T20I-wêreldbeker 2007
Die T20I-wêreldbeker 2007 (Engels: 2007 ICC Men's T20 World Cup) is van 11 tot 24 September 2007 in Suid-Afrika beslis. Dit was die eerste T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2007 (2007 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Ná die Krieketwêreldbeker 2007 in Maart en April in Wes-Indië was dit die tweede groot kriekettoernooi in 2007. Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede groot kriekettoernooi in Suid-Afrika; dié land sou twee jaar later ook die Kampioenetrofee 2009 aanbied, waarmee Suid-Afrika die eerste land geword het wat al drie vername kriekettoernooie gehuisves het.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2007 | |
Datums | 11 September – 24 September |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Agt en uitklopfase |
Gashere | Suid-Afrika |
Kampioen | Indië (1ste titel) |
Naaswenner | Pakistan |
Deelnemers | 12 (16 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Speler van die reeks | Shahid Afridi |
Meeste lopies | Matthew Hayden (265)[1] |
Meeste paaltjies | Umar Gul (13)[2] |
← Geen 2009 → |
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007-wenners (Kenia en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2007 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Indië het Australië geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indië het Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg met vyf lopies verslaan en sodoende die eerste T20I-wêreldkampioen geword.[4] Saam met hul oorwinnings tydens die Krieketwêreldbeker 1983 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.
Toewysing
wysigDie Internasionale Krieketraad het Suid-Afrika as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2007 aangewys. Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.
Deelnemers
wysigDie volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (gasheer), Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Kenia en Skotland het as wenners van die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007 vir dié toernooi gekwalifiseer.[5]
Span | Kwalifiseringmetode | Vorige beste prestasie |
---|---|---|
Suid-Afrika | Gasheer | Debuut |
Australië | Volle lede | Debuut |
Bangladesj | Debuut | |
Engeland | Debuut | |
Indië | Debuut | |
Nieu-Seeland | Debuut | |
Pakistan | Debuut | |
Sri Lanka | Debuut | |
Wes-Indië | Debuut | |
Zimbabwe | Debuut | |
Kenia | Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007 | Debuut |
Skotland | Debuut |
Stadions
wysigDie eerste T20I-wêreldbeker is op drie Suid-Afrikaanse stadions beslis. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2007 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Kaapstad | Durban | Johannesburg |
---|---|---|
Nuweland | Kingsmead | Wanderers |
33°58′25.32″S 18°28′8.16″O / 33.9737000°S 18.4689333°O | 29°51′0.21″S 31°1′40.13″O / 29.8500583°S 31.0278139°O | 26°7′52.17″S 28°3′26.69″O / 26.1311583°S 28.0574139°O |
Kapasiteit: 22 000 | Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 34 000 |
Formaat
wysigDie T20I-wêreldbeker 2007 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 11 September 2007 op Wanderers in Johannesburg met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 24 September met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
wysigGroep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:
- Groep A: Johannesburg en Kaapstad
- Groep B: Kaapstad
- Groep C: Durban en Johannesburg
- Groep D: Durban
Eerste rondte en Super Agt
wysigDie T20I-wêreldbeker 2007 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n uitboul beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[6] ’n Uitboul is ingespan vir die beslissing van een wedstryd, naamlik die tussen Indië en Pakistan in Groep D op 14 September.
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[7]
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n uitboul bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
wysig’n Paneel van nege skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[8]
Skeidsregters
wysig
|
Wedstrydbeamptes
wysigWedstryde
wysigKwalifiseer vir die Super Agt. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is bepaal volgens die IKR se T20I-ranglys soos op 1 Maart 2007.
Eerste rondte
wysigTwaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +0.974 |
Bangladesj | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.149 |
Wes-Indië | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −1.233 |
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Vernon Philander en Morné Morkel (albei RSA), asook Ramnaresh Sarwan en Fidel Edwards (albei WI) het hul T20I-debuut gemaak.
- Chris Gayle (WI) teken die eerste amptelike T20I-honderdtal en die eerste T20I-wêreldbekerhonderdtal aan.[9][10] Hy moker ook die destyds meeste sesse in ’n T20I-beurt (tien).[11][12]
- Sy honderdtal is ook die destyds vinnigste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd in slegs 50 aflewerings[12] – later oortref deur homself in slegs 47 aflewerings tydens die 2016-toernooi.[13]
- Die Wes-Indiese vennootskap om die eerste paaltjie met 145 lopies tussen Chris Gayle en Devon Smith is die destyds hoogste in T20I-krieket[12] – later oortref deur Graeme Smith en Loots Bosman vir Suid-Afrika teen Engeland in 2009.[14]
- Dit is Wes-Indië se destyds hoogste T20I-wêreldbekertelling[12] – later geëwenaar teen Australië tydens die 2012-toernooi en oortref teen Afghanistan tydens die 2024-toernooi.[15]
- Met 28 breek Wes-Indië sy eie rekord van afgestane ekstras in ’n T20I-wedstryd (vier loslopies, 23 wydlopers en een geenbal).[12]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mohammad Ashraful (Ban) teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal aan (in 20 aflewerings) – later oortref deur Yuvraj Singh tydens dieselfde toernooi (in twaalf aflewerings).[16]
- Suid-Afrika en Bangladesj vorder hiermee tot die Super Agt.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- JP Duminy (RSA) het sy T20I-debuut gemaak.
