16 Oktober
datum
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
16 Oktober is die 289ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (290ste in skrikkeljare). Daar volg nog 76 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 456 – Magister militum Ricimer verslaan Keiser Avitus by Piacenza en word hoof van die Wes-Romeinse Ryk. Hy bestee die res van sy lewe as die patrisiër, en regeer deur 'n aantal marionetkeisers.
- 1311 – Die konsilie van Vienne begin onder leiding van Pous Clemens V.
- 1367 – Pous Urbanus V keer terug na Rome vanuit Avignon.
- 1471 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Carpentras.
- 1499 – Koning Lodewyk van Frankryk verower Lombardië en marsjeer Milaan binne.
- 1665 – Pous Alexander VII publiseer die bul Ad Sacram waarin die Janseniste weer veroordeel word.
- 1672 – Pous Clemens X laat die studente van die Duitse Kollege sweer dat hulle na Duitsland sal terugkeer nadat hulle studies afgehandel is.
- 1689 – Pous Alexander VIII word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini.
- 1690 – Pous Alexander VIII verklaar vyf mense heilig, waaronder Johannes van God en Giovanni van Capistrano.
- 1756 – Pous Benedictus XIV publiseer "Ex Omnibus" oor die bul Unigenitus.
- 1793 – Marie Antoinette word per guillotine tereggestel by die Place de la Révolution in Parys tydens die hoogtepunt van die Franse Revolusie.
- 1813 – Die Sesde koalisie val Napoleon en die eerste Franse Ryk aan in die Slag van Leipzig, die grootste konflik in die Napoleontiese Oorloë.
- 1830 – Pous Pius VIII bekragtig die besluite van die konferensie van biskoppe in Baltimore, VSA.
- 1836 – Die Voortrekkers verslaan die Matabele's tydens die Slag van Vegkop.
- 1910 – Duitsland verloor sy eerste internasionale sokkerwedstryd op tuisbodem met 1-2 teen Nederland in Kleef.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Hans Frank rig die Warskou Ghetto op, die grootste Joodse ghetto in besette Pole.
- 1964 – Die Volksrepubliek China ontplof sy eerste atoombom.
- 1978 – Karol Józef Wojtyła, 'n Kardinaal van Kraków, Pole, word Pous Johannes Paulus II, die eerste nie-Italiaanse pous sedert die 16de eeu en die eerste ooit van 'n Slawiese land.
- 1995 – Louis Farrakhan van die "Nation of Islam" koördineer die Million Man March in Washington, D.C.
- 2002 – Bibliotheca Alexandrina in Alexandrië in Egipte, 'n herdenking van die Groot Biblioteek van Alexandrië wat met die tyd verlore gegaan het, word geopen.
Geboortes
wysig- 1811 – Adam Kok III, leier van die Griekwas († 1875)
- 1813 – Carl Otto Hager, Duitse argitek beroemd vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1898).
- 1854 – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer in Dublin, Ierland († 1900)
- 1861 – Groothertog Michail Michailowitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1929).
- 1886 – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis († 1978).
- 1896 – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf († 1977)
- 1910 – Misha Black, Britse argitek en ontwerper († 1977).
- 1920 – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur († 1968).
- 1923 – Linda Darnell, Amerikaanse aktrise († 1965).
- 1927 – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar († 2015).
- 1929 – Fernanda Montenegro, Brasiliaanse aktrise.
- 1952 – Touriya Jabrane, Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus († 2020).
- 1972 – Jacques Nienaber, Springbokafrigter.
- 1975 – Jacques Kallis, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1979 – Erin Brown, Amerikaanse aktrise, regisseuse, rolprentvervaardiger.
- 1997 – Charles Leclerc, Monegaskiese Formule Eenberoepsrenjaer.
- 1997 – Naomi Osaka, Japannees-Amerikaanse tennisspeler.
Sterftes
wysig- 1333 – Teenpous Nicolaas V (*ongeveer 1275).
- 1553 – Lucas Cranach die Ouere, Duitse skilder en grafiese kunstenaar van die Renaissance (* 1472).
- 1591 – Pous Gregorius XIV, die 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1535).
- 1700 – Patriarg Adriaan van Moskou, die tiende en laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1627).
- 1791 – Grigori Potjomkin, Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote (* 1739).
- 1909 – Jan Hendrik Hofmeyr, (Onze Jan) in Londen, enkele dae voordat hy na sy vaderland sou terugkeer (* 1845).
- 1939 – Charlotte Maxeke, Suid-Afrikaanse godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis (* 1874).
- 1946 – Alfred Jodl, Duitse generaal (* 1890).
- 1946 – Arthur Seyss-Inquart, 'n Oostenrykse Nazi-politikus (* 1892).
- 1946 – Wilhelm Keitel, 'n Duitse veldmaarskalk (* 1882).
- 1959 – George C. Marshall, 'n Amerikaanse vyfster-generaal (* 1880).
- 1981 – Moshe Dayan, Israeliese politikus (* 1981).
- 2005 – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer (* 1910).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Wêreld-voedseldag