1936
jaar
1936 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1931 | 1932 | 1933 | 1934 | 1935 | ◄ 1936 ► | 1937 | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1936 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Mustafa Kemal Atatürk van Turkye met koning Eduard VIII | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1936 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- Voltooiing van die Golden Gate-brug in San Francisco (Verenigde State).
- Johannesburg vier sy Goue Eeufees.
- Februarie – Die Duitse motorvervaardiger Mercedes-Benz stel sy 170 V-sedan (W136) bekend.
- 6-16 Februarie – Die vierde Olimpiese Winterspele word in Garmisch-Partenkirchen, Duitsland, aangebied.
- 30 Junie – die roman Gone with the Wind word deur Margaret Mitchell uitgegee.
- 17 Julie – Die Spaanse Burgeroorlog, wat tot 1939 sou duur, begin met 'n militêre staatsgreep deur die regse nasionaliste onder generaal Francisco Franco in Spaans-Marokko.
- 1 Augustus – Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) kom tot stand.
- 1-16 Augustus – Die elfde Olimpiese Somerspele word in Berlyn, Duitsland, aangebied.
- 25 November – Die Anti-Kominternpakt word deur Duitsland en Japan geteken.
- 11 Desember – Edward VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking.
Geboortes
wysig- 8 Januarie – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus († 2021).
- 10 Januarie – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente († 2002).
- 22 Januarie – Clive Derby-Lewis, Suid-Afrikaanse politikus († 2016).
- 11 Februarie – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger († 2018).
- 16 Februarie – Eliahu Inbal, Israelse dirigent.
- 17 Februarie – Jim Brown, Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur († 2023).
- 20 Februarie – Marj Dusay, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 22 Februarie – Jans Rautenbach, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, rolprentvervaardiger en regisseur († 2016).
- 29 Februarie – Alex Rocco, Amerikaanse akteur († 2015).
- 4 Maart – Jim Clark, Skotse Formule 1-renjaer († 1968).
- 10 Maart – Sepp Blatter, agste president van die FIFA-wêreldsokkerbond.
- 11 Maart – Antonin Scalia, regter van die hooggeregshof van die Verenigde State († 2016).
- 17 Maart – Ken Mattingly, Amerikaanse ruimtemaan en bevelvoerder van Apollo 16 se beheermodule († 2023).
- 18 Maart – Frederik Willem de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party) en laaste blanke staatspresident († 2021).
- 19 Maart – Ken Higgins, Suid-Afrikaanse pianis († 2016).
- 22 Maart – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant († 2023).
- 9 April – Jerzy Maksymiuk, Poolse dirigent, pianis en komponis.
- 23 April – Roy Orbison, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant wat bekend is vir sy emosiebelaaide sangstyl, ingewikkelde liedstrukture en donker, intense ballades († 1988).
- 24 April – Jill Ireland, Britse aktrise († 1990).
- 29 April – Zubin Mehta, Indiese musikant.
- 29 April – Jacob Rothschild, Britse bankier en lid van Rothschild-bankfamilie
- 2 Mei – Engelbert Humperdinck, Amerikaanse sanger.
- 9 Mei – Albert Finney, Britse akteur († 2019)
- 9 Mei – Glenda Jackson, Britse aktrise en politikus.
- 3 Junie – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2017).
- 9 Junie – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer († 2002).
- 17 Junie – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek († 2016).
- 22 Junie – Kris Kristofferson, Amerikaanse akteur en komponis.
- 2 Julie – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger († 1999).
- 25 Julie – Glenn Murcutt, Australiese argitek.
- 1 Augustus – Yves Saint Laurent, Franse mode-ontwerper († 2008).
- 18 Augustus – Robert Redford, Amerikaanse akteur.
- 24 Augustus – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 25 Augustus – Johan Velde van der Merwe, Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris († 2022).
- 29 Augustus – John McCain, Amerikaanse politikus († 2018).
- 25 September – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise († 1996).
- 26 September – Winnie Madikizela-Mandela, anti-apartheidsaktivis en tweede vrou van Nelson Mandela († 2018).
- 26 September – Luis Fernando Verissimo, Brasiliaanse skrywer.
- 2 Oktober − Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres († 2023).
- 3 Oktober − Steve Reich, Amerikaanse komponis van minimal music (minimalistiese musiek).
- 26 Oktober – Shelley Morrison, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2019).
- 2 November – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger († 2022).
- 26 November – Min Shaw, Suid-Afrikaanse sangeres.
- 3 Desember – Mary Alice, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 4 Desember – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2008).
- 7 Desember – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaar († 2019).
- 16 Desember – Nigel Weiss, Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige († 2020).
- 17 Desember – Jorge Mario Bergoglio (later Pous Franciskus), tans 266ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 21 Desember – Adam Small, Afrikaanse digter en dramaturg († 2016).
- 23 Desember – James Stacy, Amerikaanse akteur († 2016).
- 24 Desember – Pieter Spaarwater, rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper († 2020).
- 27 Desember – Ena Murray, Afrikaanse skryfster († 2015).
- 29 Desember – Mary Tyler Moore, Amerikaanse aktrise en komediant († 2017).
Sterftes
wysig- 12 Januarie – Frederick Charles Kolbe, 'n Suid-Afrikaanse Katolieke geleerde, digter, skrywer, filosoof en plantkundige (* 1854).
- 18 Januarie – Rudyard Kipling, Engelse skrywer en digter (* 1865).
- 20 Januarie – George V, koning van Groot-Brittanje (* 1865).
- 22 Januarie – Jan Volschenk, Suid-Afrikaanse skilder (* 1853).
- 16 Maart – Marguerite Durand, 'n Franse verhoogaktrise, joernalis, en 'n leidende suffragette (* 1864).
- 29 Maart – Eugene Marais, Suid-Afrikaanse skrywer en digter (* 1871).
- 5 Junie – Ida Darling, Amerikaanse aktrise (* 1880).
- 14 Junie – G. K. Chesterton, Engelse skrywer, teoloog, filosoof, dramaturg, joernalis, redenaar, literatuur- en kunskritikus, biograaf en Christelike apologeet (* 1874).
- 2 Julie – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855).
- 8 Julie – Samuel Cronwright, Suid-Afrikaanse politikus, boer en skrywer (* 1863).
- 24 Julie – Sir Arnold Theiler, Suid-Afrikaanse bakterioloog (* 1867).
- 2 Augustus – Louis Blériot, Franse ontdekker en ingenieur (* 1872).
- 16 September – Sir James Molteno, die laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad (* 1865).