Groep B
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.987 |
Engeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +0.209 |
Zimbabwe | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | −1.196 |
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Tatenda Taibu, Vusi Sibanda en Tawanda Mupariwa (almal Zim), asook Brad Hodge en Mitchell Johnson (albei Aus) het hul T20I-debuut gemaak.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Luke Wright, Darren Maddy en Chris Schofield (almal Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
- Dit is Engeland se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Afghanistan tydens die 2012-toernooi.[17]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- James Kirtley (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
- Australië en Engeland vorder hiermee tot die Super Agt.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep C
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +4.721 |
Nieu-Seeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +2.396 |
Kenia | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −8.047 |
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nehemiah Odhiambo en Maurice Ouma (albei Ken), asook Chris Martin en Daniel Vettori (albei NZ) het hul T20I-debuut gemaak.
- Kenia teken die destyds laagste T20I-telling aan[18] – later oortref deur hulleself teen Ierland in 2008.[19]
- Dit is Nieu-Seeland se destyds grootste T20I-oorwinning volgens aantal oorblywende aflewerings – later oortref teen Uganda tydens die 2014-toernooi.[20]
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Jehan Mubarak en Gayan Wijekoon (albei SL) het hul T20I-debuut gemaak.
- Dit is Sri Lanka se hoogste T20I-telling ooit en die hoogste destydse T20I-telling deur enige span[21] – later oortref deur Australië teen Sri Lanka self in 2016.[22]
- Dit is Sri Lanka se grootste T20I-oorwinning ooit volgens aantal lopies.[23]
- Sri Lanka en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die Super Agt.
- Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Groep D
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 2 | 1 | 0 | 1 | 3 | +0.000 |
Pakistan | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.275 |
Skotland | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | −2.550 |
t
|
||
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Skotland se eerste T20I-wedstryd.
- Fraser Watts, Ryan Watson, Navdeep Poonia, Gavin Hamilton, Neil McCallum, Dougie Brown, Colin Smith, Majid Haq, Craig Wright, John Blain en Dewald Nel (almal Sco) het hul T20I-debuut gemaak.
t
|
||
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Gautam Gambhir, R. P. Singh, Robin Uthappa en Yuvraj Singh (almal Ind) het hul T20I-debuut gemaak.
- Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
- Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
- Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sohail Tanvir (Pak) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat gelykop geëindig het.[24]
- Dit is ook die eerste – en laaste – T20I-wêreldbekerwedstryd wat deur ’n uitboul beslis is.
- Indië vorder hiermee tot die Super Agt.
Super Agt
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep E
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.750 |
Nieu-Seeland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.050 |
Suid-Afrika | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.116 |
Engeland | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −0.700 |
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Jeremy Snape (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
- Dit is Engeland se destyds ergste T20I-wêreldbekernederlaag volgens aantal lopies – later oortref teen Indië tydens die 2012-toernooi.[17]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nathan McCullum (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Rohit Sharma, Joginder Sharma (albei Ind) en Chris Tremlett (Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
- Yuvraj Singh (Ind) teken die vinnigste T20I-vyftigtal aan (in twaalf aflewerings) en oortref daarmee Mohammed Ashraful se vorige rekord tydens dieselfde toernooi (in 20 aflewerings)[16] en hy word ook die vierde krieketspeler in al die amptelike krieket en die eerste in T20I wat ses sesse in een boulbeurt moker. Stuart Broad was die bouler.[25]
- Dit was die hoogste telling teen ’n toetsland tydens die toernooi.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Indië se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Engeland tydens die 2012-toernooi.[17]
- Suid-Afrika moes 126 lopies aanteken om vir die halfeindrondte te kwalifiseer.
- Nadat drie spanne op gelyke punte eindig vorder Nieu-Seeland en Indië met ’n beter lopietempo tot die halfeindrondte.
