Christiaan III van Denemarke
Christiaan III (12 Augustus 1503 – 1 Januarie 1559) het tot met sy dood oor Denemarke en Noorweë regeer – onderskeidelik van 1534 en 1537 af. Tydens sy bewind het hy Lutheranisme as die staatsgodsdiens in sy ryke gevestig as deel van die Protestantse Hervorming.[1][2]
Christiaan III | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Jakob Binck, 1550.
| |
Periode | Denemarke 4 Julie 1534 - 1 Januarie 1559 Noorweë 1537-1559 |
Voorganger | Frederik I |
Opvolger | Frederik II |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Dorothea van Sakse-Lauenburg |
Vader | Frederik I |
Moeder | Anna van Brandenburg |
Gebore | 12 Augustus 1503, Gottorp |
Oorlede | 1 Januarie 1559 (op 55), Koldinghus |
Lewe
wysigChristiaan was die oudste seun van Frederik I en Anna van Brandenburg. In 1523 is Frederik I tot koning van Denemarke verkies in die plek van sy broerskind Christiaan II.
Twee van Christiaan III se onderwysers was vurige hervormers wat ’n invloed op die jong prins gehad het. Hy het geen geheim gemaak van sy Lutherse sentiment nie. In 1528 het hy die Lutherse Kerk die staatskerk van Sleeswyk-Holstein gemaak.[3][4]
Ná sy pa se dood in 1533 is Christiaan tot koning verkies. Die Deense staatsraad, wat deur Rooms-Katolieke biskoppe en adellikes oorheers is, het geweier om hom as koning te aanvaar en het hulle tot graaf Christopher van Oldenburg gewend in ’n poging om Christiaan II se bewind te herstel. Graaf Christopher is in die plek van Christiaan III tot regent verklaar en dit het tot ’n twee jaar lange burgeroorlog gelei bekend as die Grawevete (Grevens Fejde, 1534–'36) tussen Protestantse en Rooms-Katolieke magte.[5] Christiaan III het as oorwinnaar uit die stryd getree en hy het die troon bestyg.
Sy sege sou eindelik lei tot ’n einde aan Katolieke Christenskap in Denemarke en die aanvaarding van Lutheranisme as die Deense staatsgeloof. Dit het op 30 Oktober 1536 amptelik geword. Kloosters is gesluit en die eiendom deur die koning opgeëis. Kerke is toegemaak en katedraalskole gesluit. Biskoppe is gevange gehou totdat hulle ingestem het om te trou en afstand te doen van hul voorregte. Sommige het geweier en martelaars vir hul geloof geword.
Christiaan III se latere bewind is deur vrede gekenmerk. Hy is op Nuwejaar 1559 by Koldinghus oorlede.[6]
Verwysings
wysig- ↑ Christian 3 (Dansk Konge)
- ↑ Stortinget.no (Norwegian parliament) - Endringer i Grunnloven og kirkeloven
- ↑ Øystein Rian. "Christian 3" (in Noors). Norsk biografisk leksikon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 15 Augustus 2016.
- ↑ Erik Opsahl. "Christian 3" (in Noors). Store norske leksikon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 15 Augustus 2016.
- ↑ "Grevens Fejde" (in Deens). Den Store Danske. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 15 Augustus 2016.
- ↑ "Christian 3. King of Denmark • Norway 1534-59 (Danish Kings and Their History)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2010. Besoek op 18 November 2017.
Eksterne skakels
wysig- Die Koninklike Stamboek Geargiveer 14 Maart 2015 op Wayback Machine op die webtuiste van die Deense Monargie
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christiaan III van Denemarke.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia