Bob Woolmer
Robert Andrew "Bob" Woolmer (Kanpur, Indië, 14 Mei 1948 – Kingston, Jamaika, 18 Maart 2007) was 'n Engelse krieketspeler en -afrigter. Hy het van 1968 tot 1984 vir Kent gespeel. Van 1975 tot 1982 het hy negentien toetse vir Engeland gespeel en na Suid-Afrika geïmmigreer in 1985. Hy het onder andere as 'n lewensoriënteringonderwyser gewerk. Hy was van 1994 tot 1999 afrigter van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas, onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996, Kampioenetrofee 1998 en Krieketwêreldbeker 1999. Later het hy teruggekeer na Engeland toe en was die afrigter van die Engelse nasionale krieketspan. Sedert 2004 was hy die afrigter van Pakistan se nasionale krieketspan. In Maart van 2007 het Pakistan aan die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië deelgeneem. Op 17 Maart 2007 het Pakistan onverwags met 'n driepaaltjie-nederlaag verloor teen Ierland en Pakistan is uit die toernooi geskakel. Op 19 Maart 2007 is Bob Woolmer bewusteloos gevind in sy hotelkamer in Kingston, hoofstad van Jamaika. Hy is later in die hospitaal oorlede.
Bob Woolmer | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Robert Andrew Woolmer | |||||
Gebore | Kanpur, Indië | 14 Mei 1948|||||
Gesterf | 18 Maart 2007 (op 58) Kingston, Jamaika | |||||
Bynaam(e) | Woollie | |||||
Lengte | 1,83 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Engeland | |||||
Toetsdebuut (no 463) | 31 Julie 1975 v Australië | |||||
Laaste Toets | 2 Julie 1981 v Australië | |||||
EDI debuut (no 16) | 24 Augustus 1972 v Australië | |||||
Laaste EDI | 28 Augustus 1976 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1968–1984 | Kent | |||||
1981–1982 | Western Province | |||||
1973–1976 | Natal | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 19 | 6 | 350 | 290 | ||
Lopies aangeteken | 1 059 | 21 | 15 772 | 4 078 | ||
Kolfgemiddeld | 33,09 | 5,25 | 33,55 | 20,39 | ||
100s/50s | 3/2 | 0/0 | 34/71 | 1/17 | ||
Hoogste telling | 149 | 9 | 203 | 112 | ||
Aflewerings geboul | 546 | 321 | 25 823 | 13 473 | ||
Paaltjies | 4 | 9 | 420 | 374 | ||
Boulgemiddeld | 74,75 | 28,88 | 25,87 | 20,64 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 12 | 3 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | nvt | 1 | nvt | ||
Beste boulontleding | 1/8 | 3/33 | 7/47 | 6/9 | ||
Vangskote/Stonkings | 10/– | 3/– | 239/1 | 98/– | ||
Bron: CricketArchive, 22 Augustus 2007 |
Verbintenis met die Proteas
wysigWoolmer is in 1994 as die afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan aangestel. Aanvanklik het die span redelik vrot gevaar, waar hulle al ses van hul wedstryde op hul eerste toer deur Pakistan verloor het. Tog het Suid-Afrika in die daaropvolgende vyf jaar die meeste van hul toetswedstryde (10 uit 15 reekse) en internasionale eendagwedstryde (73%) gewen. Die span het egter gefaal om die 1996-krieketwêreldbeker sowel as die 1999-krieketwêreldbeker te wen, ten spyte daarvan dat hulle die hoogste ODI-wenpersentasie op daardie tydstip gehandhaaf het.
In die 1996-krieketwêreldbeker het die span al hul uitklopwedstryde gewen, voordat hulle deur Wes-Indië in die kwarteindstryd geklop is.
In die Kampioenetrofee 1998 het Suid-Afrika Engeland in die kwarteindstryd, Sri Lanka in die halfeindstryd en Wes-Indië in die eindstryd geklop, waarmee die Proteas hul eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[1] Tydens die Statebondspele in dieselfde jaar het Suid-Afrika onder hom met die goue medalje weggestap.[2][3]
In die 1999-krieketwêreldbeker het Suid-Afrika teen Australië in die kwarteindstryd van die Super Ses-rondte te staan gekom. Australië moes die wedstryd wen om vir die halfeindstryd te kwalifiseer, terwyl Suid-Afrika reeds gekwalifiseer het. Suid-Afrika het verloor, en kon in die herontmoeting nie die telling omdraai nie. Hierna het Woolmer besluit om uit te tree as die afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan.
Verbintenis met Pakistan
wysigWoolmer is in 2004 as die afrigter van die Pakistanse krieketspan aangestel. Die vorige afrigter, Javed Miandad, is afgedank nadat Pakistan met 2-1 en 3-2 in 'n toets- en EDI-reeks, onderskeidelik, verloor het teen hul aartsvyand, Indië. Dit was ook Indië se eerste oorwinning in 'n reeks in Pakistan in twee dekades.
In die tuisreeks wat teen Indië gevolg het, het Woolmer se span die toetsreeks met 1-0 gewen. Hulle het egter die EDI-reeks 4-1 verloor.
Sy dood
wysigWoolmer is dood aangetref in sy hotelkamer in die Jamaica Pegasus Hotel in Kingston, Jamaika, op 18 Maart 2007. Op 22 Maart het die Jamaikaanse polisie bevestig dat hulle 'n moordsaak ondersoek, weens die omstandighede van Woolmer se dood. Volgens 'n verslag deur patoloog Ere Seshaiah, het Woolmer gesterf as gevolg van verstikking a.g.v. opsetlike verwurging.
Op 12 Junie 2007 het Lucius Thomas, die kommissaris van die Jamaikaanse Konstabelvors, bekend gemaak dat die ondersoek na Woolmer se dood bevind het dat hy weens natuurlike oorsake gesterf het, en dat hy nie vermoor is nie, soos in die patoloog se verslag aangevoer is nie. Drie onafhanklike patoloë se verslae het bevind dat die aanvanklike bevinding van kunsmatige wurging nie korrek was nie, en toksikologiese toetse het geen bewyse van vergiftiging gevind nie. Verslae het aangevoer dat Woolmer gesondheisprobleme ondervind het, insluitende 'n vergrote hart en suikersiekte, wat kon bydra tot sy dood.
Op 6 November het lykskouer Patrick Murphy gevra dat verdere toetse uitgevoer moet word op monsters van Woolmer se lyk, nadat hy afgekom het op onreëlmatighede in die toksikologiese verslae deur forensiese wetenskaplikes van die Karibbiese Eilande en die VK. Nadat die jurie vir 26 dae lank na bewyse geluister het, het hulle 'n onbesliste uitspraak gelewer. Hulle het geweier om die moontlike kunsmatige wurging, wat deur Dr. Sheshaiah aangevoer is, uit te skakel.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
- ↑ (en) "Final (D/N), Dhaka, Nov 1 1998, Wills International Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
- ↑ (en) "Final, Kuala Lumpur, Sep 19 1998, Commonwealth Games". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bob Woolmer.
- (en) Bob Woolmer se profiel op ESPNcricinfo
- (af) Vrou hoor nuus toe hospitaal haar in Kaapstad bel, Die Burger, 19 Maart 2007