Krieketwêreldbeker 2031
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Die Krieketwêreldbeker 2031 (Engels: 2031 Cricket World Cup) word van Oktober tot November 2031 in Indië en Bangladesj beslis.[1] Dit is die 15de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vyfde op die Indiese subkontinent. In dié streek is voorheen die toernooie van 1987 (Indië en Pakistan), 1996 (Indië, Pakistan en Sri Lanka), 2011 (Indië, Bangladesj en Sri Lanka) en 2023 (Indië) aangebied. Daarmee sal Indië die meeste toernooie huisves, een meer as Engeland.
Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding sal word | |
Datums | Oktober – November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Bangladesj |
Deelnemers | 14 |
Wedstryde gespeel | 54 |
← 2027 2035 → |
Die toernooi se formaat van 2027 bly onveranderd en 14 nasionale krieketspanne neem aan die Krieketwêreldbeker 2031 deel, waartydens 54 wedstryde gespeel word, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die drie beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Ses, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 50 boulbeurte per span. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1999, Krieketwêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2027 aangewend.[2]
Toewysing
wysigDie Internasionale Krieketraad het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 16 November 2021 aangewys. Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië is as gashere vir die 2027-toernooi benoem, terwyl die 2031-toernooi aan Indië en Bangladesj toegewys is.[3]
Deelnemers
wysigDie medegashere Bangladesj en Indië, asook die agt beste spanne op die IKR se EDI-ranglys sal regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2031 kwalifiseer, terwyl die oorblywende vier plekke tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2030 beslis sal word.
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende twee spanne het al vir die Krieketwêreldbeker 2031 gekwalifiseer. Later sal nog twaalf spanne aansluit.
- Bangladesj (medegasheer)
- Indië (medegasheer)
Formaat
wysigDie Krieketwêreldbeker 2031 word tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbekertoernooie in 1999, 2003 en 2027 gebruik.
Groepfase en Super Ses
wysigDie Krieketwêreldbeker 2031 word deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase word die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span speel een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep, dus speel elke span ses wedstryde in die groepfase. Twee punte word vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, word volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe dring na die Super Ses deur.
In die Super Ses-rondte speel elke span teen die spanne, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, speel nie teen mekaar nie en die punte van dié wedstryde word na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af neem die toernooi ’n uitklopformaat aan wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses dring na die uitklopfase deur. Die eerste span speel teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word.
Wedstryde
wysigDie wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.
Groepfase
wysigKwalifiseer vir die Super Ses. |
Uit die toernooi geskakel. |
14 spanne sal aan die groepfase deelneem. Die drie beste spanne in elke groep dring na die Super Ses deur.
Groep A
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
Groep B
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
Super Ses
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | – |
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
2031
|
t
|
||
Uitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | |||||
Kwalifiseerder 1 | ||||||
Kwalifiseerder 4 | ||||||
Wenner Halfeindstryd 1 | ||||||
Wenner Halfeindstryd 2 | ||||||
Kwalifiseerder 2 | ||||||
Kwalifiseerder 3 |
Halfeindrondte
wysig 2031
|
Kwalifiseerder 1
|
t
|
Kwalifiseerder 4
|
2031
|
Kwalifiseerder 2
|
t
|
Kwalifiseerder 3
|
Eindstryd
wysig 2031
|
Wenner Halfeindstryd 1
|
t
|
Wenner Halfeindstryd 2
|
Krieketwêreldkampioen 2031 |
---|
Wenner Eindstryd |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 23 Maart 2023.
- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Maart 2023.
- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 23 Maart 2023.
Eksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf van die Krieketwêreldbeker 2031
- (en) Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad