Krieketwêreldbeker 2015
Die Krieketwêreldbeker 2015 (Engels: 2015 Cricket World Cup) is van 14 Februarie tot 29 Maart 2015 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die elfde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede in Oseanië. Albei gashere het ook die Krieketwêreldbeker 1992 saam gehuisves.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2015 | |
Datums | 14 Februarie – 29 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Australië Nieu-Seeland |
Kampioen | Australië (5de titel) |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Deelnemers | 14 (24 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 49 |
Bywoning | 1 016 420 (20 743 per wedstryd) |
Speler van die reeks | Mitchell Starc |
Meeste lopies | Martin Guptill (547)[1] |
Meeste paaltjies | Mitchell Starc Trent Boult (22 elk)[2] |
← 2011 2019 → |
Die toernooi se formaat van 2011 het onveranderd gebly en 14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die twee beste spanne van die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 (Afghanistan en Ierland), asook die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 (Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 is 49 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië het die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Nieu-Seeland met sewe paaltjies gewen en sodoende sy vyfde titel ingepalm. Australië het ná Indië in 2011 die tweede agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens was dit die eerste eindwedstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee Oseaniese spanne – en van die Suidelike Halfrond – gesien het.[3] Melbourne-krieketveld het ná Lord’s in Londen die tweede krieketstadion geword wat die krieketwêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 1992-toernooi – gehuisves het.[4] Die verdedigende kampioen Indië en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste. Afghanistan het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan ses Asiatiese spanne deelgeneem het.
Met sowat 2,2 miljard televisiekykers wêreldwyd was die Krieketwêreldbeker 2015 die tweede mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi, net ná die Krieketwêreldbeker 2019.[5] Die wedstryd tussen die aartsvyande Indië en Pakistan op 15 Februarie 2015 te Adelaide-ovaal in Adelaide het sowat een miljard televisiekykers gelok.[6][7]
Toewysing
wysigOp 30 April 2006 het die Internasionale Krieketraad die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies.[8][9] Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.[10]
Deelnemers
wysigDie volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker in 2015 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 gekwalifiseer, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014.
Saam met die tien deelnemende toetslande sou oorspronklik vier verdere deelnemende lande tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap in 2009–14 en die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2013 kwalifiseer. Dié toernooie is egter gekanselleer, nadat die IKR besluit het om net die tien toetslande te laat deelneem.[11] As gevolg van die geassosieerde lede se protes het die IKR in Junie 2011 sy besluit laat vaar en weer kwalifisering vir vier bykomende lande toegelaat.[12] Saam met die destydse tien toetslande het dus vier bykomende lande deelgeneem. Twee spanne het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–2013 en nog twee spanne tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer.[13]
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Rang | Groep |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | Gashere | Elfde | 2011 | Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007) | 4 | A |
Nieu-Seeland | Elfde | 2011 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999, 2007, 2011) | 9 | A | |
Bangladesj | Volle lede | Vyfde | 2011 | Super Agt (2007) | 8 | A |
Engeland | Elfde | 2011 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | 1 | A | |
Indië | Elfde | 2011 | Kampioen (1983, 2011) | 3 | B | |
Pakistan | Elfde | 2011 | Kampioen (1992) | 6 | B | |
Sri Lanka | Elfde | 2011 | Kampioen (1996) | 5 | A | |
Suid-Afrika | Sewende | 2011 | Halfeindrondte (1992, 1999, 2007) | 2 | B | |
Wes-Indië | Elfde | 2011 | Kampioen (1975, 1979) | 7 | B | |
Zimbabwe | Negende | 2011 | Super Ses (1999, 2003) | 10 | B | |
Afghanistan | Wêreldkrieketligakampioenskap | Eerste | – | Debuut | 12 | A |
Ierland | Derde | 2011 | Super Agt (2007) | 11 | B | |
Skotland | Krieketwêreldbekerkwalifisering | Derde | 2007 | Groepfase (1999, 2007) | 13 | A |
Verenigde Arabiese Emirate | Tweede | 1996 | Groepfase (1996) | 14 | B |
Stadions
wysigAustralië het 26 wedstryde op sewe verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 23 wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Formaat
wysigDie Krieketwêreldbeker 2015 is oor 45 dae tussen 14 verskillende spanne oor 49 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 2015 op Hagley-ovaal in Christchurch, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 29 Maart met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1996 gebruik, maar destyds het twaalf in plaas van 14 nasionale krieketspanne deelgeneem; dieselfde formaat is tydens die Krieketwêreldbeker 2011 ingespan, insluitende dieselfde aantal deelnemende lande (14).
