Krieketwêreldbeker 2003
Die Krieketwêreldbeker 2003 (Engels: 2003 Cricket World Cup) is van 9 Februarie tot 23 Maart 2003 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia beslis. Dit was die agtste krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Afrika. Ná die Rugbywêreldbeker 1995 was dit die tweede wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later het dié land ook die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebied. Beide Kenia en Zimbabwe het vir die eerste keer ’n wêreldbekertoernooi aangebied. Suid-Afrika sou vier jaar later ook die T20I-wêreldbeker 2007 en daarna die Kampioenetrofee 2009 aanbied, waarmee dit as die eerste land al drie vername kriekettoernooie gehuisves het.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2003 | |
Datums | 9 Februarie – 23 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groepfase, Super Ses en uitklopfase |
Gashere | Suid-Afrika Kenia Zimbabwe |
Kampioen | Australië (3de titel) |
Naaswenner | Indië |
Deelnemers | 14 (38 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 54 |
Bywoning | 626 845 (11 608 per wedstryd) |
Speler van die reeks | Sachin Tendulkar |
Meeste lopies | Sachin Tendulkar (673)[1] |
Meeste paaltjies | Chaminda Vaas (23)[2] |
← 1999 2007 → |
14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die vier beste spanne van die IKK-trofee 2001 (Kanada, Kenia, Namibië en Nederland). Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is 54 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Die toernooi het talle ontwrigtings ondervind, soos die uitskakeling van Suid-Afrika, Pakistan, Wes-Indië en Engeland in die groepfase (Suid-Afrika het met slegs een lopie verloor nadat hulle die Duckworth-Lewis-metode verkeerd gelees het).[4][5] Engeland het die wedstryd teen Zimbabwe weens die politieke onrus in dié land verbeur, waardeur Zimbabwe eindelik vir die Super Ses gekwalifiseer het.[6] Net só het Nieu-Seeland sy wedstryd teen Kenia om sekuriteitsredes verbeur, waardeur Kenia as die enigste nietoetsspelende land tot dusver die halfeindrondte gehaal het.[7] Nog ’n skokgolf het twee dae ná die toernooi se begin gevolg, toe Shane Warne, destyds een van die spel se voorste draaiers, in skande huis toe gestuur is ná ’n positiewe toets vir ’n verbode middel.[8] Tydens die eerste wedstryd teen Namibië het beide die Zimbabwiese speler Andy Flower en die snelbouler Henry Olonga swart armbande in “rou oor die dood van demokrasie” in Zimbabwe gedra. Albei spelers is onmiddellik uit die span geskors en het oorsee om politieke asiel gevra. Hierdie openbare politieke protes het ’n aansienlike verleentheid met die medegashere veroorsaak en ook die spanharmonie ontwrig.[9][10]
Australië, Indië, Kenia en Sri Lanka het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Sri Lanka en Indië het Kenia geklop, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Wanderers in Johannesburg teen Indië met 125 lopies gewen en sodoende sy derde titel ingepalm het, die eerste land wat daarin geslaag het. Hulle het tydens die toernooi al hul elf wedstryde gewen. Namibië het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.[11] Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan vier Afrikaspanne deelgeneem het.
Die Pakistanse speler Shoaib Akhtar het tydens die toernooi ’n wêreldrekord opgestel en die vinnigste bouler in die krieketgeskiedenis geword, toe hy in ’n groepwedstryd teen Engeland ’n aflewering met 161,3 km/h gestuur het.[12][13][14] Rudie van Vuuren, wat vir Namibië gespeel het, het later met dié land se nasionale rugbyspan ook aan die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië deelgeneem, waardeur hy die eerste sportlui geword het wat in dieselfde jaar in twee verskillende sportkodes aan wêreldbekertoernooie deelgeneem het.[15]
Toewysing
wysigDie Krieketwêreldbeker 2003 is deur die IKR toegewys aan Suid-Afrika. Van die medegashere was Kenia en Zimbabwe.[16] Terwyl die toetskrieketlande Suid-Afrika en Zimbabwe regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het, moes Kenia tydens die IKR-trofee 2001 vir die toernooi kwalifiseer. Saam met die T20I-wêreldbeker 2007 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.
