaldag word in die VSA gevier, wanneer ’n jaar se werke publieke domein word. Word nie gevier tussen 1978 tot 2018 nie, as gevolg herhaalde kopiereg-verlengings.
- Onafhanklikheidsdag van Haïti.
- Stigtingsdag in China.
- Onafhanklikheidsdag van die Soedan.
- Bevrydingsdag in Kuba.
- Stigtingsdag in Slowakye.
- Laaste dag van Kwanzaa.
- Wêreldbiddag vir vrede.
- Feesag van Pous Markianus van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 January. |