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepfase Februarie/Maart |
Do 12 |
Vr 13 |
Sa 14 |
So 15 |
Ma 16 |
Di 17 |
Wo 18 |
Do 19 |
Vr 20 |
Sa 21 |
So 22 |
Ma 23 |
Di 24 |
Wo 25 |
Do 26 |
Vr 27 |
Sa 28 |
So 1 |
Ma 2 |
Di 3 |
Wo 4 |
Do 5 |
Vr 6 |
Sa 7 |
So 8 |
Ma 9 |
Di 10 |
Wo 11 |
Do 12 |
Vr 13 |
Sa 14 |
So 15 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | |||||||||||||||||||||||||||||||
Groep A | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 2 | 1 | |||||||||||||||
Groep B | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||
Uitklopfase Maart |
Ma 16 |
Di 17 |
Wo 18 |
Do 19 |
Vr 20 |
Sa 21 |
So 22 |
Ma 23 |
Di 24 |
Wo 25 |
Do 26 |
Vr 27 |
Sa 28 |
So 29 | ||||||||||||||||||
Seremonies | SS | |||||||||||||||||||||||||||||||
Uitklopfase | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 |
Verklaring | |
Seremonies | |
Groepwedstryde | |
Uitklopfase | |
Eindstryd |
Groepe
wysigGroep A | Groep B |
---|---|
Afghanistan |
Ierland |
Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan tot 15 verminder is. Elke land moes teen 7 Januarie 2015 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê.[16]
Groepfase
wysigDie Krieketwêreldbeker 2015 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 2011 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
wysig’n Paneel van 20 skeidsregters en vyf wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[17]
Skeidsregters
wysig
|
Wedstrydbeamptes
wysig
|
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
wysig14 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Gel | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 0 | +2.564 | 12 |
Australië | 6 | 4 | 1 | 0 | 1 | +2.257 | 9 |
Sri Lanka | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | +0.371 | 8 |
Bangladesj | 6 | 3 | 2 | 0 | 1 | +0.136 | 7 |
Engeland | 6 | 2 | 4 | 0 | 0 | –0.753 | 4 |
Afghanistan | 6 | 1 | 5 | 0 | 0 | –1.853 | 2 |
Skotland | 6 | 0 | 6 | 0 | 0 | –2.218 | 0 |
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kumar Sangakkara (SL) teken die tweede hoogste aantal EDI-lopies aan.[18]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Aaron Finch (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Steven Finn (Eng) behaal ’n driekuns – die eerste tydens die 2015-toernooi – toe hy Brad Haddin, Glenn Maxwell en Mitchell Johnson (almal Aus) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[20]
- Steven Finn neem ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
- Mitchell Marsh (Aus) neem ook ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
- Die wedstryd eindig nadat James Anderson uitgeloop word net nadat James Taylor met been-voor-paaltjie van die veld gestuur is. Nadat Taylor se besluit hersien en omgekeer is, het die IKR later erken dat die bal moes dood verklaar gewees het (volgens artikel 3.6a van aanhangsel 6 van die beslissingshersieningstelsel se speelvoorwaardes), en Anderson vervolgens inkorrek uit verklaar is.[22]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Vier spelers word gedurende Skotland se beurt vir goue nulletjies uitgeskakel, die eerste keer in die krieketwêreldbekergeskiedenis. Vyf Skotse spelers word vir nulletjies uitgeskakel, die meeste in die Skotse krieketgeskiedenis.[23]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shakib Al Hasan word die eerste Bengaalse krieketspeler wat 4 000 EDI-lopies aanteken.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tim Southee (NZ) behaal die derde hoogste boulsyfer (7/33) in die krieketwêreldbekergeskiedenis en die EDI-hoogste deur ’n Nieu-Seelander.[24][21]
- Brendon McCullum (NZ) teken die vinnigste vyftigtal in die krieketwêreldbekergeskiedenis (in 18 aflewerings), die derde vinnigste algeheel en die vinnigste EDI-vyftigtal deur ’n Nieu-Seelander aan.[24]
t
|
||
- Geen loot nie
- Wedstryd om 16:42 afgelas weens swaar reën.
