T20I-wêreldbeker
Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.
T20I-wêreldbeker | |
T20I-wêreldbeker 2026 | |
Die trofee waarom meegeding word
| |
Sportsoort | T20I-krieket |
---|---|
Gestig | 2007 |
Eienaar | Internasionale Krieketraad |
Inwydingseisoen | T20I-wêreldbeker 2007 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 20[1] |
Mees onlangse kampioen | Indië (2024) |
Verwante kompetisies | Kampioenetrofee, Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap |
Tot op hede is nege toernooie beslis en slegs Engeland, Indië Wes-Indië kon dié toernooi twee keer wen. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op die Londense Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd op R. Premadasa-stadion in Colombo verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm het.[2] Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland op Eden Gardens in Kolkata verslaan en sodoende die eerste span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is beklink deur Australië, nadat hulle Nieu-Seeland op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai verslaan het. Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië het Engeland Pakistan op die Melbourne-krieketveld in Melbourne geklop en sodoende sy tweede T20I-titel ingepalm. Indië is die huidige T20I-kampioen, nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2024-eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal hul tweede T20I-titel ingepalm het deur Suid-Afrika, wat in sy eerste krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans verskyn het, te verslaan.
In die nege kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Engeland, Indië en Wes-Indië het al ’n rekord van twee keer gewen. Australië, Pakistan en Sri Lanka het elk een titel ingepalm. Daarbenewens het Bangladesj, Nieu-Seeland en Suid-Afrika aan al die T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie, hoewel Nieu-Seeland reeds in die 2021- en Suid-Afrika in die 2024-eindstryd verskyn het. Daarmee is elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig en elke vasteland het ook minstens een T20I-wêreldbekertoernooi gehuisves.
Uitslae
wysigJaar | Gasheerland(e) | Eindstrydplek | Eindstryd | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Wenner | Uitslag | Naaswenner | Deelnemende lande | ||||
2007 Oorsig |
Suid-Afrika | Wanderersstadion, Johannesburg, Suid-Afrika |
Indië 157/5 (20 boulbeurte) |
Indië wen met vyf lopies Telkaart |
Pakistan 152 almal uit (19.4 boulbeurte) |
12 | |
2009 Oorsig |
Engeland | Lord’s, Londen, Verenigde Koninkryk |
Pakistan 139/2 (18.4 boulbeurte) |
Pakistan wen met agt paaltjies Telkaart |
Sri Lanka 138/6 (20 boulbeurte) |
12 | |
2010 Oorsig |
Wes-Indië | Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados |
Engeland 148/3 (17 boulbeurte) |
Engeland wen met sewe paaltjies Telkaart |
Australië 147/6 (20 boulbeurte) |
12 | |
2012 Oorsig |
Sri Lanka | R. Premadasa-stadion, Colombo, Sri Lanka |
Wes-Indië 137/6 (20 boulbeurte) |
Wes-Indië wen met 36 lopies Telkaart |
Sri Lanka 101 almal uit (18.4 boulbeurte) |
12 | |
2014 Oorsig |
Bangladesj | Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka, Bangladesj |
Sri Lanka 134/4 (17.5 boulbeurte) |
Sri Lanka wen met ses paaltjies Telkaart |
Indië 130/4 (20 boulbeurte) |
16 | |
2016 Oorsig |
Indië | Eden Gardens, Kolkata, Indië |
Wes-Indië 161/6 (19.4 boulbeurte) |
Wes-Indië wen met vier paaltjies Telkaart |
Engeland 155/9 (20 boulbeurte) |
16 | |
2021 Oorsig |
