Mercedes-Benz W136
Die Mercedes-Benz W136 was Mercedes-Benz se reeks Inlynviersilinder-motors in die middel van die 1930's tot die vyftigerjare op die mark was. Die model 170 V het in Februarie 1936 sy openbare debuut gemaak as opvolger van die W15 Typ 170. Tusssen 1936 en 1939 was dit Mercedes se topverkopermodel.[2][3]
4-deur Mercedes-Benz 170 V | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksie | 1935–1942: 75 006 eenhede 1947–1955: 83 190 eenhede |
Montering | Duitsland: Stuttgart Argentinië: Buenos Aires |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Middelgrootte motor (D-segment) |
Bakstyl | 4-deur sedan 4-deur Cabrio-Limousine 2-deur 2 & 4 sitplek cabriolet 2-deur roadster 2-deur bakkie 4-deur waentjie |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | |
Lengte | 4 270 mm[1] |
Breedte | 1570 mm; 1630 mm (vanaf 1950) |
Asafstand | 2 845 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz W15 |
Opvolger | Mercedes-Benz W120/W121 |
Tussen 1936 en 1942 is meer as 75 000 gebou[2] wat dit tot op daardie stadium die gewildste Mercedes-Benz-model gemaak het.
Genoeg van die fabrieksgereedskap van die W136 het die geallieerde bomaanval gedurende die Tweede Wêreldoorlog oorleef (of kon na die oorlog herskep word) om as basis te dien waarop die Mercedes-onderneming herbou is. Teen 1947 hervat die 170 V-model sy plek as Mercedes se topverkoper, 'n posisie wat dit tot 1953 beklee het.[2]
Die "V" in die naam van die 170 V was 'n afkorting van "Vorn" (voor), wat bygevoeg is om dit te onderskei van die kontemporêre agterenjin Mercedes-Benz 170H (W28) ("H" vir "Heck", agter) wat dieselfde viersilinder 1697cc-enjin gebruik het, maar wat agter in die motor geplaas was.
Enjin
wysigDie 1,7 liter-viersilinder-agterwielaangedrewe Mercedes-Benz 170 V (W136) is in 1936 bekend gestel om die 1,7 liter-sessilinder Mercedes-Benz 170 (W15) te vervang.
Die syklep-M136-enjin se verklaarde maksimumdrywing was 28 kp (37 pk) teen 3 400 opm en 'n kompressie van 6:1.[2] Die enjin is slegs met twee monterings aan die subraam geheg en het die standaard gestel vir die gladde werking van viersilinder motors.
Opsies van bakwerke
wysigDie meeste van die motors wat vervaardig is, was twee- of vierdeur "Limousine" (sedan) -voertuie, maar die verskeie opsies wat in die 1930's vir die 170 V aangebied is, was ongewoon breed. 'n Vierdeur "Cabrio-Limousine" het die vier deure van die "Limousine" gekombineer met 'n vollengte opvoubare sagtekap.[2]
Galery
wysig-
170 V Cabriolet A vanaf 1938
-
'n 170 V Cabriolet (regterstuur)
-
Mercedes-Benz 170 V / 170 S
-
Mercedes-Benz 170 DS (Model W191) geparkeer voor 'n kafee in Bellagio, Italië
-
1952 Sedan/paneelwa
Verwysings
wysig- ↑ Mercedes Benz 170 V (W136) specs & photos - 1936, 1937, 1938, 1939, 1940, 1941, 1942 – AutoEvolution
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Oswald, Werner (2001). Deutsche Autos 1920-1945, Band (vol) 2 (in Duits). Motorbuch Verlag. p. 208-209 & 250-252. ISBN 3-613-02170-6.
- ↑ Oswald, Werner (2001). Deutsche Autos 1945-1990, Band (vol) 4 (in Duits). Motorbuch Verlag. p. 8. ISBN 3-613-02131-5.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Mercedes-Benz W136. |
- Mercedes Benz 170220 Klubwebwerf
- Mercedes Benz 170220 Club Forum
- Herstelprojek - Mercedes Benz 170 V Cabrio Geargiveer 8 Junie 2019 op Wayback Machine