Maak hoofkeuseskerm oop

Pakistanse nasionale krieketspan

Die Pakistanse nasionale krieketspan, met die byname Shaheens (letterlik: "valke"),[1][2] Green Shirts,[3] Men in Green[4][5] en Cornered Tigers,[6] is die nasionale krieketspan van Pakistan. Krieket in Pakistan word geadministreer en beheer deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) en die land is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Die span neem deel aan Toetse, EDI en Twintig20 internasionale krieketwedstryde. Tans beklee Pakistan die sewende posisie op die IKR-ranglys vir toetskrieket, en die sesde en eerste posisies vir EDI's en T20's onderskeidelik.[7][8][9]

Pakistan
Vlag van Pakistan
Toetskrieketland sedert 1952
Eerste Toets teen Indië te Feroz Shah Kotla-veld, Delhi, 16–18 Oktober 1952
Kaptein in Toetse Sarfraz Ahmed
Kaptein in EDIs Sarfraz Ahmed
Kaptein in Twintig20 Sarfraz Ahmed
Afrigter Mickey Arthur
Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys 7de (Toetse)
6de (EDIs)
1ste (T20Is)
Totale toetse
 - Afgelope jaar
423
2
Laaste  Toets teen Suid-Afrika, Wanderersstadion, 11-14 Januarie 2019
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
136/128
0/2
Soos op 15 Julie 2019

ToetskrieketWysig

Pakistan het reeds 423 toetse gespeel, 136 gewen, 128 verloor en 159 keer gelykop. Die span het die derde beste wen-verloor-verhouding in toetskrieket van 1.06 en die vyfde beste algehele wenpersentasie van 32,15%.[10] Pakistan ontvang toetsstatus op 28 Julie 1952 na 'n aanbeveling deur Indië, en maak sy buiging teen Indië op Feroz Shah Kotla-stadion, Delhi, in Oktober 1952 met Indië wat wen met 'n beurt en 70 lopies.[11] Gedurende die 1940's het 'n paar Pakistani-spelers ook toetskrieket vir die Indiese krieketspan gespeel voor die totstandkoming van die staat Pakistan in 1947.

Internasionale eendagwedstryde en Twintig20 wedstrydeWysig

Pakistan het 823 EDIs gespeel, 438 gewen, 360 verloor, 8 eindig gelykop en 17 met geen uitslag.[12] Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1992-kampioene, asook naaswenners in die 1999-toernooi en die huidige Asiatiese kampioene. Pakistan, in samewerking met ander lande in Suid-Asië, het as gasheer vir die 1987- en 1996-toernooie opgetree, met die 1996-eindstryd gehou in die Gaddafistadion in Lahore. Die span het ook in 81 Twintig20 internasionale wedstryde gespeel, die meeste van enige span. Hulle wen 49, verloor 30 en deel 2.[13] Pakistan het die 2009 ICC Wêreldbeker Twintig20 gewen en was die naaswenners in die eerste toernooi in 2007. Hulle was die algehele wenners van die Asiatiese Toetskampioenskap van 1999.

RekordsWysig

WêreldbekerrekordWysig

 
Die Pakistanse aanvangskolwer Yasir Hameed voor die penne teen Australië op Lord’s in Engeland
 
Shahid Afridi kolf teen Sri Lanka tydens die IKR Wêreld Twintig20-eindstryd op Lord’s in Engeland
Jaar Uitslag
1975 Groepfase
1979 Halfeindrondte
1983 Halfeindrondte
1987 Halfeindrondte
1992 Kampioen
1996 Kwarteindrondte
1999 Naaswenner
2003 Groepfase
2007 Groepfase
2011 Halfeindrondte
2015 Kwarteindrondte
2019 Groepfase
2023 N.v.t.

Twintig20-rekordWysig

Jaar Uitslag
2007 Naaswenner
2009 Kampioen
2010 Halfeindrondte
2012 Halfeindrondte
2014 Super 10
2016 Super 10
2020 Gekwalifiseer

Kampioenetrofee-rekordWysig

Jaar Uitslag
1998 Kwarteindrondte
2000 Halfeindrondte
2002 Groepfase
2004 Halfeindrondte
2006 Groepfase
2009 Halfeindrondte
2013 Groepfase
2017 Kampioen