Deelnemers
wysigDie volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (medegasheer), Wes-Indië en Zimbabwe (medegasheer) het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Kanada, Kenia, Namibië en Nederland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2001 gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | Gashere | Vierde | 1999 | Halfeindrondte (1992, 1999) | B |
Zimbabwe | Sesde | 1999 | Super Ses (1999) | A | |
Australië | Volle lede | Agtste | 1999 | Kampioen (1987, 1999) | A |
Bangladesj | Tweede | 1999 | Groepfase | B | |
Engeland | Agtste | 1999 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | A | |
Indië | Agtste | 1999 | Kampioen (1983) | A | |
Nieu-Seeland | Agtste | 1999 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999) | B | |
Pakistan | Agtste | 1999 | Kampioen (1992) | A | |
Sri Lanka | Agtste | 1999 | Kampioen (1996) | B | |
Wes-Indië | Agtste | 1999 | Kampioen (1975, 1979) | B | |
Kanada | IKR-trofee 2001 | Tweede | 1979 | Groepfase (1979) | B |
Kenia | Derde | 1999 | Groepfase (1996, 1999) | B | |
Namibië | Eerste | – | Debuut | A | |
Nederland | Tweede | 1996 | Groepfase (1996) | B |
Stadions
wysigSuid-Afrika het 46 wedstryde op twaalf verskeie plekke gehuisves, terwyl Kenia twee wedstryde op een plek en Zimbabwe ses wedstryde op twee plekke aangebied het. In stadions buite Suid-Afrika was enkele wedstryde van die groepfase met die betrokke tuisspan beplan. Van Zimbabwe se Groep A-wedstryde is tuis gespeel en Kenia het twee van sy ses Groep B-wedstryde tuis gespeel. Daarmee het Kenia ná Skotland in 1999 die tweede geassosieerde nasie geword wat wedstryde tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi aangebied het. Die Engelse nasionale krieketspan het egter die wedstryd in Harare en die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan die wedstryd in Nairobi om beweerde veiligheidsrisiko’s verbeur.
Formaat
wysigDie Krieketwêreldbeker 2003 is oor 44 dae tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dit het op 9 Februarie 2003 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die medegasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op Wanderers in Johannesburg op 23 Maart met die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
wysigGroep A | Groep B |
---|---|
Australië |
Bangladesj |
Elke land moes teen 31 Desember 2002 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.[17]
Groepfase en Super Ses
wysigDie Krieketwêreldbeker 2003 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.
In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
wysig’n Paneel van 19 skeidsregters en vyf wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[18]
Skeidsregters
wysig
|
Wedstrydbeamptes
wysig
|
Wedstryde
wysigDie wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.
Groepfase
wysigKwalifiseer vir die Super Ses. |
Uit die toernooi geskakel. |
14 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Ses deurgedring.
Groep A
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 6 | 6 | 0 | 0 | 0 | +2.05 | 24 | 12 |
Indië | 6 | 5 | 1 | 0 | 0 | +1.11 | 20 | 8 |
Zimbabwe | 6 | 3 | 2 | 1 | 0 | +0.50 | 14 | 3.5 |
Engeland | 6 | 3 | 3 | 0 | 0 | +0.82 | 12 | – |
Pakistan | 6 | 2 | 3 | 1 | 0 | +0.23 | 10 | – |
Nederland | 6 | 1 | 5 | 0 | 0 | −1.45 | 4 | – |
Namibië | 6 | 0 | 6 | 0 | 0 | −2.96 | 0 | – |
t
|
||
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort weens reën; Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 191 lopies in 25.1 boulbeurte vir Namibië.
- Jan-Berry Burger, Björn Kotzé, Danie Keulder, Deon Kotzé, Gerrie Snyman, Gavin Murgatroyd, Lennie Louw, Louis Burger, Morné Karg, Riaan Walters en Stephan Swanepoel (almal Nam) het hul EDI-debuut gemaak.
- Die Zimbabwiese spelers Andy Flower en Henry Olonga het tydens die wedstryd swart armbande in “rou oor die dood van demokrasie” in Zimbabwe gedra.[9]
- Craig Wishart (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andrew Symonds (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tim de Leede (Ned) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Indië teken sy destyds laagste krieketwêreldbekertelling aan.[21]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nick Statham (Ned) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Melt van Schoor en Rudie van Vuuren (albei Nam) het hul EDI-debuut gemaak.
- Wasim Akram (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sarel Burger (Nam) het sy EDI-debuut gemaak.
- Rudie van Vuuren word die eerste Namibiese krieketspeler wat ’n vyf-paaltjie-oes neem.[23][22]
- Namibië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort weens reën tot 36 boulbeurte per span.
