1890
jaar
1890 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1885 | 1886 | 1887 | 1888 | 1889 | ◄ 1890 ► | 1891 | 1892 | 1893 | 1894 | 1895 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1890 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Vincent van Gogh | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1890 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Julie – Die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag". Helgoland en die Kaprivistrook word deel van die Duitse Keiserryk, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf word.
- 3 Julie – Idaho word die 43ste deelstaat van die Verenigde State.
- 10 Julie – Wyoming word die 44ste deelstaat van die Verenigde State.
- 25 September – Soos in die vooruitsig gestel deur John Muir, word die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië daargestel.
- 18 Desember – Frederick Lugard annekseer Uganda namens die Britse Oos Afrika Kompanjie.
- 29 Desember – Die Amerikaanse Leër vermoor meer as 400 lede van die Groot Siouxnasie tydens die Slagting van Wounded Knee.
- Henry James publiseer sy roman The Tragic Muse.
- Engeland word 'n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby).
Geboortes
wysig- 6 Januarie – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter († 1933).
- 24 Februarie – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise († 1975).
- 4 Maart – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek († 1958).
- 9 Maart – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat († 1986)
- 11 Maart – Vannevar Bush, 'n Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder († 1974).
- 12 Maart – Vaslav Nijinsky, Russiese danser († 1950).
- 6 April – Anthony Fokker, Nederlandse ontwerper van vliegtuie († 1939).
- 10 Mei – Alfred Jodl, Duitse generaal († 1946).
- 12 Mei – Kurt Student, Duitse generaal († 1978).
- 16 Junie – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show († 1965).
- 29 Junie – Hendrikje van Andel-Schipper, tot in 2005 die oudste erkende mens in die wêreld. († 2005).
- 7 Julie – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse onderwysman, koerantredakteur, politikus en ambassadeur († 1971).
- 20 Julie – George II, koning van Griekeland († 1947)
- 14 Augustus – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde († 1959).
- 27 Augustus – Man Ray, Amerikaanse fotograaf († 1976).
- 15 September – Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster († 1976).
- 14 Oktober – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State († 1969).
- 21 November – Eric Hendrik Louw, diplomaat en politikus († 24 Junie 1968).
- 22 November – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman († 1970).
- 6 Desember – Dion Fortune, Walliese okkultis († 1946).
- 12 Desember – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat († 1989).
- 26 Desember – Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer († 1957).
Sterftes
wysig- 24 April – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat (* 1831).
- 19 Junie – Kommandant-Generaal Stephanus Schoeman, waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1810).
- 27 Junie – Dietlof Maré, ’n sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) (* 1824).
- 29 Julie – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder (* 1853).
- 22 September – Joanna Courtmans, Vlaamse skryfster (* 1811).
- 23 November – Willem III van Nederland, koning van Nederland en groothertog van Luxemburg (* 1817).
- 28 Desember – ds. Dirk Postma, grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1818).