- Dit is net die tweede krieketwêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[25]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Albei Sri Lankaanse aanvangskolwers (Lahiru Thirimanne en Tillakaratne Dilshan) word met goue nulletjies uitgeskakel. Dit is die tweede keer in die EDI-geskiedenis.[26]
- Mahela Jayawardene (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Hamid Hassan word die eerste Afghaanse bouler en die sewende vinnigste krieketspeler wat 50 EDI-paaltjies neem.[26]
t
|
||
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat Skotland meer as 200 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[27]
- Alasdair Evans en Majid Haq se negende paaltjievennootskap van 62 lopies is Skotland se EDI-beste.[27]
- Dit is Afghanistan se eerste krieketwêreldbekertoernooi-oorwinning.[27]
- Die Skotse kaptein Preston Mommsen word weens ’n stadige boultempo met 20% van sy wedstrydgeld beboet en die ander Skotse spelers met 10%.[28]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tillakaratne Dilshan (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Kumar Sangakkara (SL) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Tillakaratne Dilshan en Kumar Sangakkara se ononderbroke vennootskap vir 210 lopies is Sri Lanka se hoogste tweede EDI-paaltjievennootskap.[29]
- Kumar Sangakkara word die vierde krieketspeler wat in 400 EDIs speel.[30]
- Tillakaratne Dilshan se telling van 161 nie uit nie is die hoogste individuele EDI-telling sonder ’n ses.[31]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Australië se laagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd nadat hulle eerste gekolf het.[32]
- Australië verloor 8/26 in hul beurt, hul ergste ineenstorting in die EDI-geskiedenis.[32]
- Trent Boult (NZ) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
- Mitchell Starc (Aus) neem ook ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
- In hierdie wedstryd is om die Chappell-Hadlee-trofee gespeel, die gewone prys in ’n losstaande EDI-reeks tussen Australië en Nieu-Seeland.[33]
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[34]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Joe Root word die jongste Engelse speler wat ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekertoernooi aanteken.[35][19]
- Lahiru Thirimanne word die jongste Sri Lankaanse speler wat ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekertoernooi aanteken.[35][19]
- Kumar Sangakkara (SL) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Sri Lanka word die eerste span in ’n krieketwêreldbekerwedstryd wat vir ’n telling van meer as 300 lopies net een paaltjie verloor.[36]
- Suranga Lakmal (SL) word met 30% van sy wedstrydsalaris beboet, nadat hy met sy aflewerings twee projektors in die laaste boulbeurt tref.[35]
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- David Warner (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Dawlat Zadran (Afg) word die derde bouler in krieketwêreldbekerwedstryde wat 100 lopies of meer in ’n beurt afstaan.[37]
- Australië se telling van 417/6 is die hoogste in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[37]
- Australië se oorwinning met 275 lopies is die hoogste in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[38]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat Skotland meer as 300 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken, en die eerste keer wat Skotland meer as 300 lopies teen ’n toetsnasie aanteken.[39]
- Kyle Coetzer teken Skotland se eerste krieketwêreldbekerhonderdtal en die hoogste telling deur ’n geassosieerde nasiespeler in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[40][19]
- Dit is Bangladesj se hoogste EDI-lopiejaag en die tweede hoogste krieketwêreldbekerlopiejaag.[39]
- Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.[40]
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Daniel Vettori (NZ) neem sy 300ste EDI-paaltjie.[41]
- Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[42]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Die skeidsregter Ian Gould lei sy 100ste EDI-wedstryd.[43]
- Glenn Maxwell teken sy eerste EDI-honderdtal aan, die tweede vinnigste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die vinnigste deur ’n Australiër in ’n krieketwêreldbekerwedstryd (in 51 aflewerings).[44][19]
- Tillakaratne Dilshan slaan ses viere in ’n kolfbeurt, bedien deur Mitchell Johnson, die eerste keer in die krieketwêreldbekergeskiedenis wat dit gebeur.[45]
- Kumar Sangakkara (SL) word die tweede speler wat 14 000 EDI-lopies aanteken en hy behaal ’n rekord van drie agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtale.[46][47][19]
- Australië vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[47]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mahmudullah word die eerste speler wat ’n honderdtal vir Bangladesj in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[48][19]
- Mahmudullah en Mushfiqur Rahim se vennootskap van 141 lopies is die hoogste paaltjievennootskap vir Bangladesj in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[49] Dit is ook Bangladesj se hoogste EDI-vennootskap teen Engeland.[50]
- Dit is ook Bangladesj se hoogste EDI-telling teen Engeland.[48]
- Bangladesj se kaptein Mashrafe Mortaza is weens ’n stadige boultempo met 40% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Bengaalse spelers is met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[51]
- Bangladesj en Sri Lanka vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[52]
- Dit is die tweede keer wat Bangladesj van die groepfase van ’n krieketwêreldbekertoernooi vorder en hul eerste verskyning in die uitklopfase.[52]
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[52]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tillakaratne Dilshan (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Kumar Sangakkara (SL) teken ’n rekord van vier agtereenvolgende EDI-honderdtalle aan.[53][19]
- Die paaltjiewagter Sangakkara neem 54 paaltjies, die meeste deur ’n speler in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[53]
- Angelo Mathews teken Sri Lanka se vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal en hul tweede vinnigste in alle EDIs (in 20 aflewerings) aan.[53]
- Dit is die hoogste EDI-telling wat teen Skotland aangeteken is.[54]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mahmudullah word die eerste Bengaalse krieketspeler wat twee agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtalle aanteken.[55][19]
- Martin Guptill (NZ) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Ross Taylor word die vierde Nieu-Seelandse speler wat 5 000 EDI-lopies aanteken.[55]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Afghanistan se beurt eindig na slegs 37ste boulbeurte en Engeland se teiken is weens reën tot 101 lopies in 25 boulbeurte hersien.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Groep B
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Gel | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 6 | 6 | 0 | 0 | 0 | +1.827 | 12 |
Suid-Afrika | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | +1.707 | 8 |
Pakistan | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | –0.085 | 8 |
Wes-Indië | 6 | 3 | 3 | 0 | 0 | –0.053 | 6 |
Ierland | 6 | 3 | 3 | 0 | 0 | –0.933 | 6 |
Zimbabwe | 6 | 1 | 5 | 0 | 0 | –0.527 | 2 |
Verenigde Arabiese Emirate | 6 | 0 | 6 | 0 | 0 | –2.032 | 0 |
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- David Miller (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- JP Duminy (RSA) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Die ononderbroke vennootskap van 256 lopies deur David Miller en JP Duminy is die hoogste om die vyfde paaltjie in die EDI-geskiedenis.[56]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Virat Kohli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Sohail Khan (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Lendl Simmons (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die Verenigde Arabiese Emirate teken hul hoogste EDI-telling aan.[57]
t
|
||
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shikhar Dhawan (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Dit is die eerste keer wat Indië Suid-Afrika in ’n krieketwêreldbekerwedstryd verslaan.[60]
- Die Suid-Afrikaanse kaptein AB de Villiers word weens ’n stadige boultempo met 20% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Suid-Afrikaanse spelers word met 10% van hul wedstrydgeld beboet.[61]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Zimbabwe se teiken is weens reën tot 363 lopies in 48 boulbeurte hersien.
