14 Mei
datum
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
14 Mei is die 134ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (135ste in skrikkeljare). Daar volg nog 231 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1202 – Pous Innocentius III verklaar Wulstan, biskop van York, heilig.
- 1254 – Pous Innocentius IV maak Edmund Lancaster, die nege-jarige seun van Hendrik III van Engeland, koning van Sisilië.
- 1264 – Slag van Lewes: Hendrik III van Engeland gevange geneem in Frankryk en sodoende word Simon de Montfort die heerser van Engeland.
- 1509 – Slag van Agnadello: In Noord-Italië oorwin Franse magte Venesiërs.
- 1643 – Vierjarige Lodewyk XIV word Koning van Frankryk ná die dood van sy vader, Lodewyk XIII.
- 1796 – Die eerste inentings teen die pokke deur Edward Jenner.
- 1804 – Die Lewis-en-Clark-ekspedisie vertrek vanaf Kamp Dubois en begin hulle historiese reis deur in die Missouri-rivier op te vaar.
- 1870 – Die eerste rugbywedstryd in Nieu-Seeland gespeel in Nelson tussen Nelson College en die Nelson Rugby Football Klub.
- 1889 – Children's Cruelty Charity NSPCC in Londen gestig.
- 1900 – Die 1900 Somer Olimpiese Spele open in Parys, Frankryk.
- 1913 – Die Frans Hals Museum word geopen in Haarlem, Noord-Holland.
- 1927 – Cap Arcona te watergelaat, Blohm & Voss skeepswerf, in Hamburg.
- 1935 – Filippyne onderteken 'n onafhanklikheidsooreenkoms.
- 1939 – Lina Medina word die wêreld se jongste moeder in mediese geskiedenis op ’n ouderdom van 5 jaar.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Luftwaffe bombardeer die Nederlandse stad Rotterdam.
- 1948 – David Ben-Gurion verklaar met die Israëliese onafhanklikheidsverklaring die onafhanklikheid van Israel en 'n voorlopige regering word gestig.
- 1948 – Die moord op 'n driejaar-oue meisie in Blackburn, Engeland lei daartoe dat die vingerafdrukke van meer as 40 000 mans in die stad geneem word in 'n poging om die moordenaar te vind.
- 1955 – Koue Oorlog: Agt lande in die Kommunistiese blok, insluitende die Sowjetunie, teken 'n gemeenskaplike beskermingsverdrag wat die Warskou-verdrag heet. Dit gebeur as reaksie teen Wes-Duitsland se toetrede tot die NAVO:
- 1970 – Die Rote Armee Fraktion gestig in Duitsland.
- 1973 – Skylab, die Verenigde State se eerste ruimtestasie word gelanseer.
- 1995 – Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama verklaar die 6-jarige Gedhun Choekyi Nyima as die elfde reïnkarnasie van die Panchen Lama.
- 1997 – Die Star Alliance word gevorm deur Air Canada, Lufthansa, Scandinavian Airlines System, Thai Airways International en United Airlines.
- 1999 – Die sewende Krieketwêreldbeker begin in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis.
- 2004 – Huwelik van Frederik, Kroonprins van Denemarke en Mary Donaldson in Kopenhagen.
- 2010 – Die ruimtependeltuig Atlantis begin sy tweede laaste sending, STS-132.
- 2015 – Hemelvaartsdag.
Geboortes
wysig- 1699 – Ryk Tulbagh, goewerneur van die Kaapkolonie († 1771).
- 1737 – Lord George Macartney, 'n goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop van 1796 tot 1798 († 1806).
- 1812 – Jan Viljoen, pionier, soldaat en jagter († 1893).
- 1880 – Wilhelm List, Duitse veldmaarskalk († 1971).
- 1885 – Otto Klemperer, Duitse dirigent († 1973).
- 1900 – Johannes du Plessis Scholtz, Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar († 1990).
- 1907 – Mohamed Ayub Khan, soldaat en president van Pakistan († 1974).
- 1912 – Ben Hogan, gholfspeler († 1997).
- 1914 – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman († 1974).
- 1928 – Madeleine van Biljon, Suid-Afrikaanse skrywer en joernalis († 2010).
- 1936 – Bobby Darin, Amerikaanse sanger († 1973).
- 1943 – Ólafur Ragnar Grímsson, President van Ysland.
- 1944 – George Lucas, Amerikaanse filmvervaardiger.
- 1945 – Yochanan Vollach, sokkerspeler.
- 1947 – Hans Strydom, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1948 – Bob Woolmer, Britse krieketspeler en -afrigter († 2007).
- 1950 – Mark Blum, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2020).
- 1961 – Tim Roth, Engelse akteur.
- 1967 – Vuyo Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013).
- 1969 – Cate Blanchett, Australiese aktrise.
- 1984 – Mark Zuckerberg, Amerikaanse rekenaarprogrameerder, ondernemer en multimiljardêr (stigter van Facebook)
- 1986 – Simon Magakwe, Suid-Afrikaanse naelloper.
- 1993 – Dane van Niekerk, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
wysig- 649 – Pous Theodorus I, die 73ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend)
- 964 – Pous Johannes XII, die 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (± 937)
- 1610 – Koning Hendrik IV van Frankryk
- 1643 – Lodewyk XIII van Frankryk (* 1601).
- 1781 – Abram Gannibal, 'n slaaf uit Afrika, later 'n generaal-majoor, ’n militêre ingenieur en goewerneur van Rewal (* 1696)
- 1912 – August Strindberg, Sweedse outeur (* 1849).
- 1912 – Frederik VIII (68), koning van Denemarke (* 1843)
- 1940 – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1859).
- 1940 – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer (* 1902).
- 1940 – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer (* 1899).
- 1940 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis (* 1869).
- 1954 – Heinz Guderian, Duitse generaal (* 1888).
- 1968 – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal (* 1882)
- 1987 – Rita Hayworth, 'n Amerikaanse aktrise van films en danser (* 1918).
- 1988 – Willem Drees, Nederlandse eerste minister (* 1886).
- 1996 – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1938).
- 1998 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur (* 1915).
- 2003 – Robert Stack, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 2010 – Frederik van Zyl Slabbert, Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en sakeman (* 1940).
- 2015 – B.B. King, Amerikaanse blues sanger (* 1925).
Vakansiedae
wysig- Paraguay – Vlagdag
- Moedersdag – 2000, 2006
- Voorheen feesdag van Pous Paschalis I in die Rooms-Katolieke Kerk. Tans 11 Februarie.