1937
jaar
1937 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1932 | 1933 | 1934 | 1935 | 1936 | ◄ 1937 ► | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | 1942 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1937 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Hindenburg | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1937 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 37ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Sooispitseremonie van die Voortrekkermonument in Pretoria.
- Die Moskou-Wolga-kanaal (Rusland) word geopen.
- Die Golden Gate-brug oor die San Franciscobaai in Kalifornië word vir verkeer geopen.
- Radio Sonder Grense word begin deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.
- 11 Februarie – Op Komatipoort word 360 mm reën binne 24 uur gemeet. Buitengewoon swaar reëns sak ook uit oor ander dele van Mpumalanga, asook Eswatini en die noorde van KwaZulu-Natal.[1]
- 26 April – Die Spaanse stad Guernica, word deur die Duitse Luftwaffe gebombardeer tydens die Spaanse Burgeroorlog.
- 6 Mei – Hindenburg ongeluk: Die Duitse zeppelin Hindenburg slaan aan die brand en word verwoes binne ’n minuut terwyl dit probeer dok by Lakehurst, New Jersey. 36 mense sterf.
- 5 November – Adolf Hitler hou ’n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry.
- 20 Desember - Na stortbuie in Beaufort-Wes word paaie, spoorlyne en brûe weggespoel met ook groot skade aan huise.
Geboortes
wysig- 1 Januarie – Karl-Heinz Zimmer, Duitse politikus († 2019).
- 4 Januarie – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms († 2006).
- 8 Januarie – Shirley Bassey, Britse sangeres.
- 14 Januarie – Hendrik Jan Marsman, Nederlandse skrywer, digter, en vertaler († 2012).
- 19 Januarie – Joseph Nye, Amerikaanse politieke wetenskaplike.
- 31 Januarie – Philip Glass, Amerikaanse komponis.
- 9 Februarie – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer.
- 21 Februarie – Harald V, koning van Noorweë.
- 5 Maart – Olusegun Obasanjo, oudpresident van Nigerië.
- 6 Maart – Valentina Teresjkova, lid van die Russiese Staatsdoema, ingenieur en voormalige ruimtevaarder.
- 8 Maart – Juvénal Habyarimana, President van Rwanda († 1994).
- 11 Maart – Amie Venter, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetminister († 2012).
- 14 Maart – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kaptein († 2013).
- 30 Maart – Warren Beatty, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 5 April – Colin Powell, Amerikaanse generaal en jarelange politikus († 2021).
- 9 April – Avril Malan, Suid-Afrika se nege-en-twintigste Springbokkaptein.
- 22 April – Jack Nicholson, akteur.
- 28 April – Saddam Hussein, Irakse politikus en staatsman, President van Irak († 2006).
- 1 Mei – Una Stubbs, Britse aktrise en danseres († 2021).
- 5 Mei – Delia Derbyshire, Engelse baanbreker-musikant en -komponis van elektroniese musiek († 2001).
- 12 Mei – George Carlin, Amerikaanse komediant († 2008).
- 15 Mei – Madeleine Albright, Amerikaanse diplomat en politikus († 2022).
- 15 Mei – Trini Lopez, Amerikaanse sanger van Mexikaanse afkoms († 2020).
- 18 Mei – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster († 1999).
- 21 Mei – Mengistu Haile Mariam, Ethiopiese politikus.
- 4 Junie – Gorilla Monsoon, Amerikaanse stoeier en omroeper († 1999).
- 7 Junie – Neeme Järvi, Amerikaanse dirigent van Estiese afkoms.
- 11 Junie – Gerrit Kruger, Suid-Afrikaanse klassikus.
- 15 Junie – Herbert Feuerstein, Duitse akteur en skrywer († 2020).
- 29 Junie – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus en politikus († 2009).
- 3 Julie – Tom Stoppard, Tsjeggies-gebore Engelse dramaturg en draaiboekskrywer.
- 3 Julie – Linda Rode, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en samesteller van kinderliteratuur.
- 6 Julie – Vladimir Ashkenazy, Russiese pianis en dirigent.
- 6 Julie – Ned Beatty, Amerikaanse akteur († 2021).
- 31 Augustus – Christo Viljoen, Suid-Afrikaanse ingenieur, akademikus en die "Vader van die Tegnopark"
- 4 September – Pieter Kooij, Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent († 2018).
- 5 September – Klaas de Jonge, Nederlandse menseregte-aktivis en Afrikanis († 2023).
- 10 September – Jared Diamond, Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer.
- 11 September – Tomas Venclova, Litause geleerde, digter, skrywer en vertaler.
- 18 September – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus († 2009).
- 14 September – Renzo Piano, Italiaanse argitek.
- 30 September – Gary Hocking, Grand Prix-motorfietsrenwêreldkampioen van Rhodesië, sterf in 'n Lotus Climax voor die Natalse Grand Prix († 1962).
- 11 Oktober – Ron Leibman, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer († 2019).
- 14 Oktober – Marinus Wiechers, Suid-Afrikaanse regsman en grondwetkenner († 2018).
- 19 Oktober – Jonas Gwangwa,'n Suid-Afrikaanse jazz-musikant, liedjieskrywer en vervaardiger († 2021).
- 17 November – Marike de Klerk, eerste eggenote van die destydse Staatspresident van Suid-Afrika, F.W. de Klerk († 2001).
- 28 November – Wilbur Ross, Amerikaanse belegger en voormalige Minister van Finansies van die Verenigde State.
- 30 November – Ridley Scott, Engelse rolprentregisseur en -vervaardiger.
- 10 Desember – Piet Uys, Springbokrugbyspeler († 2009).
- 11 Desember – Adriaan Vlok, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2023).
- 21 Desember – Jane Fonda, Amerikaanse aktrise, skryfster en politieke aktivis.
- 31 Desember – Anthony Hopkins, Walliese akteur, komponis en skilder.
Sterftes
wysig- Onbekend – Thomas Orr, Suid-Afrikaanse minister van finansies. (* 1857).
- 8 Maart – Albert Verwey, Nederlandse digter, letterkundige en lid van die Tachtigers (* 1865).
- 10 Maart – Jewgeni Zamjatin, Russiese skrywer. (* 1884).
- 12 Maart – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis (* 1858).
- 3 Junie – Emilio Mola, Spaanse generaal wie se deelname aan 'n staatsgreep in 1936, die Spaanse Burgeroorlog begin het.(* 1887).
- 19 Junie – J.M. Barrie, Skotse skrywer (* 1860).
- 2 Julie – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897).
- 11 Julie – George Gershwin, Amerikaanse komponis (* 1898).
- 20 Julie – Guglielmo Marconi, Italiaanse uitvinder (* 1874).
- 2 September – Pierre de Coubertin, Franse grondlegger van die moderne Olimpiese Spele (* 1863).
- 9 Oktober – Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse, die laaste Groothertog van Hesse (* 1868).
- 19 Oktober – Ernest Rutherford, Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus en Nobelpryswenner (* 1871).
- 30 Oktober – J.H.H. de Waal, Afrikaanse taalstryder en politikus (* 1871).
- 23 November – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige (* 1858).
- 12 Desember – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur (* 1879).
- 28 Desember – Maurice Ravel, Franse komponis (* 1875).
Verwysings
wysig- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 36. Desember 1991.