18 Desember
datum
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
18 Desember is die 352ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (353ste in skrikkeljare). Daar volg nog 13 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1303 – Pous Benedictus XI bevorder Niccolò Alberti OP tot kardinaal.
- 1327 – Pous Johannes XXII bevorder Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) tot kardinaal van Sint Prisque.
- 1352 – Pous Innocentius VI volg Pous Clemens VI op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX bevorder Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) tot kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme.
- 1431 – Pous Eugenius IV skort die konsilie van Basel op. Die deelnemers is nie tevrede nie.
- 1456 – Pous Callixtus III bevorder Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) tot kardinaal. Ander bronne gee 17 Desember.
- 1461 – Pous Pius II stel ses nuwe kardinale aan, waaronder sy aangenome seun Giacomo Ammannati Piccolomini.
- 1506 – Pous Julius II stel drie nuwe kardinale aan, al drie uit Frankryk.
- 1534 – Pous Paulus III stel sy kleinseuns Alessandro Farnese (14) en Guido Ascano Sforza (16) aan as kardinale.
- 1585 – Pous Sixtus V stel agt nuwe kardinale aan waaronder Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII).
- 1587 – Pous Sixtus V stel nog agt kardinale aan waaronder Scipione Gonzaga, patriarg van Jerusalem.
- 1591 – Pous Innocentius IX stel twee nuwe kardinale aan, waaronder sy kleinneef Giovanni Antonio Facchinetti, junior.
- 1596 – Pous Clemens VIII stel Philipp Wilhelm von Bayern aan as kardinaal.
- 1754 – Pous Benedictus XIV stel Luis Antonio Fernández de Córdoba Portocarrero, deken van die metropolitaanse katedraal van Toledo, Spanje aan as kardinaal.
- 1786 – Pous Pius VI stel sy neef Romoaldo Braschi-Onesti, prefek van die Apostoliese Paleis, aan as kardinaal.
- 1787 – New Jersey word die 3de deelstaat van die Verenigde State.
- 1818 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word georden as subdiaken.
- 1865 – Slawerny in die Verenigde State word afgeskaf met die aanvaarding van die dertiende wysiging van die Amerikaanse grondwet.
- 1892 – Die eerste opvoering van die Russiese komponis Pjotr Tsjaikofski se ballet, Die Neutekraker, word in Sint Petersburg gehou.
- 1923 – Suid-Afrika se eerste radiouitsending vind plaas.
- 1929 – Die FAK word in Bloemfontein gestig.
- 1934 – Die NG gemeente Bellville, moedergemeente van al die NG gemeentes in dié stadsdeel, stig af van die NG gemeente Durbanville.
- 1972 – Die Verenigde State begin die swaarste bombardering van Noord-Viëtnam tydens die Viëtnamoorlog. Die bombardering kom 12 dae later tot ’n einde.
- 1987 – Die programmeertaal Perl word deur Larry Wall vrygestel.
Geboortes
wysig- 1392 – Johannes VIII Palaiologos, die tweede laaste keiser van die Bisantynse Ryk († 1448).
- 1878 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee en 4de premier van die Sowjetunie († 1953).
- 1879 – Paul Klee, Switserse kunstenaar († 1940).
- 1888 – Gladys Cooper, Engelse aktrise en sanger († 1971).
- 1899 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer († 1990).
- 1904 – George Stevens, Amerikaanse regisseur, vervaardiger en kinematograaf († 1975).
- 1908 – Celia Johnson, Engelse aktrise († 1982).
- 1913 – Willy Brandt, Duitse politikus, 4de kansellier van Duitsland, Nobelpryswenner († 1992).
- 1916 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres († 1973).
- 1917 – Ossie Davis, Amerikaanse aktivis († 2005).
- 1939 – Stoffel van der Merwe, Suid-Afrikaanse professor en politikus.
- 1942 – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus († 2016).
- 1946 – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 1977).
- 1946 – Steven Spielberg, Amerikaanse rolprentvervaardiger.
- 1949 – Dawie Malan, Suid-Afrikaanse akteur en toneelregisseur († 1988).
- 1954 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1963 – Brad Pitt, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Pierre Nkurunziza, Burundese soldaat en politikus, president van Burundi († 2020).
- 1966 – Debbie Schäfer, Suid-Afrikaanse politikus, gewese Wes-Kaapse minister van onderwys.
- 1968 – Casper Van Dien, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Katie Holmes, Amerikaanse aktrise.
- 1989 – Hlanganani Gumbi, Suid-Afrikaanse politikus, parlementslid vir die DA.
- 2001 – Billie Eilish, Amerikaanse sangeres.
Sterftes
wysig- 1645 – Nur Jahan, keiserin van die Mogolryk van Indië (* 1577).[1]
- 1737 – Antonio Stradivari, bekende Italiaanse vervaardiger van strykinstrumente soos viole, tjellos, kitare, altviole en harpe (* 1644).
- 1831 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat (* 1756).
- 1968 – Giovanni Messe, Italiaanse generaal en politikus (* 1883).
- 1971 – Diana Lynn, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 1982 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier (* 1916).
- 1940 – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise (* 1875).
- 1990 – Anne Revere, Amerikaanse aktrise (* 1903).
- 1990 – Paul Tortelier, Franse tjellis en komponis (* 1914).
- 1993 – Sam Wanamaker, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1919).
- 1994 – Lilia Skala, Oostenryks-Amerikaanse aktrise (* 1896).
- 1997 – Chris Farley, Amerikaanse komediant en akteur (* 1964).
- 2001 – Gilbert Bécaud, Franse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur (* 1927).
- 2006 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder (* 1943).
- 2008 – Majel Barrett, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932).
- 2011 – Václav Havel, Tsjeggiese digter, dramaturg en politikus, eerste President van die Tsjeggiese Republiek (* 1936).
- 2016 – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1917).
- 2019 – Claudine Auger, Franse aktrise (* 1941).
Verwysings
wysig- ↑ Findly, Ellison Banks (25 Maart 1993). Nur Jahan: Empress of Mughal India (in Engels). Oxford University Press. p. 291. ISBN 978-0-19-536060-8.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 Desember. |