- Chris Gayle (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Marlon Samuels (WI) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Chris Gayle behaal 9 000 EDI-lopies en word die tweede Wes-Indiese speler ná Brian Lara wat dié mylpaal bereik.[62]
- Chris Gayle word die eerste kolwer wat ’n tweehonderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die eerste nie-Indiese kolwer wat ’n EDI-tweehonderdtal aanteken.[63]
- Chris Gayle se tweehonderdtal is ook die vinnigste EDI-tweehonderdtal.[64]
- Chris Gayle se 16 sesse egaliseer die EDI-rekord van Rohit Sharma (Ind) en AB de Villiers (RSA).[65]
- Chris Gayle se 372-lopievennootskap met Marlon Samuels (albei WI) is die hoogste in die EDI-geskiedenis.[66]
- Chris Gayle word die eerste krieketspeler wat ’n dubbelhonderd in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[67]
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shaiman Anwar word die eerste Emiratiese speler wat ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[68][19]
- Die 107-lopievennootskap tussen Shaiman Anwar en Amjad Javed (albei VAE) is die hoogste sewende-paaltjie-vennootskap in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[68]
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- AB de Villiers (RSA) teken die vinnigste 150 lopies in die EDI-geskiedenis aan (in slegs 64 aflewerings),[69] en die tweede vinnigste krieketwêreldbekerhonderdtal.[70][19] Sy 73 lopies in die laaste vyf boulbeurte is ook die meeste deur ’n kolwer in dié fase.[70]
- Jason Holder (WI) staan die meeste lopies (104) deur ’n bouler in ’n krieketwêreldbekerwedstryd af, en die meeste in twee agtereenvolgende EDI-beurte.[70]
- Suid-Afrika se telling van 408/5 is die hoogste EDI-telling in Australië en die tweede hoogste krieketwêreldbekertelling.[70]
- Imran Tahir (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[21]
- Suid-Afrika se 257-lopieoorwinning is die meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd, gelykstaande aan Indië se oorwinning teen Bermuda in 2007.[71]
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wahab Riaz word die eerste Pakistanse krieketspeler wat ’n vyftigtal aanteken en vier paaltjies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem.[72]
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Hashim Amla (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Faf du Plessis (RSA) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Hashim Amla en Faf du Plessis se vennootskap van 247 lopies is die hoogste EDI-tweedepaaltjievennootskap vir Suid-Afrika.[73]
- Suid-Afrika word die eerste span wat in twee agtereenvolgende EDI-kolfbeurte 400 lopies aanteken. Hul totaal is ook die tweede hoogste in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[74]
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shahid Afridi word die vierde Pakistanse speler wat 8 000 EDI-lopies aanteken.[75]
t
|
||
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- As gevolg van reën is die wedstryd verkort tot 47 boulbeurte per span en Suid-Afrika se teiken tot 232 lopies hersien.
