23 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
23 September is die 266ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (267ste in skrikkeljare). Daar volg nog 99 dae tot die einde van die jaar. Gewoonlik val die September-ewening op hierdie datum, wat die begin van die herfs in die Noordelike Halfrond en die begin van lente in die Suidelike Halfrond aandui, wanneer beide die dag en nag ewe lank is.
Gebeure
wysig- 1122 – Konkordaat van Worms: Einde van die Investituurstryd.
- 1227 – Sinibaldo de Fieschi (later Pous Innocentius IV) word kardinaal-priester van St. Lorenzo in Lucina.
- 1459 – In Staffordshire, Engeland, behaal magte lojaal aan die Huis van York onder leiding van Richard Neville 'n oorwinning by die Slag van Blore Heath, die eerste grootskaalse geveg in die Oorlog van die Rose.
- 1513 – Pous Leo X stel vier nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Giulio de' Medici (later Pous Clemens VII) en nog 'n familielid Innocenzo Cibo.
- 1632 – Pous Urbanus VIII begin die proses teen Galileo oor die heliosentriese stelsel.
- 1771 – Pous Clemens XIV stel Innocenzo Conti, titulêr aartsbiskop van Tiro aan as kardinaal.
- 1816 – Pous Pius VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Francisco Antonio Cebrián y Valdá, patriarg van Wes-Indië.
- 1846 – Die planeet Neptunus word deur die sterrekundiges Urbain Le Verrier, Johann Gottfried Galle en John Couch Adams ontdek.
- 1868 – Ramón Emeterio Betances lei die Grito de Lares-opstand teen Spaanse oorheersing van Puerto Rico.
- 1874 – ’n Span Franse sterrekundiges kom op Sint-Pauleiland in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in die Indiese Oseaan aan om die Venusoorgang waar te neem.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: die duikboot U-19 sink drie Britse kruisers.
- 1932 – Hejaz en Nejd smelt saam om die Koninkryk van Saoedi-Arabië te vorm met Ibn Saud as die eerste monarg en Riaad as die hoofstad.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Amerikaanse lugaanvalle verwoes die sentrale deel van die stad Nantes, Frankryk, en naastenby 1 500 inwoners sterf.
- 1983 – Gerrie Coetzee van Suid-Afrika word die eerste swaargewig bokskampioen uit Afrika.
Geboortes
wysig- 63 v.C. – Augustus, Romeinse keiser († 14).
- 1215 – Kublai Khan, kleinseun van Genghis Khan, asook Mongoolse leier en stigter van die Chinese Yuan-dinastie († 1294).
- 1854 – Cornelis Lely, Nederlandse ingenieur en politikus († 1929).
- 1861 – Robert Bosch, Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder († 1942).
- 1928 – Fanus Rautenbach, Suid-Afrikaanse radio-omroeper, skrywer en mediapersoonlikheid († 2011).
- 1929 – Johan Claassen, Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein († 2019).
- 1930 – Charles B. Griffith, Amerikaanse draaiboekskrywer († 2007).
- 1938 – Romy Schneider, Oostenrykse aktrise († 1982).
- 1948 – Eileen Davies, Engelse aktrise.
- 1974 – Misuzulu Zulu, koning van die Zoeloenasie.
- 1982 – Bevin Prince, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 1828 – Richard Parkes Bonington, Waterverfskilder (* 1802).
- 1835 – Vincenzo Bellini, Italiaanse opera komponis (* 1801)
- 1838 – Gerrit Maritz, Voortrekkerpionier en leier (* 1798).
- 1877 – Urbain Le Verrier, Franse sterrekundige wat die ontdekking van Neptunus voorspel het (* 1811).
- 1913 – Sir Walter Francis Hely-Hutchinson, die laaste goewerneur van die Kaapkolonie (* 1849).
- 1939 – Sigmund Freud, Oostenrykse sielkundige (* 1856).
- 1980 – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) (* 1898).
- 2007 – Dr. Jan van Elfen 'n skrywer van mediese boeke onder andere Dokter in die huis (* 1929).
- 2012 – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- In die Rooms-Katolieke Kerk die feesdag van die heilige Linus, die tweede pous en opvolger van Petrus.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 September. |