Johann Gottfried Galle
Johann Gottfried Galle (9 Junie 1812 - 10 Julie 1910) was ’n Duitse sterrekundige van Radis, Duitsland, by die Berlynse Sterrewag. Hy was op 23 September 1846 die eerste persoon wat die planeet Neptunus gesien het en geweet het waarna hy soek. Urbain Le Verrier het die bestaan en posisie van die planeet net met wiskunde voorspel en die koördinate aan Galle gestuur om dit te verifieer. Op dieselfde dag dat Galle die brief van Le Verrier ontvang het, het hy Neptunus waargeneem 1° van die voorspelde posisie af.
Johann Gottfried Galle | |
---|---|
Johann Gottfried Galle | |
Gebore | Radis, Koninkryk Sakse | 9 Junie 1812
Sterf | 10 Julie 1910 (op 98) |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | Sterrekundige |
Bekend vir | Ontdekking van Neptunus |
Handtekening | |
Die ontdekking van Neptunus word algemeen beskou as ’n dramatiese bewys van die geldigheid van hemelmeganika, en is een van die merkwaardigste gebeure in 19de-eeuse wetenskap.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- J. Galle @ Astrophysics Data System
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Johann Gottfried Galle.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.