Oman Verenigde Arabiese Emirate |
Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai, Verenigde Arabiese Emirate |
Australië 173/2 (18.5 boulbeurte) |
Australië wen met agt paaltjies Telkaart |
Nieu-Seeland 172/4 (20 boulbeurte) |
16 | |
2022 Oorsig |
Australië | Melbourne-krieketveld, Melbourne, Australië |
Engeland 138/5 (19 boulbeurte) |
Engeland wen met vyf paaltjies Telkaart |
Pakistan 137/8 (20 boulbeurte) |
16 | |
2024 Oorsig |
Verenigde State Wes-Indië |
Kensington-ovaal, Bridgetown, Barbados |
Indië 176/7 (20 boulbeurte) |
Indië wen met sewe lopies Telkaart |
Suid-Afrika 169/8 (20 boulbeurte) |
20 | |
2026 Oorsig |
Indië Sri Lanka |
20 | |||||
2028 Oorsig |
Australië Nieu-Seeland |
20 | |||||
2030 Oorsig |
Engeland Ierland Skotland |
20 |
Statistiek
wysigEerste rondte (ER), Gekwalifiseer (G) |
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12) |
Halfeindrondte (HE) |
Naaswenner (2) |
Wenner (1) |
nie 'n lid van die IKR nie |
Span | T20I 2007 | T20I 2009 | T20I 2010 | T20I 2012 | T20I 2014 | T20I 2016 | T20I 2021 | T20I 2022 | T20I 2024 | T20I 2026 | T20I 2028 | T20I 2030 | Deelnames |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Afghanistan | ER | ER | ER | S10 | S12 | S12 | HE | G | 7 | ||||
Australië | HE | ER | 2 | HE | S10 | S10 | 1 | S12 | S8 | G | G | 9 | |
Bangladesj | S8 | ER | ER | ER | S10 | S10 | S12 | S12 | S8 | G | 9 | ||
Engeland | S8 | S8 | 1 | S8 | S10 | 2 | HE | 1 | HE | G | G | 9 | |
Hongkong | ER | ER | 2 | ||||||||||
Ierland | S8 | ER | ER | ER | ER | ER | S12 | ER | G | G | 8 | ||
Indië | 1 | S8 | S8 | S8 | 2 | HE | S12 | HE | 1 | G | 9 | ||
Kanada | ER | 1 | |||||||||||
Kenia | ER | 1 | |||||||||||
Namibië | S12 | ER | ER | 3 | |||||||||
Nederland | ER | S10 | ER | ER | S12 | ER | 6 | ||||||
Nepal | ER | ER | 2 | ||||||||||
Nieu-Seeland | HE | S8 | S8 | S8 | S10 | HE | 2 | HE | ER | G | G | 9 | |
Oman | ER | ER | ER | 3 | |||||||||
Pakistan | 2 | 1 | HE | HE | S10 | S10 | HE | 2 | ER | G | 9 | ||
Papoea-Nieu-Guinee | ER | ER | 2 | ||||||||||
Skotland | ER | ER | ER | S12 | ER | ER | G | 6 | |||||
Sri Lanka | S8 | 2 | HE | 2 | 1 | S10 | S12 | S12 | ER | G | 9 | ||
Suid-Afrika | S8 | HE | S8 | S8 | HE | S10 | S12 | S12 | 2 | G | 9 | ||
Uganda | ER | 1 | |||||||||||
Verenigde Arabiese Emirate | ER | ER | 2 | ||||||||||
Verenigde State | S8 | G | 1 | ||||||||||
Wes-Indië | ER | HE | S8 | 1 | HE | 1 | S12 | ER | S8 | G | 9 | ||
Zimbabwe | ER | ER | ER | ER | ER | S12 | 6 | ||||||
Deelnemers | 12 | 12 | 12 | 12 | 16 | 16 | 16 | 16 | 20 | 20 | 20 | 20 |
Eerste deelnames
wysigJaar | Spanne |
---|---|
2007 | Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Kenia, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe |
2009 | Ierland en Nederland |
2010 | Afghanistan |
2012 | geen |
2014 | Hongkong, Nepal en Verenigde Arabiese Emirate |
2016 | Oman |
2021 | Namibië, Papoea-Nieu-Guinee |
2022 | geen |
2024 | Kanada, Uganda, Verenigde State |
2026 | N.v.t. |
2028 | N.v.t. |
2030 | N.v.t. |
Sien ook
wysig- Kampioenetrofee, vir EDI-krieket
- Krieketwêreldbeker, vir EDI-krieket
- o/19-krieketwêreldbeker, vir juniorspelers
- Wêreldtoetskampioenskap, vir toetskrieket
Verwysings
wysig- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 1 Julie 2024.
- ↑ (en) "Samuels special the spur for epic West Indies win". Wisden India. 7 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2012. Besoek op 10 Desember 2012.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met T20I-wêreldbeker. |