- Dit is die eerste keer wat Pakistan Suid-Afrika in ’n krieketwêreldbekerwedstryd verslaan.[78]
- Sarfaraz Ahmed (Pak) word die tiende speler wat ses paaltjies in ’n EDI-beurt neem en die tweede in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[79]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ed Joyce (Irl) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Brendan Taylor (Zim) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Zimbabwe en die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.[80]
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shikhar Dhawan (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Dit is Indië se negende agtereenvolgende oorwinning in krieketwêreldbekertoernooie, wat hul langste wenstreep verder verleng.[81]
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- AB de Villiers (RSA) behaal die rekord vir die meeste sesse in een krieketwêreldbekertoernooi (20) en die meeste sesse in alle krieketwêreldbekerwedstryde (36).[82]
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[83]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brendan Taylor (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Suresh Raina (Ind) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Suresh Raina en MS Dhoni se ononderbroke vennootskap van 196 lopies is Indië se hoogste vyfde EDI-paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[84]
- Dit is Indië se hoogste suksesvolle lopiejaag in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[84]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Amjad Javed en Nasir Aziz se 107-lopievennootskap om die sewende paaltjie is ’n krieketwêreldbekerrekord en ’n Emiratiese rekord om ’n paaltjie teen ’n toetsnasie.[85]
t
|
||
- Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- William Porterfield (Irl) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Sarfraz Ahmed teken sy eerste EDI-honderdtal aan en word die eerste Pakistanse paaltjiewagter wat ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[86][19]
- Pakistan en Wes-Indië vorder hiermee tot die kwarteindrondte.[87]
- Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.[87]
Uitklopfase
wysigKwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
21 Maart – Wellington, Nieu-Seeland | ||||||||||
Nieu-Seeland | 393/6 | |||||||||
24 Maart – Auckland, Nieu-Seeland | ||||||||||
Wes-Indië | 250 | |||||||||
Suid-Afrika | 281/5 | |||||||||
18 Maart – Sydney, Australië | ||||||||||
Nieu-Seeland | 299/6 | |||||||||
Sri Lanka | 133 | |||||||||
29 Maart – Melbourne, Australië | ||||||||||
Suid-Afrika | 134/1 | |||||||||
Nieu-Seeland | 183 | |||||||||
20 Maart – Adelaide, Australië | ||||||||||
Australië | 186/3 | |||||||||
Pakistan | 213 | |||||||||
26 Maart – Sydney, Australië | ||||||||||
Australië | 216/4 | |||||||||
Australië | 328/7 | |||||||||
19 Maart – Melbourne, Australië | ||||||||||
Indië | 233 | |||||||||
Indië | 302/6 | |||||||||
Bangladesj | 193 | |||||||||
Kwarteindrondte
wysigt
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tharindu Kaushal (SL) het sy EDI-debuut gemaak.
- JP Duminy (RSA) word die eerste Suid-Afrikaner – en die tweede Suid-Afrikaner in die EDI-geskiedenis – wat ’n driekuns in ’n krieketwêreldbeker behaal, ná Steven Finn (Eng) die tweede tydens die 2015-toernooi, toe hy Angelo Mathews, Nuwan Kulasekara en Tharindu Kaushal (almal SL) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[88][89]
- Dit is Suid-Afrika se eerste oorwinning in die krieketwêreldbekeruitklopfase.[90]
- Dit is die kortste wedstryd in ’n krieketwêreldbekeruitklopfase tot dusver.[91]
- Dit is die laaste EDI-wedstryd vir Kumar Sangakkara en Mahela Jayawardene (albei SL), asook hul 150ste wedstryd waarin hulle saam gespeel het.[92][93]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Rohit Sharma (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Dit is MS Dhoni se 100ste EDI as Indiese kaptein.[94]
- Dit is ’n rekord van sewe agtereenvolgende oorwinnings waarin Indië die teenstander uitboul.[95]
- Die skeidsregters het wydverspreide kritiek ná ’n paar omstrede besluitnemings deurgeloop.[96][97] Mustafa Kamal, president van die Internasionale Krieketraad, het gesê dat Bangladesj teen die besluite van die skeidsregters tydens die IKR se direksievergadering appèl sal aanteken.[98]
- Mashrafe Mortaza (Ban) is vir een EDI opgeskort en vir ’n stadige boultempo met 40% van sy wedstrydgeld beboet; die ander Bengaalse spelers is met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[96]
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is die laaste EDI vir Shahid Afridi en Misbah-ul-Haq (albei Pak).[99]
- Wahab Riaz (Pak) is met 50% van sy wedstrydgeld en Shane Watson (Aus) met 15% van sy wedstrydgeld beboet na ’n bekgeveg aan die einde van die 33ste boulbeurt.[100]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Martin Guptill word die eerste Nieu-Seelandse speler wat ’n tweehonderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken.[101][19]
- Martin Guptill teken ook die eerste dubbelhonderd in ’n krieketwêreldbekeruitklopfasewedstryd aan.[102]
- Martin Guptill se telling van 237* is die hoogste individuele telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die tweede EDI-hoogste.[102]
- Die wedstryd het die meeste sesse (31) in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die tweede meeste EDI-sesse gesien.[102]
Halfeindrondte
wysigt
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort as gevolg van reën tot 43 boulbeurte per span en Nieu-Seeland se teiken is tot 298 lopies hersien.
