Die Kampioenetrofee (Engels: ICC Champions Trophy) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketkampioen te bepaal. Dié toernooi is die derde belangrikste en derde bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en die T20I-wêreldbeker in T20Is en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

Kampioenetrofee
Kampioenetrofee 2025
Sportsoort EDI-krieket
Gestig 1998
Eienaar Internasionale Krieketraad
Inwydingseisoen Kampioenetrofee 1998
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 13 (alle toernooie)
8 (vanaf 2024)[1]
Mees onlangse kampioen Vlag van Pakistan Pakistan (2017)
Verwante kompetisies Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap

Tot op hede is agt toernooie beslis met Australië en Indië wat dié toernooi twee keer gewen het. Die eerste Kampioenetrofee 1998 in Bangladesj is deur Suid-Afrika gewen, nadat hulle Wes-Indië in die eindstryd op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka verslaan het. Die Kampioenetrofee 2000 in Kenia is deur Nieu-Seeland gewen wat Indië in die eindstryd op die Gymkhana Klubveld in Nairobi geklop het. Tydens die Kampioenetrofee 2002 in Sri Lanka het die gasheer die titel met Indië gedeel, nadat die eindstryd twee keer uitgereën het. Tydens die Kampioenetrofee 2004 in Engeland het Wes-Indië met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan het.

Die Kampioenetrofee 2006 in Indië is deur Australië gewen, nadat hulle die verdedigende kampioen Wes-Indië verslaan het. Die Kampioenetrofee 2009 in Suid-Afrika is deur die verdedigende kampioen Australië gewen, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om hul titel suksesvol te verdedig. Die Kampioenetrofee 2013 in Engeland en Wallis is deur Indië gewen, nadat hulle die gasheer verslaan en sodoende die tweede span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Pakistan is die huidige kampioen, nadat hulle in die Kampioenetrofee 2017 se eindstryd hul aartsvyand Indië verslaan en hul eerste Kampioenetrofeetitel ingepalm het.

Uitslae

wysig
Jaar Gasheerland(e) Eindstrydplek Eindstryd
Wenner Uitslag Naaswenner Deelnemende lande
1998
Oorsig
  Bangladesj Bangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka,
Bangladesj
  Suid-Afrika
248/6 (47 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met vier paaltjies
Telkaart
  Wes-Indië
245 almal uit (49.3 boulbeurte)
9
2000
Oorsig
  Kenia Gymkhana Klubveld, Nairobi,
Kenia
  Nieu-Seeland
265/6 (49.4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies
Telkaart
  Indië
264/6 (50 boulbeurte)
11
2002
Oorsig
  Sri Lanka R. Premadasa Stadium, Colombo,
Sri Lanka
  Sri Lanka
244/5 (50 boulbeurte) & 222/7 (50 boulbeurte)
  Indië
14/0 (2 boulbeurte) & 38/1 (8.4 boulbeurte)
Indië en Sri Lanka is as medekampioene verklaar
Telkaart & Telkaart
Geen/Medekampioene 12
2004
Oorsig
  Engeland The Oval, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Wes-Indië
218/8 (48.5 boulbeurte)
Wes-Indië wen met twee paaltjies
Telkaart
  Engeland
217 almal uit (49.4 boulbeurte)
12
2006
Oorsig
  Indië Brabourne-stadion, Mumbai,
Indië
  Australië
116/2 (28.1 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies (D/L-metode)
Telkaart
  Wes-Indië
138 almal uit (30.4 boulbeurte)
10
2009
Oorsig
  Suid-Afrika SuperSport-park, Centurion,
Suid-Afrika
  Australië
206/4 (45.2 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies
Telkaart
  Nieu-Seeland
200/9 (50 boulbeurte)
8
2013
Oorsig
  Engeland
  Wallis
Edgbaston-krieketveld, Birmingham,
Verenigde Koninkryk
  Indië
129/7 (20 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Telkaart
  Engeland
124/8 (20 boulbeurte)
8
2017
Oorsig
  Engeland
  Wallis
The Oval, Londen,
Verenigde Koninkryk
  Pakistan
338/4 (50 boulbeurte)
Pakistan wen met 180 lopies
Telkaart
  Indië
158 almal uit (30.3 boulbeurte)
8
2025
Oorsig
  Pakistan 8
2029
Oorsig
  Indië 8

Statistiek

wysig
Verklaring
1ste Wenner
2de Naaswenner
3de/4de Semifinaliste
K Kwalifiseer vir volgende toernooi
Span  
1998
 
2000
 
2002
 
2004
 
2006
 
2009
  
2013
  
2017
 
2025
 
2029
Deelnames
  Australië 8ste 5de 4de 3de 1ste 1ste 7de 7de 8
  Bangladesj 9de 11de 11de 9de 4de 5
  Engeland 5de 7de 6de 2de 7de 4de 2de 3de 8
  Indië 3de 2de 1ste* 7de 5de 5de 1ste 2de K 8
  Kenia 10de 10de 10de 3
  Nederland 12de 1
  Nieu-Seeland 7de 1ste 8ste 5de 3de 2de 5de 8ste 8
  Pakistan 6de 3de 5de 4de 8ste 3de 8ste 1ste K 8
  Suid-Afrika 1ste 4de 3de 6de 4de 7de 4de 5de 8
  Sri Lanka 4de 6de 1ste* 8ste 6de 6de 3de 6de 8
  Verenigde State 12de 1
  Wes-Indië 2de 11de 7de 1ste 2de 8ste 6de 7
  Zimbabwe 9de 8ste 9de 9de 10de 5

Eerste deelnames

wysig
Jaar Spanne
1998   Australië,   Engeland,   Indië,   Nieu-Seeland,   Pakistan,   Sri Lanka,   Suid-Afrika,   Wes-Indië en   Zimbabwe
2000   Bangladesj en   Kenia
2002   Nederland
2004   Verenigde State
2006 geen
2009 geen
2013 geen
2017 geen
2025 N.v.t.
2029 N.v.t.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.

Eksterne skakels

wysig


Kampioenetrofee  

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029