- Nederland teken sy destyds laagste krieketwêreldbekertelling aan.[24]
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Die Pakistanse bouler Shoaib Akhtar stel ’n nuwe rekord vir die vinnigste aflewering op: 161,3 km/h (100,23 mph).[12]
t
|
||
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Burton van Rooi (Nam) het sy EDI-debuut gemaak.
- Sachin Tendulkar en Sourav Ganguly (albei Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Indië vorder hiermee tot die Super Ses.[25]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Australië vorder hiermee tot die Super Ses.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ashish Nehra word die eerste Indiese krieketspeler wat ses paaltjies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem; dit is ook sy beste EDI-boulsyfer.[26][22]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Glenn McGrath (Aus) behaal met 7/15 die beste boulsyfer in ’n krieketwêreldbekerkolfbeurt.[27][22]
- Darren Lehmann (Aus) teken die meeste lopies (28) in ’n enkele boulbeurt in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan[28] – later oortref deur Herschelle Gibbs (RSA) teen Nederland tydens die Krieketwêreldbeker 2007.[29]
- Australië teken met 256 lopies die hoogste oorwinning in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Indië teen Bermuda tydens die Krieketwêreldbeker 2007.[30]
- Adam Gilchrist (Aus) behaal die meeste paaltjiewagterstompe (6) in ’n krieketwêreldbekerkolfbeurt.[31]
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Saeed Anwar (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Andy Bichel (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Feiko Kloppenburg en Klaas-Jan van Noortwijk (albei Ned) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Nederland teken sy destyds hoogste EDI-telling aan.
- Nederland behaal sy eerste EDI-oorwinning.[32]
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Die wedstryd se begin is weens reën vertraag en twee keer gestaak, waarna dit tot 38 boulbeurte per span verkort is.
- Ná verdere reën is die wedstryd ná 14 boulbeurte afgelas.
- Zimbabwe vorder hiermee tot die Super Ses.[33]
- Engeland en Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[33]
Groep B
wysigSpan | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 6 | 4 | 1 | 0 | 1 | +1.20 | 18 | 7.5 |
Kenia | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | –0.69 | 16 | 10 |
Nieu-Seeland | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | +0.99 | 16 | 4 |
Suid-Afrika | 6 | 3 | 2 | 0 | 1 | +1.73 | 14 | – |
Wes-Indië | 6 | 3 | 2 | 1 | 0 | +1.10 | 14 | – |
Kanada | 6 | 1 | 5 | 0 | 0 | −1.99 | 4 | – |
Bangladesj | 6 | 0 | 5 | 1 | 0 | −2.05 | 2 | – |
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Wes-Indië teken die destyds hoogste krieketwêreldbekertelling deur enige span teen Suid-Afrika aan.
- Suid-Afrika is vir ’n stadige boultempo met een boulbeurt beboet.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sanath Jayasuriya (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Scott Styris (NZ) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ashish Bagai, Austin Codrington, Davis Joseph, Desmond Chumney, Ishwar Maraj, Ian Billcliff, John Davison, Joe Harris, Nicholas de Groot en Sanjayan Thuraisingam (almal Can), asook Fazil Sattaur (WI) het hul EDI-debuut gemaak.
- Kanada teken sy destyds hoogste EDI-telling aan.
- Austin Codrington (Can) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Kanada behaal sy eerste EDI-oorwinning.[34]
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ramnaresh Sarwan en Ridley Jacobs (albei WI) teken die krieketwêreldbekerrekord (98 lopies) vir die sewende paaltjievennootskap aan.[35]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Chaminda Vaas (SL) behaal ’n driekuns – die eerste tydens die 2003-toernooi – en boul Hannan Sarkar, Mohammad Ashraful en Ehsanul Haque (almal Ban) in drie agtereenvolgende aflewerings uit.[36]
- Chaminda Vaas neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Marvan Atapattu (SL) word ná Aravinda de Silva, Sanath Jayasuriya en Arjuna Ranatunga die vierde Sri Lankaan wat 6 000ste EDI-lopies aanteken.[37]
t
|
||
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort as gevolg van reën; Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 226 lopies in 39 boulbeurte vir Nieu-Seeland.
- Herschelle Gibbs (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Stephen Fleming (NZ) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Slegs 8.1 boulbeurte van Bangladesj se kolfbeurt is gespeel voordat reën ingesak het.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Barry Seebaran (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
- Kanada teken die laagste telling (36) in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[38][39]
- Dit is ook die laagste EDI-telling – in 2003/4 deur Zimbabwe oortref.