- Dit is die hoogste suksesvolle lopiejaag in ’n krieketwêreldbekeruitklopwedstryd.[103]
- Dit is die eerste keer wat Nieu-Seeland tot die krieketwêreldbekereindwedstryd vorder.[103]
- Dit is Suid-Afrika se vierde verlore krieketwêreldbekerhalfeindstryd.[104]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Steve Smith (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Australië kwalifiseer vir ’n rekord van sewe krieketwêreldbekereindwedstryde.[105]
- Australië se telling van 328/7 is die hoogste in ’n krieketwêreldbekerhalfeindstryd.[105]
- As gevolg van hierdie wedstryd kon vir die eerste keer sedert 1987 – wat in Indie en Pakistan gehou is – geen Asiatiese span tot die krieketwêreldbekereindwedstryd vorder nie.[106]
Eindstryd
wysigt
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Australië wen die krieketwêreldbeker vir ’n vyfde keer.[107][108]
- Australië word die tweede agtereenvolgende gasheer wat ’n krieketwêreldbekertoernooi tuis wen.[109]
- Hierdie was Michael Clarke,[110] Brad Haddin,[111] en Mitchell Johnson[112] (almal Aus), asook Daniel Vettori (NZ)[113] se laaste EDI-wedstryd.
- Die gehoor van 93 013 is die hoogste in die krieketgeskiedenis in Australië, en oortref die vorige rekord van 91 112 tydens ’n toetswedstryd op 26 Desember 2013. Die land se vorige EDI-rekord-gehoor was 87 182 tydens die 1992-eindwedstryd.[114]
Krieketwêreldkampioen 2015 |
---|
Australië |
Statistiek
wysigFinale puntestand
wysigHierdie tabel toon die finale puntestand van al 14 deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 2015.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Onb | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | A | 9 | 7 | 1 | 1 | 2149 | 1596 | +553 | 15 | |
2 | Nieu-Seeland | A | 9 | 8 | 0 | 1 | 2107 | 1840 | +267 | 16 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Indië | B | 8 | 7 | 0 | 1 | 1979 | 1752 | +227 | 14 | |
4 | Suid-Afrika | B | 8 | 5 | 0 | 3 | 2293 | 1794 | +499 | 10 | |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Sri Lanka | A | 7 | 4 | 0 | 3 | 1921 | 1837 | +84 | 8 | |
6 | Pakistan | B | 7 | 4 | 0 | 3 | 1634 | 1690 | –56 | 8 | |
7 | Bangladesj | A | 7 | 3 | 1 | 3 | 1585 | 1664 | –79 | 7 | |
8 | Wes-Indië | B | 7 | 3 | 0 | 4 | 1745 | 1917 | –172 | 6 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Ierland | B | 6 | 3 | 0 | 3 | 1623 | 1820 | –197 | –0.933 | 6 |
10 | Engeland | A | 6 | 2 | 0 | 4 | 1327 | 1349 | –22 | –0.753 | 4 |
11 | Zimbabwe | B | 6 | 1 | 0 | 5 | 1680 | 1850 | –170 | –0.527 | 2 |
12 | Afghanistan | A | 6 | 1 | 0 | 5 | 1044 | 1419 | –375 | –1.853 | 2 |
13 | Verenigde Arabiese Emirate | B | 6 | 0 | 0 | 6 | 1245 | 1525 | –280 | –2.032 | 0 |
14 | Skotland | A | 6 | 0 | 0 | 6 | 1199 | 1478 | –279 | –2.218 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
wysigMeeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / ICC Cricket World Cup, 2014/15 / Most runs". ESPNcricinfo. 29 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records / ICC Cricket World Cup, 2014/15 / Most wickets". ESPNcricinfo. 29 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Alex Chaffer (24 Maart 2015). "New Zealand reach first Cricket World Cup final". Deutsche Welle. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup 2015: MCG to host final as Australia grouped with England". ABC News. 30 Julie 2013. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Abhishek Kumar (7 Junie 2018). "FIFA World Cup 2018: Find Out How Much Prize Money Winners France Have Received (in Rupees)". India.com. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Daffydd Bynon (15 Februarie 2015). "Cricket World Cup: India v Pakistan watched by a billion people – in pictures". The Guardian. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (15 Februarie 2015). "Cricket World Cup 2015: India & Pakistan fans usurp the limelight". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Boards 'disappointed' with 2011 World Cup snub". ESPNcricinfo. 30 April 2016. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Asia to host 2011 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2016. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "England lands Cricket World Cup". BBC. 30 April 2016. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "ICC Executive Board meets in Mumbai". Internasionale Krieketraad. 4 April 2011. Besoek op 24 Oktober 2011.
- ↑ (en) "ICC reinstates associates for 2015 World Cup, 10 teams in 2019". The Times of India. 29 Junie 2011. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "ICC spells out 2015 WC qualification plan". ESPNcricinfo. 11 Oktober 2011. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "About us". Adelaide-ovaal. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Grounds". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup 2015 squad lists". BBC. 7 Januarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "ICC announces match officials for ICC Cricket World Cup 2015". Internasionale Krieketraad. 2 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2015. Besoek op 30 Maart 2015.
- ↑ (en) "Kumar Sangakkara Becomes Second Highest ODI Run-Getter". NDTV. 14 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2016. Besoek op 5 Augustus 2016.
