3 Desember
datum
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
3 Desember is die 337ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (338ste in skrikkeljare). Daar volg nog 28 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1334 – Pous Johannes XXII trek sy sienings oor die lewe na die dood terug op sy sterfbed.
- 1477 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Viviers.
- 1818 – Illinois word die 21ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1904 – Jupiter se maan Himalia word deur Charles Dillon Perrine ontdek.
- 1967 – Die wêreld se eerste menslike hartoorplanting vind onder leiding van Chris Barnard in Kaapstad plaas.
- 1971 – Indië kondig ’n noodtoestand aan nadat Pakistanse vliegtuie noordwes-Indië aanval in ’n dispuut oor Kasjmir.
- 1973 – Pioneer 10 beweeg op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die aarde.
- 1984 – Die Bhopal-gasramp, die wêreld se ergste nywerheidsongeluk veroorsaak ten minste 18 000 sterftes in die Indiese stad Bhopal.
- 1999 – Die Mars-poollandingstuig bereik Mars en verdwyn.
- 2024 – Suid-Koreaanse president Yoon Suk-yeol kondig krygswet af in Suid-Korea tydens 'n laataand-toespraak.
Geboortes
wysig- 1368 – Karel VI van Frankryk, koning van Frankryk († 1422).
- 1736 – Abraham Josias Sluysken, waarnemende kommissaris aan die Kaap voor die eerste Britse besetting († 1799).
- 1797 – Andrew Smith, Skotse dierkundige in Suid-Afrika († 1872).
- 1800 – France Prešeren, Sloweense digter († 1849).
- 1812 – Hendrik Conscience, Vlaamse skrywer († 1883).
- 1843 – William Forbes Gatacre, Britse generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1906).
- 1857 – Joseph Conrad, Engelse skrywer († 1924).
- 1864 – Herman Heijermans, Nederlandse skrywer († 1924).
- 1908 – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier († 1993).
- 1909 – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer († 1966).
- 1930 – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus († 2022).
- 1936 – Mary Alice, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 1948 – Ozzy Osbourne, Engelse sanger.
- 1952 – Mel Smith, Britse skrywer, akteur en regisseur († 2013).
- 1954 – Etienne van Heerden, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1955 – Bruce Fordyce, Suid-Afrikaanse maraton- en ultramaratonatleet.
- 1976 – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse krieketspeler en -afrigter.
- 1980 – Suléne Pilon, taalkundige aan die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans en voorsitter van die Taalkommissie.
Sterftes
wysig- 311 – Diocletianus, keiser van die Romeinse Ryk (* 244).
- 1154 – Pous Anastasius IV, 168ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1888 – Carl Zeiss, Duitse nyweraar en optikus (* 1816).
- 1948 – Jannie Hofmeyr, Suid-Afrikaanse geleerde en politikus (* 1894).
- 1967 – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1942).
- 2001 – Marike de Klerk, eerste vrou van die voormalige Staatspresident van Suid-Afrika, F.W. de Klerk (* 1937).
- 2018 – Justin Cartwright, Britse skrywer (* 1945).
- 2024 – Jan Bloukaas, Suid-Afrikaanse musikant (* 1999).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Geen
Gepubliseer
wysigTeologie
wysig- 1740 – Ubi Primum, Oor die pligte van biskoppe, deur Pous Benedictus XIV.
- 1749 – Inter praeteritos, Oor die komende Heilige Jaar, deur Pous Benedictus XIV.
- 1839 – In Supremo Apostolatus, Teen slawehandel, deur Pous Gregorius XVI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 Desember. |