Gebou
'n mensgemaakte struktuur met 'n dak en mure, wat min of meer permenent op een plek staan
'n Gebou is 'n mensgemaakte struktuur wat bedoel is vir skuiling (soos 'n huis of woonstel) of om 'n spesifieke aktiwiteit te ondersteun (soos 'n kerk, skool, kantoor of sportskompleks). Geboue word gewoonlik deur 'n argitek ontwerp en deur 'n konstruksiespan van bouers opgerig. Tydens die konstruksie van geboue word rou materiale soos bakstene, hout en beton saamgevoeg om 'n soliede geheel te vorm. Geboue in stede en dorpe moet aan streng munisipale bouregulasies voldoen.
Voorbeelde
wysigVoorbeelde van geboue:
- Biblioteke
- Blokhuise
- Fabrieke
- Kantore
- kerkgeboue
- Sale
- Skoolgeboue
- Sportakkommodasie
- Woonhuise
- Woonstelle
Wikimedia Commons bevat media in verband met Buildings. |
Sien gebou in Wiktionary, die vrye woordeboek. |