- ↑ 19,00 19,01 19,02 19,03 19,04 19,05 19,06 19,07 19,08 19,09 19,10 19,11 19,12 19,13 19,14 19,15 19,16 19,17 19,18 19,19 19,20 19,21 19,22 19,23 19,24 19,25 19,26 19,27 19,28 19,29 19,30 19,31 19,32 19,33 19,34 19,35 19,36 19,37 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup 2015: Steven Finn takes hat-trick for England". BBC. 14 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 21,0 21,1 21,2 21,3 21,4 21,5 21,6 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) George Dobell (14 Februarie 2015). "ICC accepts umpiring error on Anderson run-out". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (17 Februarie 2015). "Fort Dunedin and golden ducks". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 24,0 24,1 (en) Andrew McGlashan (20 Februarie 2015). "Southee, McCullum trample England". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup 2015: Australia v Bangladesh washed out by rain". BBC. 21 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 26,0 26,1 (en) S Rajesh (22 Februarie 2015). "Golden ducks for openers, and Mahela on song". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 27,0 27,1 27,2 (en) Andrew McGlashan (25 Februarie 2015). "History for Afghanistan, heartbreak for Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup: Scotland players fined for slow play". BBC. 27 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Shiva Jayaraman (26 Februarie 2015). "Sangakkara marks landmark game with fastest ton". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Kumar Sangakkara becomes 4th cricketer to play 400 ODIs". Cricket Country. 26 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Batting records". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 32,0 32,1 (en) Dan Walsh (28 Februarie 2015). "Cricket World Cup 2015: Australia loses an incredible 8 for 26 in 49 frenetic minutes". Daily Telegraph. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Brydon Coverdale (24 Februarie 2015). "Chappell-Hadlee Trophy up for grabs on Saturday". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup: New Zealand into quarter-finals after win against Australia". Hindustan Times. 1 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 35,0 35,1 35,2 (en) S Rajesh (1 Maart 2015). "Youngest World Cup centurions for England and Sri Lanka". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (1 Maart 2015). "England thrashed by Sri Lanka in World Cup in Wellington". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 37,0 37,1 (en) James Gheerbrant en Phil Dawkes (4 Maart 2015). "Australia post World Cup record score in win over Afghanistan". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Australia post Cricket World Cup record score in victory over Afghanistan". The Guardian. 4 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 39,0 39,1 (en) Mohammad Isam (4 Maart 2015). "Seniors set up Bangladesh's highest chase". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 40,0 40,1 (en) Alistair Watkins (5 Maart 2015). "Scotland's Cricket World Cup hopes ended by Bangladesh". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) S Rajesh (8 Maart 2015). "Vettori's 300, and Shenwari's fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Mark Mitchener (8 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: New Zealand beat Afghanistan". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Ian Gould officiates his 100th ODI in Australia-Sri Lanka match in ICC Cricket World Cup 2015". Cricket Country. 8 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (8 Maart 2015). "Maxwell's hundred trumps Sangakkara's". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Tillakaratne Dilshan hits six fours off a Mitchell Johnson over". Cricket Country. 8 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Sangakkara becomes only 2nd batsman to pass 14,000 ODI runs". The New Zealand Herald. 9 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2015. Besoek op 3 April 2015.
- ↑ 47,0 47,1 (en) Nick Royle (8 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: Australia overcome Sri Lanka in Sydney". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 48,0 48,1 (en) David Hopps (9 Maart 2015). "Mahmudullah, Rubel knock England out". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (9 Maart 2015). "Records tumble for Bangladesh". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Bangladesh / Records / One-Day Internationals / Highest Partnerships by Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup 2015: Bangladesh Fined for Slow Over-Rate in Win Over England". NDTV. 9 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2015. Besoek op 2 April 2015.
- ↑ 52,0 52,1 52,2 (en) Stephan Shemilt (9 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: England knocked out by Bangladesh". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 53,0 53,1 53,2 (en) Bishen Jeswant (11 Maart 2015). "Most consecutive ODI hundreds, and a WC record for Sangakkara". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "V Scotland / Records / One-Day Internationals / Highest Totals". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 55,0 55,1 (en) S Rajesh (13 Maart 2015). "Mahmudullah's twin tons, and Taylor's slow fifty". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Mark Mitchener (15 Februarie 2015). "World Cup 2015: South Africa beat Zimbabwe after record stand". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Jonathan Jurejko (19 Februarie 2015). "Cricket World Cup 2015: Zimbabwe avoid UAE loss". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (20 Februarie 2015). "Russell leads rout of sloppy Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team records". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (22 Februarie 2015). "Dhawan hundred sets up another big-day win". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "De Villiers fined for slow over-rate". CricBuzz. 22 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Batting Records / Most Runs in Career". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Gayle becomes first batsman to score double ton in world cup". SportsMirchi.com. 24 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Karthik Krishnaswamy (24 Februarie 2015). "Gayle, Samuels smash Zimbabwe and records". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Batting Records / Most sixes in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Partnership Records / Highest Partnership for any Wicket". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Chris Gayle: West Indies opener hits first World Cup 200". BBC. 24 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 68,0 68,1 (en) Sidharth Monga (25 Februarie 2015). "Wilson, K O'Brien seal tense win". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (27 Februarie 2015). "De Villiers 162* off 66, WI 151 all out". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 70,0 70,1 70,2 70,3 (en) "AB de Villiers hits fastest ODI 150 in South Africa World Cup win". BBC. 27 Februarie 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (27 Februarie 2015). "15 overs, 222 runs". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Steve Canavan (1 Maart 2015). "Cricket World Cup: Pakistan beat Zimbabwe to keep hopes alive". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Justin Goulding (3 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: South Africa beat Ireland by 201 runs". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (3 Maart 2015). "Amla fastest to 20 ODI tons". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) S Rajesh (4 Maart 2015). "Afridi's 8000, and Misbah's quick fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Sidharth Monga (6 Maart 2015). "Dhoni, bowlers extend World Cup streak". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "India defeat West Indies to reach the Cricket World Cup quarter-finals". The Guardian. 6 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup: Pakistan beat South Africa by 29 runs in Auckland epic". Sky Sports. 7 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Sarfraz changes Pak fortunes". The Tribune. 8 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Andrew Drummond (7 Maart 2015). "Ireland beat Zimbabwe by five runs". Yahoo Sports Australia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2015. Besoek op 21 Maart 2015.
