1854
jaar
1854 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1849 | 1850 | 1851 | 1852 | 1853 | ◄ 1854 ► | 1855 | 1856 | 1857 | 1858 | 1859 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1854 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Britse bombardement van Bomarsund in die Ålandeilande | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1854 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 54ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 23 Februarie – Die Oranje-Vrystaat verkry onafhanklikheid deur die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein.
- 25 Mei – Stigting van die kultureel-politieke beweging Félibrige in Oksitanië, Frankryk.
- 20 September – Die Britse troepeskip Charlotte vergaan in Algoabaai met die lewensverlies van ongeveer 110 opvarendes.
- 8 Desember – Pous Pius IX verkondig die dogma van Maria se Onbevlekte Ontvangenis in die bul Ineffabilis Deus.
- Graf van Pous Anterus herontdek.
Geboortes
wysig- 12 Januarie – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1910).
- 21 Januarie – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis († 1919).
- 9 Februarie – Edward Carson, Ierse politikus, advokaat en regter († 1935).
- 15 Februarie – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier († 1941).
- 18 Februarie – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930).
- 29 April – Henri Poincaré, Franse fisikus († 1912).
- 26 Junie – Robert Laird Borden, politikus.
- 3 Julie – Leo Janácek, Tsjeggiese komponis.
- 12 Julie – George Eastman, Amerikaanse uitvinder († 1932).
- 23 September – Cornelis Lely, Nederlandse ingenieur en politikus († 1929).
- 28 September – Frederick Charles Kolbe, Suid-Afrikaanse Katolieke geleerde, digter, skrywer, filosoof en plantkundige († 1936).
- 7 Oktober – Christiaan de Wet, Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1922).
- 16 Oktober – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer in Dublin, Ierland († 1900).
- 20 Oktober – Arthur Rimbaud, Franse digter († 1891).
- 5 November – Paul Sabatier, Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941).
- 21 November – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV), die 258ste Pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Genua, Italië († 1922).
Sterftes
wysig- 30 Mei – Sir Peregrine Maitland, 'n goewerneur van die Kaapkolonie (* 1777).
- 6 Julie – Georg Simon Ohm, 'n Duitse fisikus en wiskundige, bekend vir Ohm se wet (* 1787).
- 20 Augustus – Friedrich Schelling, Duitse filosoof (* 1775).
- 5 November – Sir George Cathcart, 'n Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie († 1794).
- 6 November – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1822)