- Dit is die grootste oorwinningsmarge volgens aantal oorblywende aflewerings (272 balle) in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[39][30]
- Prabath Nissanka (SL) behaal sy beste EDI-boulsyfer (4/12).[40]
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nicholas Ifill (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
- Brian Lara (WI) word die vinnigste kolwer wat ’n vyftigtal volgens aantal aflewerings (23) in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken – later deur Mark Boucher (RSA) teen Nederland tydens die 2007-toernooi oortref.[42]
- John Davison (Can) word die vinnigste kolwer wat ’n honderdtal volgens aantal aflewerings (67) in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aanteken[43] – later deur Matthew Hayden (Aus) tydens die 2007-toernooi oortref.[44]
- Vasbert Drakes (WI) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Kanada is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Collins Obuya (Ken) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Kenia behaal sy eerste EDI-oorwinning teen Sri Lanka.[45]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ashish Patel (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Abdool Samad (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort as gevolg van reën; Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 230 lopies in 45 boulbeurte vir Suid-Afrika.
- Marvan Atapattu (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Dit is net die tweede krieketwêreldbekerwedstryd wat in ’n gelykop geëindig het.[46]
- Kenia, Nieu-Seeland en Sri Lanka vorder hiermee tot die Super Ses.[47]
- Suid-Afrika en Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.[48]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Chris Gayle (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Vasbert Drakes (WI) neem sy tweede vyf-paaltjie-oes.[22]
Super Ses
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Australië, Indië, Zimbabwe, Sri Lanka, Kenia en Nieu-Seeland het die Super Ses-fase gehaal. Die punte wat oorgedra is, is soos volg bereken: Vier punte vir ’n oorwinning teen ’n ander kwalifiseerder, een vir ’n oorwinning teen ’n niekwalifiseerder, twee vir ’n staking of onbesliste wedstryd teen ’n ander kwalifiseerder, 0.5 vir ’n staking of onbesliste wedstryd teen ’n niekwalifiseerder.
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | LT | Pte | Pte/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | +1.85 | 24 | 12 |
Indië | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | +0.89 | 20 | 8 |
Kenia | 3 | 1 | 2 | 0 | 0 | +0.35 | 14 | 10 |
Sri Lanka | 3 | 1 | 2 | 0 | 0 | −0.84 | 11.5 | 7.5 |
Nieu-Seeland | 3 | 1 | 2 | 0 | 0 | −0.90 | 8 | 4 |
Zimbabwe | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −1.25 | 3.5 | 3.5 |
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ricky Ponting (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sourav Ganguly (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nathan Astle (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mohammad Kaif (Ind) neem die meeste vangste (4) in ’n krieketwêreldbekerkolfbeurt.[49]
- Australië en Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[50]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shane Bond (NZ) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Brett Lee (Aus) neem ook ’n vyf-paaltjie-oes.[22]
- Nieu-Seeland teken sy destyds laagste krieketwêreldbekertelling aan.[51]
t
|
||
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Marvan Atapattu (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.[53]
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[54]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brett Lee (Aus) behaal ’n driekuns – die tweede ná Chaminda Vaas (SL) tydens die 2003-toernooi – en boul Kennedy Otieno, Brijal Patel en David Obuya (almal Ken) in drie agtereenvolgende aflewerings uit.[55]
Halfeindrondte
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | |||||
18 Maart – Port Elizabeth | ||||||
Australië | 212/7 | |||||
Sri Lanka | 123/7 | 23 Maart – Johannesburg | ||||
Australië | 359/2 | |||||
20 Maart – Durban | Indië | 234 | ||||
Indië | 270/4 | |||||
Kenia | 179 |
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die Sri Lankaanse kolfbeurt by 38.1 boulbeurte.
- Ná voortgesette reën is die wedstryd eindelik afgelas en aan Australië toegeken.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sourav Ganguly (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
Eindstryd
wysigt
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Australië teken die hoogste telling deur ’n span in ’n krieketwêreldbekereindwedstryd aan.[11]
- Ricky Ponting (Aus) teken ook die hoogste individuele telling (140) in ’n krieketwêreldbekereindwedstryd aan[11][19] – later deur Adam Gilchrist (Aus) tydens die 2007-eindwedstryd teen Sri Lanka oortref.