- ↑ (en) Sidharth Monga (10 Maart 2015). "Ashwin, Dhawan make it nine in a row". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (12 Maart 2015). "Anwar's record and de Villiers' sixes". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Michael Emons (12 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: South Africa ease into quarter-finals". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 84,0 84,1 (en) Sidharth Monga (14 Maart 2015). "Raina, Dhoni ensure clean slate". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Alagappan Muthu (14 Maart 2015). "WI win big, reach quarters thanks to Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Shiva Jayaraman (15 Maart 2015). "First World Cup ton by Pakistan wicketkeeper". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 87,0 87,1 (en) Stephan Shemilt (15 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: Ireland out as Pakistan go through". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "JP Duminy Becomes First South African to Claim World Cup Hat-Trick". NDTV. 18 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
- ↑ (en) Zaahier Adams (20 Maart 2015). "JP savours hat-trick". IOL. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "South Africa beat Sri Lanka for their first-ever World Cup knockout win". NDTV. 18 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
- ↑ (en) Sidharth Monga (18 Maart 2015). "Pumped-up South Africa end knockout hoodoo". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup 2015: Jayawardene, Sangakkara bid adieu to ODI cricket". The Times of India. 18 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (18 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: South Africa ease into semi-finals". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (19 Maart 2015). "India beat Bangladesh to reach Cricket World Cup semi-finals". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Bishen Jeswant (19 Maart 2015). "India 11, Dhoni 100". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 96,0 96,1 (en) Sidharth Monga (19 Maart 2015). "Responsible Rohit sees off Bangladesh threat". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup 2015: Protests in Bangladesh over 'biased' umpiring". AFP. 19 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2015. Besoek op 23 Maart 2015.
- ↑ (en) "Bangladesh to challenge umpires' decision". bdnews24.com. 19 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Brydon Coverdale (20 Maart 2015). "Smith, Hazlewood book semi-final berth". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Cricket World Cup 2015: Wahab Riaz and Shane Watson punished". BBC. 21 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (21 Maart 2015). "Martin Guptill hits highest World Cup score in New Zealand victory". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 102,0 102,1 102,2 (en) Bishen Jeswant (21 Maart 2015). "Guptill scales many mountains". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 103,0 103,1 (en) Fred Woodcock (24 Maart 2015). "New Zealand beat South Africa by four wickets to reach first ever World Cup final". stuff.co.nz. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "South Africa's ongoing semi-final woes". eNCA. 24 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2019. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ 105,0 105,1 (en) Stephan Shemilt (26 Maart 2015). "Cricket World Cup: Australia beat India to reach final". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "No Asian team in World Cup final for first time since 1987". Times of India. 26 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Stephan Shemilt (29 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: Australia crush New Zealand in final". BBC. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (29 Maart 2015). "Majestic Australia win fifth World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Australia Become Second Team to Win World Cup on Home Soil". NDTV. 29 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Daniel Brettig (28 Maart 2015). "Smith, Hazlewood book semi-final berth". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Daniel Brettig (31 Maart 2015). "Haddin to join Clarke in retirement". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) Daniel Brettig (17 November 2015). "Johnson retires from international cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "New Zealand's Daniel Vettori retires from international cricket". BBC. 31 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
- ↑ (en) "Record crowd for World Cup final". Krieket Australië. 29 Maart 2015. Besoek op 21 April 2023.
Verdere leesstof
wysig- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 2015. |
- (en) ICC Cricket World Cup 2014/15
- (en) ICC Cricket World Cup 2015 – Fixtures and Results
- (en) "2015 Cricket World Cup". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 April 2023.
- (en) Cricket World Cup 2015 op IMDb