Huidige groep van 32Wysig

Naam Oud Kolfstyl Boulstyl Tuisspan Vorme Hempnr.
Toets- en EDI-kaptein en middelordekolwer
Misbah-ul-Haq 45 Regshandig R-bybreek SNGPL Toets, EDI 22
Aanvangskolwers
Ahmed Shehzad 28 Regshandig R-bybreek HBL Toets, EDI, T20I 19
Nasir Jamshed 30 Linkshandig R-bybreek HBL EDI, T20I 77
Khurram Manzoor 32 Regshandig R-bybreek PIA Toets, EDI 91
Shan Masood 29 Regshandig R-mediumsnel HBL Toets 49
Sharjeel Khan 30 Linkshandig R-bybreek ZTBL EDI, T20I 98
Middelordekolwers
Azhar Ali 34 Regshandig R-bybreek KRL Toets, EDI 79
Mohammad Hafeez1 39 Regshandig R-wegbreek SNGPL EDI, T20I 8
Asad Shafiq 32 Regshandig R-bybreek Karachi Dolphins Toets, EDI 81
Sohaib Maqsood 31 Regshandig R-wegbreek WPDA EDI, T20I 92
Fawad Alam 34 Linkshandig L-mediumsnel ZTBL Toets, EDI 25
Haris Sohail 30 Linkshandig L-mediumsnel ZTBL EDI, T20I 89
Paaltjiewagters
Kamran Akmal 37 Regshandig NBP EDI, T20I 23
Umar Akmal 29 Regshandig SNGPL EDI, T20I 3
Adnan Akmal 34 Regshandig ZTBL Toets, EDI 97
Sarfraz Ahmed 32 Regshandig PIA Toets, EDI 54
Veelsydig
Shahid Afridi 39 Regshandig R-mediumbybreek HBL Toets, EDI, T20I 10
Umar Amin 30 Linkshandig R-mediumsnel NBP Toets, EDI, T20I 84
Bilawal Bhatti 28 Regshandig R-mediumsnel SNGPL EDI, T20I 80
Snelboulers
Junaid Khan 29 Regshandig L-Mediumsnel WAPDA Toets, EDI T20I 83
Umar Gul 35 Regshandig R-Mediumsnel HBL Toets, EDI T20I 55
Mohammad Irfan 37 Regshandig L-snel KRL Toets, EDI T20I 76
Mohammad Sami 38 Regshandig R-snel Toets, EDI T20I
Wahab Riaz 34 Regshandig L-snel NBP Toets, EDI T20I 47
Rahat Ali 31 Regshandig L-mediumsnel KRL Toets, EDI 94
Anwar Ali 32 Regshandig R-mediumsnel PIA EDI, T20I 48
Mohammad Talha 31 Regshandig R-mediumsnel NBP Toets, EDI 99
Ehsan Adil 26 Regshandig R-mediumsnel HBL Toets, EDI 66
Draaibalboulers
Abdur Rehman 39 Linkshandig L-ortodokse draai HBL Toets, EDI, T20I 36
Zulfiqar Babar 41 Regshandig L-ortodokse draai WAPDA Toets, EDI, T20I 78
Raza Hasan 27 Linkshandig L-ortodokse draai NBP T20I 100
Yasir Shah 33 Regshandig R-bybreek Pakistan Customs Toets, EDI, T20I
Korrek op 15 Julie 2014

VerwysingsWysig

  1. (en) Nadeem, Roha (29 Junie 2017). "Mohammad Amir: Pakistan's raging phoenix". Besoek op 8 September 2018.
  2. (en) A. Rashid Shaikh (2000). The Story of the Pakistan Air Force, 1988–1998: A Battle Against Odds. Shaheen Foundation. ISBN 978-969-8553-00-5.
  3. (en) "Green shirts reach home, Afridi to stay behind in Dubai". www.pakistantoday.com.pk. Besoek op 16 Julie 2019.
  4. (en) "Cricket Players Nick Names". crickitter.blogspot.com. Besoek op 16 Julie 2019.
  5. (en) "When Pakistan's 'Cornered Tigers' Ruled the World". BBC. Besoek op 16 Julie 2019.
  6. (en) "Cornered tigers roar once again". ESPNcricinfo. 21 Junie 2009. Besoek op 16 Julie 2019.
  7. Men's Test Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  8. Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  9. Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  10. ESPNcricinfo uitslae URL besoek op 15 Julie 2019
  11. Pakistan toer in Indië 1952–53 (1ste Toets) – CricketArchive. URL besoek op 27 Desember 2013.
  12. Uitslae van alle tye – Internasionale eendagwedstryde – ESPNcricinfo. URL besoek op 23 Maart 2014.
  13. Uitslae van alle tye – Internasionale twintig20's – ESPNcricinfo. URL besoek 23 Maart 2014

Eksterne skakelsWysig