Maak hoofkeuseskerm oop

Die Vatikaan of Vatikaanstaat, amptelik die Staat van die Vatikaanstad (Italiaans: Stato della Città del Vaticano, Latyn: Status Civitatis Vaticanæ), is 'n klein soewereine staat met 'n ingeslote gebied (enklawe) binne die stadsgebied van Rome, Italië as sy staatsgebied. Omdat dit regeer word deur die Biskop van Rome, die Pous, kan die regering daarvan beskryf word as ekklesiasties en die hoogste staatsampte word volgestaan deur kerklikes. Die Vatikaan is die laaste absolute (en elektiewe) monargie in Europa waar die pous as staatshoof volgens artikel 1 van die grondwet wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag het.[7] Al is dit nooit toegepas nie, is die doodstraf eers in die 1960's afgeskaf.

Stato della Città del Vaticano
Staat van die Vatikaanstad
Vlag van die Vatikaanstad Wapen van die Vatikaanstad
Vlag Wapen
Volkslied: Inno e Marcia Pontificale
(Italiaans vir: "Pouslike volkslied en mars")
Ligging van die Vatikaanstad
Hoofstad Vatikaanstad

41°54′N 12°27′O / 41.900°N 12.450°O / 41.900; 12.450

Grootste stad Vatikaanstad
Amptelike tale Italiaans, Latyn
Regering




• Soewerein
• Staatsekretaris
• President van die regering
Kerklike;[1]
priesterlike-monargiese;[2]
absolute monargie;[3]
elektiewe monargie;[4]
elektiewe teokrasie.[5]
Pous Franciskus
Pietro Parolin
Giuseppe Bertello[6]
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Lateraanse Verdrag

van Italië
11 Februarie 1929
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
0,44 km2  (249ste)
0,17 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - April 2017-skatting
 - Digtheid
 
605[1] (240ste)
1 375 / km2 (6de)
3 559 / myl2
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .va
Skakelkode +379
Kaart van die Vatikaanstad
Nagaansig van die Sint Pieterkatedraal

Die moderne tuiste van die Pous is die kleinste onafhanklike nasie in die wêreld in terme van oppervlakte en bevolking wat in sy huidige vorm volgens die Verdrag van Laterane, wat op 11 Februarie 1929 met die Italiaanse regering gesluit (en op 18 Februarie 1984 hersien) is, geskep is. Die verdrag waarborg die onafhanklikheid en soewereiniteit van die Heilige Stoel.

Die Vatikaanstad is die enigste staat ter wêreld met Latyn as ampstaal. Dit is die territoriale setel van die Heilige Stoel, die institutionele entiteit verteenwoordig deur die Pous, die Biskop van Rome, en daarom ook die hoof ekklesiale setel van die Rooms-Katolieke Kerk van beide die ooste en die weste. Die Vatikaanstad is in 1984 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Buite die Vatikaanstad het die pouslike somerresidensie in Castel Gandolfo met 60 hektaaar (sowat 25 km buite Rome geleë) en enkele kerke en paleise in Rome eksterritoriale status. Die laasgenoemdes dien as die ampsetels van dikasterieë (departemente) of ander strukture en liggame wat ondergeskik is aan die Romeinse Curie.

Inhoud

InfrastruktuurWysig

Die Staat van die Vatikaanstad beskik oor sy eie regstelsel en regspraak, polisiediens, treinstasie, bank, pos- en muntkantoor, supermark, apteek, uitgewery, radiostasie, biblioteek en argief. Posseëls, wat deur die Vatikaan se posdiens in beperkte oplaag uitgereik en in drie poskantore verkoop word, is gewild by filateliste, net soos die Vatikaan se Euromuntstukke met die pous se reliëfportret by muntversamelaars. Hulle is derhalwe nouliks in omloop.

BevolkingWysig

 
Lede van die Switserse Garde. Rooms-Katolieke Switserse dienspligtiges, wat na goedkeuring van hul aansoek 'n spesiale opleiding deur die Switserse Leër se opleidingsentrum in die kanton Ticino ontvang het, mag hier diens doen

Volgens die Vatikaanstaat se amptelike statistieke het 532 van die sowat 900 mense, wat in 2007 die Vatikaanstad woonagtig was, Vatikaanse burgerskap gehad (onder wie 62 kardinale, 350 geestelikes, 101 lede van die Switserse Garde wat tydelike Vatikaanse burgers is, en vyftig ander nie-geestelike leke).[8]

Vatikaanse burgerskap word net tydelik verleen en is steeds aan die pos gekoppel wat 'n burger in Vatikaanstad beklee. Dit vervang ook nooit die "natuurlike" burgerskap nie en word toegeken aan leidende verteenwoordigers van die kurie, lede van die Switserse Garde, kardinale, wat in Rome of Vatikaanstad woon, en persone wat hulle permanente woonplek met toestemming van die Pous in Vatikaanstad het.

Sowat veertig persent van die Vatikaanse burgers bly egter nie in Vatikaanstad nie. Dit is meestal lede van die pouslike gesantskappe in die buiteland, aan wie tydens hulle ampstermyn ook Vatikaanse burgerskap toegeken word. Vatikaanstad reik slegs diplomatieke paspoorte uit.

Daar is sowat 3 000 werknemers in Vatikaanstad, soos byvoorbeeld lede van die administrasie, verkopers, restourateurs, kokke, kantoorwerkers, drukkers, mense in diens van die Vatikaanse bank of skoonmakers, wat gewoonlik nie in Vatikaanstad woon nie.

Die amptelike tale van Vatikaanstad is Italiaans en Latyn (slegs vir amptelike verklarings). Vir diplomatieke korrespondensie word Frans en Engels gebruik. Italiaans en soms ook ander tale word vir persoonlike onderhoude, publikasies en die Vatikaanse radio- en televisiediens gebruik. Die Switserse Garde gebruik Duits as hulle taal. Die amptelike webwerf van Vatikaanstad is in Italiaans, Duits, Engels, Frans, Spaans en Portugees beskikbaar.

MisdaadWysig

Die Vatikaanstad het (in verhouding tot sy betreklik klein bevolking) een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld omdat sakkerollers en grypdiewe aangetrokke voel deur die besoekermassa's. Gewoonlik is alle misdadigers buitelanders wat vanuit Italiaanse staatsgebied afkomstig is. Aangesien hulle meestal ook daarheen terug vlug, word niemand in die Vatikaan se twee tronkselle opgesluit nie.[9]

OpmerkingWysig

In die Vatikaanstad kan selfs die outobanke Latyns praat, wanneer jy gaan geld trek.

VerwysingsWysig

Eksterne skakelsWysig