- Ricky Ponting teken ook die hoogste telling deur ’n kaptein in ’n krieketwêreldbekereindwedstryd aan.[11]
- Ricky Ponting slaan die meeste sesse (8) in ’n enkele krieketwêreldbekerkolfbeurt[11] – later met Imran Nazir (Pak) en Adam Gilchrist gedeel.
- Sachin Tendulkar (Ind) teken die meeste lopies (673) tydens ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi aan.[56]
- Adam Gilchrist neem die meeste paaltjiewagterstompe (21) in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi.[57]
- Ricky Ponting (Aus) neem die meeste veldwerkervangste (11) in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi.[58]
- Australië wen die Krieketwêreldbeker 2003 sonder ’n verlore wedstryd.[59][60]
Krieketwêreldkampioen 2003 |
---|
Australië |
Statistiek
wysigFinale puntestand
wysigHierdie tabel toon die finale puntestand van al 14 deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 2003.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Onb | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | A | 11 | 11 | 0 | 0 | 2641 | 1836 | +805 | 44 | |
2 | Indië | A | 11 | 9 | 0 | 2 | 2593 | 2025 | +568 | 36 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Sri Lanka | B | 10 | 5 | 1 | 4 | 1799 | 2051 | +252 | 21.5 | |
4 | Kenia | B | 10 | 5 | 0 | 5 | 1582 | 1734 | –152 | 20 | |
In die Super Ses uitgeskakel | |||||||||||
5 | Nieu-Seeland | B | 9 | 5 | 0 | 4 | 1602 | 1803 | –201 | 20 | |
6 | Zimbabwe | A | 9 | 3 | 1 | 5 | 1626 | 1526 | +100 | 17.5 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
7 | Suid-Afrika | B | 6 | 3 | 1 | 2 | 1315 | 1159 | +156 | +1.73 | 14 |
8 | Wes-Indië | B | 6 | 3 | 1 | 2 | 1417 | 1082 | +335 | +1.10 | 14 |
9 | Engeland | A | 6 | 3 | 0 | 3 | 1034 | 951 | +83 | +0.82 | 12 |
10 | Pakistan | A | 6 | 2 | 1 | 3 | 1216 | 1072 | +144 | +0.23 | 10 |
11 | Nederland | A | 6 | 1 | 0 | 5 | 1072 | 1322 | –250 | −1.45 | 4 |
12 | Kanada | B | 6 | 1 | 0 | 5 | 947 | 1012 | –65 | −1.99 | 4 |
13 | Bangladesj | B | 6 | 0 | 1 | 5 | 767 | 1075 | –308 | −2.05 | 2 |
14 | Namibië | A | 6 | 0 | 0 | 6 | 830 | 1793 | –963 | −2.96 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
wysigMeeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / ICC World Cup, 2002/03 / Most runs". ESPNcricinfo. 23 Maart 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records / ICC World Cup, 2002/03 / Most wickets". ESPNcricinfo. 23 Maart 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "The 2003 World Cup in South Africa – Superb Australia leave others trailing". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Wisden – South Africa v Sri Lanka". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Rain pushes S Africa out of World Cup". Rediff. 4 Maart 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 6,0 6,1 (en) Engel, Matthew, red. (13 Februarie 2003). "Pool A – 2003 World Cup – England v Zimbabwe". Wisden Cricketers' Almanack 2004. Wisden Cricketers' Almanack. Londen: John Wisden & Co. ISBN 978-0-947766-83-2. Besoek op 14 April 2023.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|chapterurl=
geïgnoreer (hulp) - ↑ (en) Martin Gough (23 Maart 2007). "What happened to Kenya?". BBC. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Martin Williamson (14 Februarie 2015). "Warne's world cup disgrace". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 9,0 9,1 (en) Martin Williamson (26 Februarie 2007). "Zimbabwe's black armband protest". ESPNscrum. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Statement of Andy Flower and Henry Olonga". ESPNcricinfo. 27 April 2007. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 (en) Anand Vasu (14 Mei 2020). "Australia rout India to win third World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 12,0 12,1 (en) "Fastest delivery of a cricket ball (male)". Guinness World Records. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Uzair Hasan Rizvi (11 April 2015). "Shoaib Akhtar – the legend, the sensation, the enigma". The Express Tribune. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Sardar Muhammad Rowais (1 Oktober 2016). "10 Most feared fast bowlers in Cricket history". Purbat. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Alex Gibbons (9 Januarie 2005). "The ten greatest sporting all-rounders". The Guardian. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Bloomberg (19 Oktober 2001). "Kenya to stage two matches in 2003 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "ICC explains procedure for replacing injured players at ICC Cricket World Cup 2003". ESPNcricinfo. 16 Desember 2002. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "ICC confirms Umpires and Referees for ICC Cricket World Cup 2003". ESPNcricinfo. 11 Desember 2002. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 19,00 19,01 19,02 19,03 19,04 19,05 19,06 19,07 19,08 19,09 19,10 19,11 19,12 19,13 19,14 19,15 19,16 19,17 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Sean Ingle (11 Februarie 2003). "England snub Zimbabwe". The Guardian. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Samanth Subramanian (15 Februarie 2003). "Australia romp home by nine wickets at Centurion". