1830
jaar
1830 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1825 | 1826 | 1827 | 1828 | 1829 | ◄ 1830 ► | 1831 | 1832 | 1833 | 1834 | 1835 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1830 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Belgiese opstand | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1830 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 30ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 15 Maart – Pous Pius VIII stel drie nuwe kardinale aan waaronder Thomas Weld, titulêr biskop van Amiclea.
- 13 Mei – Ecuador verkry onafhanklikheid.
- 5 Julie – Pous Pius VIII stel Louis-François-Auguste de Rohan Chabot, aartsbiskop van Besançon aan as kardinaal.
- 4 Oktober – België verkry onafhanklikheid, voorheen was dit 'n deel van die Verenigd Koninkrijk der Nederlanden, 1815 – 1830 (die huidige België, Nederland en Luxemburg).
- 16 Oktober – Pous Pius VIII bekragtig die besluite van die konferensie van biskoppe in Baltimore, VSA.
- Robert Moffat vertaal die Bybel in Tswana, en reis na Kaapstad om dit daar te laat druk.
Geboortes
wysig- 1 Januarie – Simeon Jacobs, Prokureur-generaal van die Kaapkolonie († 1883).
- 25 April – Julius De Geyter, Vlaamse journalis en skrywer († 1905).
- 27 April – Gordon Sprigg, voormalige eerste minister van die Kaapkolonie († 1913)
- 18 Augustus – Frans Josef I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk en eerste keiser van Oostenryk-Hongarye († 1916).
- 8 September – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter († 1914).
- 13 September – Marie von Ebner-Eschenbach, Oostenrykse skryfster († 1916).
- 29 September – Thomas Bain, ingenieur en beroemde bergpasbouer († 1893).
- 14 November – Peter MacOwan, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1909).
- 6 Desember – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem († 1883).
- Onbekend – Abdülaziz, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1876)
- Onbekend – Hendrik Witbooi, kaptein (leier) van die Witbooi-Nama in Namibië († 1905)
Sterftes
wysig- 22 Februarie – Dawid Stuurman, 'n Khoi-opperhoof en politieke aktivis wat teen die Nederlandse en Britse koloniale regering in opstand gekom het (* 1773).
- 16 Mei – Joseph Fourier, Franse wiskundige en fisikus (* 1768).
- 26 Junie – George IV, Britse koning (* 1762).
- 30 November – Pous Pius VIII, die 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1761).
- 17 Desember – Simón Bolívar, 'n Venezolaanse vryheidsvegter en politieke leier (* 1783).
Gepubliseer
wysig- Geologie - "Principles of Geology" deur Sir Charles Lyell.
- 25 Maart – Teologie - Litteris altero teen geheime organisasies soos Vrymesselary deur Pous Pius VIII.