Maak hoofkeuseskerm oop
Embleem van die Unesco-Wêrelderfenisgebiede
Kulturele Wêrelderfenisgebiede volgens lande
Natuurlike Wêrelderfenisgebiede volgens lande
Kulturele en natuurlike Wêrelderfenisgebiede volgens lande

'n Unesco-wêrelderfenisgebied is 'n spesifieke plek (soos 'n woud, bergreeks, meer, woestyn, gebou of stad) wat benoem is vir die internasionale wêrelderfenisprogram wat deur Unesco bedryf word.[1]

Die program poog om terreine van besondere belang, kultureel of natuurlik, te katalogiseer, genoem en bewaar vir die gemene erfenis van die mensdom.[2] Plekke op die lys kan fondse vanuit die Wêrelderfenisfonds ontvang onder sekere omstandighede. Die program is gestig deur die Convention Concerning the Protection of World Cultural and Natural Heritage wat aangeneem is deur die Algemene Konferensie van Unesco op 16 November 1972.[3] Sedertdien het 192 lande hierdie konvensie geratifiseer, wat dit een van die mees voldoende internasionale instrumente ter wêreld maak. Net Liechtenstein, Nauru, Somalië, Oos-Timor en Tuvalu is geen party van die konvensie nie.

Teen 2019 is altesaam 1 121 gebiede ingesluit in die lys, waarvan 869 kultureel, 213 natuurlik en 39 gemengde plekke in 167 Staatspartye is.[4][5][6] Beide Italië en die Volksrepubliek China het tans met 55 die meeste wêrelderfenisgebiede, gevolg deur Spanje (48), Duitsland (46), Frankryk (45), Indië (38), Meksiko (35) en die Verenigde Koninkryk (31).[n 1] Daar is tans tien wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.

Lyste van WêrelderfenisgebiedeWysig

NotasWysig

  1. Syfers vir Frankryk en die Verenigde Koninkryk sluit hul oorsese gebiede in, sien Britse oorsese gebiede en Franse oorsese gebiede.

VerwysingsWysig

  1. (en) "World Heritage".
  2. (en) presiese kriteria
  3. (en) Convention Concerning the Protection of World's Cultural and Natural Heritage
  4. (en) "UNESCO World Heritage List". Unesco. Besoek op 11 Julie 2019.
  5. (en) World Heritage List, UNESCO World Heritage Sites official sites.
  6. (en) Sites in Germany and Italy bring to 19 the number of sites inscribed on the World Heritage List this year, UNESCO World Heritage Sites official sites.

Eksterne skakelsWysig