Peter van der Merwe
Peter Laurence van der Merwe (14 Maart 1937 – 23 Januarie 2013) was 'n Suid-Afrikaanse krieketkaptein. Hy het in vyftien toetse vir Suid-Afrika gespeel en reeksseges behaal teen Engeland in 1965 en Australië in 1966.
Peter van der Merwe | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Peter Laurence van der Merwe | |||||
Gebore | Paarl, Kaapprovinsie, Suid-Afrika | 14 Maart 1937|||||
Gesterf | 23 Januarie 2013 (op 75) Port Elizabeth, Oos-Kaap, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Stadige linkerhandse ortodoks | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Familie | John Waite (swaer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 220) | 6 Desember 1963 v Australië | |||||
Laaste Toets | 24 Februarie 1967 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1957–1958 | Suid-Afrikaanse Universiteite | |||||
1958–1966 | Westelike Provinsie | |||||
1966–1969 | Oostelike Provinsie | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | 1ste rang | ||||
Wedstryde | 15 | 94 | ||||
Lopies aangeteken | 533 | 4 086 | ||||
Kolfgemiddeld | 25,38 | 29,18 | ||||
100s/50s | 0/3 | 4/23 | ||||
Hoogste telling | 76 | 128 | ||||
Aflewerings geboul | 79 | 6 221 | ||||
Paaltjies | 1 | 82 | ||||
Boulgemiddeld | 22,00 | 25,70 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 3 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | ||||
Beste boulontleding | 1/6 | 6/40 | ||||
Vangskote/Stonkings | 11/– | 73/– | ||||
Bron: CricketArchive, 23 Januarie 2013 |
Eersterangse loopbaan
wysigHy het 94 provinsiale wedstryde gespeel vir die Oostelike- en Westelike Provinsies waar hy 4 086 lopies behaal het teen 'n gemiddeld van 29.18 en 'n hoogste telling van 128. As bouler het hy 82 paaltjies geneem met beste syfers van 6/40.
Toetsloopbaan
wysigHy het in 15 toetse gespeel met sy debuuttoets op 6 Desember 1963 teen Australië in Brisbane. Van der Merwe het 533 lopies in sy toetsloopbaan aangeteken teen 'n gemiddeld van 25.38 per kolfbeurt. Sy hoogste telling was 76 en hy het 3 vyftigtalle behaal. As bouler het hy 1 toetspaaltjie geneem.
Toetsskeidsregter
wysigHy het as skeidsregter in 29 toetswedstryde en 71 Internasionale eendagwedstryde waargeneem vanaf 1992 tot 1999.
Eksterne skakels
wysig- Peter van der Merwe by CricketArchive
- Peter van der Merwe by ESPNcricinfo
Bron
wysig- Hy skraap pad vir SA Rapport. 27 Januarie 2013.