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 22,00 22,01 22,02 22,03 22,04 22,05 22,06 22,07 22,08 22,09 22,10 22,11 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Records / Namibia / One-Day Internationals / Best bowling figures in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Keith Lane (20 Februarie 2003). "Potchefstroom ground staff help Australia to four points". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Stephen Lamb (26 Februarie 2003). "Clinical bowling carries India towards Super Sixes". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Records / World Cup / Best bowling figures in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Best bowling figures in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Highest Victory Margins". Rediff. 27 Februarie 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) S Rajesh en HR Gopalakrishna (16 Maart 2007). "Gibbs sets records galore". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 30,0 30,1 (en) "World Cup / Records / Largest victories". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Most dismissals in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Ralph Dellor (3 Maart 2003). "Dutch prove to be too strong for brave Namibia". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 33,0 33,1 (en) Agha Akbar (4 Maart 2003). "Rain seals Pakistan's exit". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Samanth Subramanian (12 Februarie 2003). "Canada overwhelm Bangladesh in Durban upset". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Highest partnerships by wicket". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Nishad Pai Vaidya (30 Junie 2014). "Chaminda Vaas takes hat-trick off the first three deliveries in an ODI". Cricket Country. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Bangladesh v Sri Lanka". ESPNcricinfo. 15 April 2004. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Lowest totals". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 39,0 39,1 (en) Mohandas Menon (19 Februarie 2003). "Statistical highlights: Sri Lanka v/s Canada". Rediff. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (19 Februarie 2003). "Sri Lanka boost NRR with crushing victory". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "New Zealand refuse to play in Kenya". The Guardian. 31 Januarie 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Batting Records / Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Sriram Veera (14 Januarie 2011). "Davison on the rampage". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Batting Records / Fastest Hundreds". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "Kenya stun Sri Lanka with electric fielding display". ESPNcricinfo. 24 Februarie 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Smallest Victories". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (3 Maart 2003). "Joy for Sri Lanka, despair for South Africa". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "South Africa eliminated from World Cup". The Guardian. 3 Maart 2003. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Most catches in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (10 Maart 2003). "India cruise into semi-finals against abject Sri Lanka". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Lynn McConnell (12 Maart 2003). "Lee's bowling blitz scuppers New Zealand for record Cup low". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ 52,0 52,1 (en) Stephen Lamb (5 Maart 2003). "Fantastic Kenya through after Zimbabwe wilt". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (15 Maart 2003). "Sri Lanka book themselves semi-final date with Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Lynn McConnell (14 Maart 2003). "India's seventh win in a row achieved with ease over NZ". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Indra Vikram Singh (15 Mei 2019). "SK Flashback: Brett Lee's hat-trick, Karim's bag of tricks in the 2003 World Cup Super-Six". Sportskeeda. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Most runs in a series". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Most dismissals in a series". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup / Records / Most catches in a series". ESPNcricinfo. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) Martin Gough (23 Maart 2003). "Cracks show in World Cup". BBC. Besoek op 14 April 2023.
- ↑ (en) "The Aussie who walked". ESPNcricinfo. 13 Februarie 2011. Besoek op 14 April 2023.
Verdere leesstof
wysig- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Boria Majumdar (2004). Cricketing Cultures in Conflict: World Cup 2003. Psychology Press. ISBN 978-0-7146-8407-9.
- (en) K. R. Wadhwaney (2003). Scandals, Controversies & World Cup-2003. Diamond Pocket Books (P) Ltd. ISBN 978-81-288-0366-6.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 2003. |
- (en) Australia rout India to retain World Cup
- (en) ICC World Cup 2002/03
- (en) The 2003 World Cup
- (en) ICC World Cup 2003 – Fixtures and Results
- (en) Cricket World Cup 2003 op IMDb