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep F
wysigSpan | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.843 |
Australië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +2.256 |
Sri Lanka | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.697 |
Bangladesj | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.031 |
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Brett Lee (Aus) word die eerste bouler wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem, toe hy Shakib Al Hasan, Mashrafe Mortaza en Alok Kapali (almal Ban) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[26][27]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bangladesj teken die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Engeland teen Indië tydens die 2012-toernooi.[28]
- Dit is ook Bangladesj se destyds laagste T20I-wêreldbekertelling – later oortref teen Nieu-Seeland tydens die 2016-toernooi.[28]
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste suksesvolle lopiejag met al die tien paaltjies in hande tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi en die hoogste wenuitslag volgens aantal paaltjies.[29]
- Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Junaid Siddique (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.
Uitklopfase
wysigDie uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg ontmoet het.
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
22 September – Kaapstad | ||||||
Nieu-Seeland | 143/8 | |||||
Pakistan | 147/4 | 24 September – Johannesburg | ||||
Pakistan | 152 | |||||
22 September – Durban | Indië | 157/5 | ||||
Indië | 188/5 | |||||
Australië | 173/7 |
Halfeindrondte
wysigt
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Eindstryd
wysigt
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Yusuf Pathan (Ind) het sy T20I-debuut gemaak.
T20I-wêreldkampioen 2007 |
---|
Indië |
Statistiek
wysigFinale puntestand
wysigHierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2007.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Indië | D/E | 7 | 5 | 1 | 1 | 1037 | 972 | +65 | 11 | — |
2 | Pakistan | D/F | 7 | 5 | 0 | 2 | 1106 | 1021 | +85 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Australië | B/F | 6 | 3 | 0 | 3 | 837 | 851 | –14 | 6 | — |
4 | Nieu-Seeland | C/E | 6 | 3 | 0 | 3 | 888 | 885 | +3 | 6 | — |
In die Super Agt uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | A/E | 5 | 4 | 0 | 1 | 782 | 790 | –8 | 8 | — |
6 | Sri Lanka | C/F | 5 | 3 | 0 | 2 | 832 | 626 | +206 | 6 | — |
7 | Engeland | B/E | 5 | 1 | 0 | 4 | 817 | 810 | +7 | 2 | — |
8 | Bangladesj | A/F | 5 | 1 | 0 | 4 | 655 | 722 | –67 | 2 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
9 | Zimbabwe | B | 2 | 1 | 0 | 1 | 277 | 326 | –49 | 2 | −1.196 |
10 | Skotland | D | 2 | 0 | 1 | 1 | 120 | 171 | –51 | 1 | −2.550 |
11 | Wes-Indië | A | 2 | 0 | 0 | 2 | 369 | 373 | –4 | 0 | −1.233 |
12 | Kenia | C | 2 | 0 | 0 | 2 | 161 | 334 | –173 | 0 | −8.047 |
Meeste lopies en paaltjies
wysigMeeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records in ICC World Twenty20, 2007 to 08 – Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records in ICC World Twenty20, 2007 to 08 – Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "World T20 to be called T20 World Cup from 2020 edition: ICC". The Times of India. 23 November 2018. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Paresh Soni (24 September 2007). "ICC World Twenty20 2007". BBC. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Martin Williamson (30 Januarie 2007). "A long way from home". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Playing conditions". T20I-wêreldbeker. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2008. Besoek op 20 Julie 2008.
- ↑ (en) "Final WorldTwenty20 Playing conditions" (PDF). T20I-wêreldbeker. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 September 2008. Besoek op 11 September 2008.
- ↑ (en) "Twenty20 World Championship officials named". ESPNcricinfo. 26 Julie 2007. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records in ICC Men's T20 World Cup – High Scores". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Dileep Premachandran (11 September 2007). "Gibbs sees South Africa home after Gayle fireworks". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for T20 Matches – Most sixes in an innings". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 (en) HR Gopalakrishna en Mathew Varghese (12 September 2007). "Gayle and Gibbs run riot". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Records for T20I Matches – Fastest Hundreds". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Highest partnership for the first wicket in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Highest totals For ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 16,0 16,1 (en) "Records for T20I Matches – Fastest Fifties". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 17,0 17,1 17,2 (en) "Largest margins by Innings, runs & wickets for ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Dileep Premachandran (12 September 2007). "New Zealand decimate Kenya by nine wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Lowest innings totals in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Largest margins by New Zealand in T20Is by Innings, runs & wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Highest totals by Sri Lanka in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Highest innings totals in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Largest margin of victory (by runs) in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Smallest victories For ICC Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "Match referee checked my bat: Yuvraj Singh reveals how questions were raised after his six sixes off Stuart Broad". Hindustan Times. 20 April 2020. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) "T20 World Cup – Hat-tricks in T20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ (en) Sriram Veera (16 September 2007). "Hayden and Lee power Australian win". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
- ↑ 28,0 28,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; no text was provided for refs namedLowest
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker 2007. |