Delia Derbyshire
Delia Ann Derbyshire (* 5 Mei 1937; † 3 Julie 2001[1]) was 'n Engelse baanbreker-musikant en -komponis van elektroniese musiek en musique concrète. Sy word veral onthou vir haar meesterstuk, 'n bewerking van Ron Grainer se titelmusiek vir die Britse wetenskapsfiksie-televisiereeks Doctor Who,[2] en haar baanbrekerswerk vir die Britse uitsaaikorporasie BBC se Radiophonic Workshop.[3]
Delia Derbyshire | |
---|---|
Geboortenaam | Delia Ann Derbyshire |
Gebore | 5 Mei 1937 Coventry, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 3 Julie 2001 (op 64) Northampton, Engeland |
Genres | Elektroniese musiek, musique concrète |
Beroep(e) | Musikus Komponis |
Jare aktief | 1959–2001 |
Assosiasies | White Noise, Unit Delta Plus |
Webwerf | delia-derbyshire.org |
Delia Derbyshire se unieke klankwêreld is na bewering in 1940 beïnvloed deur die tonele en die geraas van Duitse lugaanvalle op haar geboortestad Coventry, die Coventry Blitz. Veral die klank van sirenes het 'n blywende indruk op haar gelaat. Sy het tydens haar akademiese opleiding by die Universiteit van Cambridge se Girton-kollege uitgeblink in wiskunde en musiek en later, terwyl sy vir die BBC se radiofoniese werkswinkel werksaam was, 'n groot bydrae gelewer vir die bevordering van elektroniese musiek. Haar musikale werk oefen steeds invloed uit op leidende elektroniese musiekkunstenaars.
Verwysings
wysig- ↑ Hodgson, Brian (7 Julie 2001). "Obituary: Delia Derbyshire". Guardian Unlimited.
- ↑ "An Adventure in Space and Time – Delia Derbyshire – BBC Two". BBC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2019. Besoek op 11 Desember 2016.
- ↑ Andy Kellman. "Delia Derbyshire". AllMusic (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2019.
Eksterne skakels
wysigMedia
- youtube.com: Delia Derbyshire & Barry Bermange – Invention for Radio No.1: The Dreams (1964)
- youtube.com: "Falling", 'n klankcollage-gedig en uittreksel uit "The Dreams"
- youtube.com: Doctor Who Theme Tune 1963–1969 by Ron Grainer and Delia Derbyshire
Oudiologiese chronologie
Wikidelia