Maak hoofkeuseskerm oop

Die Engelse nasionale krieketspan is die span wat Engeland en Wallis (en tot 1992 ook Skotland) in internasionale krieket verteenwoordig. Sedert 1 Januarie 1997 word dit beheer deur die Engeland en Wallis Krieketraad (ECB), wat voorheen (1903–1996) as die Marylebone Cricket Club (MCC) bekend was.[1][2]

Engeland
Vlag van Engeland
Eerste Toets t Australië in Melbourne, 15-19 Maart 1877
Kaptein in Toetse Joe Root
Kaptein in Twintig20 en EDI Eoin Morgan
Afrigter Vlag van Australië Trevor Bayliss
Plek op IKR Toets- en EDI-ranglys 4de (Toetse)
1ste (EDIs)
2de (T20Is)
Totale toetse
 - Afgelope jaar
1010
3
Laaste  Toets teen Wes-Indië 9–12 Februarie 2019
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
365/300
1/2
Soos op 15 Julie 2019
Die Engelse krieketspan van 1859 op pad na Noord-Amerika, die eerste Engelse kriekettoer ooit

Engeland en Australië was die eerste spanne om in 'n toets te speel, op 15–19 Maart 1877. Dié twee lande het saam met Suid-Afrika die Imperial Cricket Conference (die voorganger van die Internasionale Krieketraad) op 15 Junie 1909 gevorm. Engeland en Australië het ook op 5 Januarie 1971 die wêreld se eerste Internasionale eendagwedstryd (EDI) gespeel. Engeland het hul eerste internasionale Twintig20-wedstryd op 13 Junie 2005 teen Australië gespeel.

Op 20 November 2018 het Engeland 365 van die 1010 toetse waarin hulle gespeel het gewen en 300 verloor (met 345 gelykop).[3] Engeland se internasionale eendagrekord sluit in: Kampioen in die Krieketwêreldbeker 2019 en naaswenners van die IKR-Kampioenetrofee in 2004 en 2013. Hulle het die IKR Twintig20-wêreldbeker in 2010 verower.

Op 5 Mei 2019 was die span op die vierde plek op die IKR-toetsranglys (naas Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika), eerste op die eendagranglys, en tweede op die Twintig20-wêreldranglys (naas Pakistan).[4][5][6]

RekordsWysig

WêreldbekerrekordWysig

 
Engeland speel teen Australië op Lord’s-krieketveld in die 2009 Die As-reeks
 
Die Engelse nasionale krieketspan tydens Die As-reeks in 2015
Jaar Uitslag
1975 Halfeindrondte
1979 Naaswenner
1983 Halfeindrondte
1987 Naaswenner
1992 Naaswenner
1996 Kwarteindrondte
1999 Groepfase
2003 Groepfase
2007 Super 8
2011 Kwarteindrondte
2015 Groepfase
2019 Kampioen
2023 N.v.t.

Twintig20-rekordWysig

Jaar Uitslag
2007 Super 8
2009 Super 8
2010 Kampioen
2012 Super 8
2014 Super 10
2016 Naaswenner
2020 Gekwalifiseer

Kampioenetrofee-rekordWysig

Jaar Uitslag
1998 Kwarteindrondte
2000 Kwarteindrondte
2002 Groepfase
2004 Naaswenner
2006 Groepfase
2009 Halfeindrondte
2013 Naaswenner
2017 Halfeindrondte

VerwysingsWysig

  1. AboutECB. England and Wales Cricket Board. URL besoek op 7 Oktober 2007.
  2. "MCC History". Marylebone Cricket Club. Besoek op 7 Oktober 2007. 
  3. Wen/verloor statistiek op ESPNcricinfo. URL besoek op 15 Julie 2019
  4. Men's Test Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  5. Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  6. Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.

Eksterne skakelsWysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.