Doodstraf
Die term doodstraf verwys na die wettige teregstelling van 'n mens as die swaarste straf vir 'n misdaad. Verskeie lande, soos die Verenigde State van Amerika, pas nog die doodstraf toe. Die meeste lande het egter die doodstraf afgeskaf of vir jare geen teregstellings uitgevoer nie. Vir duisende jare is teregstellings as die straf vir die swaarste misdade toegepas. Met die begin van die humanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien. Tot vandag is die status daarvan in terme van menseregte nog nie uitgeklaar nie. Die eerste land wat die doodstraf afgeskaf het, was die Groothertogdom Toskana in 1786.
Geskiedenis
wysigDie doodstraf bestaan al vir duisende jare. Historiese bronne dui aan dat hierdie soort straf reeds deel van die regstelsel was in die tyd toe mense nog in stamme gewoon het. Oor die algemeen kon 'n misdaad in daardie tyd gestraf word deur die oortreder die slagoffer te laat vergoed, lyfstraf, verbanning of teregstelling. Dit is egter redelik waarskynlik dat omdat gemeenskappe destyds baie klein was, daar min misdade binne die gemeenskap gepleeg is en daar ook 'n groot mate van onwilligheid was om 'n lid van die gemeenskap te verban of dood te maak. Dit was egter nie van toepassing op misdade wat deur mense buite hul eie gemeenskap gepleeg is nie. Selfs relatief geringe misdade, soos diefstal deur iemand van buite hul eie gemeenskap, is as 'n aanval op die hele gemeenskap beskou en is soms swaar gestraf. Misdade wat deur iemand van 'n naburige stam gepleeg is, kon lei tot vetes wat vir geslagte geduur het, maar is ook dikwels met amptelike verskonings en vergoeding hanteer. Hierdie vergoeding kon wesenlik wees (bv. betaal vir die skade met vee of slawe), die uitruil van bruide of bruidegoms, maar daar kon ook besluit word dat terugbetalings met bloed gedoen moes word. Soms is dierebloed aanvaar, wat mensebloed kon vervang, maar soms is iemand uit die oortreder se stam ook vir teregstelling aangebied. Dit hoef nie noodwendig die oortreder self te gewees het nie: die konflik was tussen twee gemeenskappe en nie tussen individue nie.
Later het stamme geleidelik in nasies verenig. Deur nabygeleë lande en stamme te verower, het bevolkings ook vermeng. ’n Hoërklas het ontwikkel op grond van godsdiens, rykdom of mag en minder op grond van die stam waaruit ’n persoon oorspronklik gekom het. Dit het gelei tot 'n toenemende behoefte om 'n eenvormige regstelsel in te stel, waarin verhoudinge tussen sosiale klasse formeel gevestig is.
Een van die oudste en bekendste regstelsels is die Kode van Hammurabi. Strawwe is in hierdie kode ingesluit vir verskeie misdade, waarvan die erns van die sosiale klas van die oortreder en dié van die slagoffer afgehang het. Die Kode van Hammurabi het die doodstraf ingesluit vir die vals beskuldiging van iemand van moord, owerspel en die verkragting van 'n maagd.
Die Joodse Torah (wat glo van ongeveer 750 v.C. dateer) het voorsiening gemaak vir die doodstraf vir moord, ontvoering, toorkuns, sabbatsverbreking, godslastering en 'n wye verskeidenheid seksmisdade. Vandag word geglo dat teregstellings in Israel en Juda skaars was omdat die bewyslas moeilik was.
In Antieke Griekeland is die eerste wet omstreeks 621 v.C. deur Draco geskryf. Die doodstraf is vir 'n groot aantal misdade gebruik en die uitdrukking drakoniese maatreëls kom hieruit.
In Europa gedurende die Middeleeue en daarna was die doodstraf 'n algemene straf vir 'n wye verskeidenheid misdade. Byvoorbeeld was in Brittanje in die 18de eeu nie minder as 222 misdade met die dood strafbaar nie, insluitend die ongemagtigde afkap van 'n boom of die steel van 'n dier. Gedurende hierdie tydperk is die doodstraf dikwels in ballingskap na een van die nuwe kolonies verander.
Liechtenstein was die eerste land ter wêreld wat die doodstraf in 1798 afgeskaf het. 'n Toenemende aantal lande het sedertdien die doodstraf heeltemal afgeskaf of nie meer toegepas nie. Die afskaffing van die doodstraf is een van die voorwaardes verbonde aan lidmaatskap van die Europese Unie.
State sonder doodstraf
wysigHierdie 111 lande en gebiede het die doodstraf afgeskaf (siviel/militêr):
In hierdie sewe lande is die doodstraf in die siviele reg afgeskaf (maar die doodstraf bestaan in die militêre reg):
|
|
|
|
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Presidência da República Casa Civil Subchefia para Assuntos Jurídicos". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2013. Besoek op 27 Augustus 2021.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Doodstraf. |
- (en) "Capital punishment". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Desember 2022.