Walter Hely-Hutchinson
Sir Walter Francis Hely-Hutchinson (1849 – 1913) was die laaste goewerneur van die Kaapkolonie voor dit in 1910 deel van die Unie van Suid-Afrika geword het.
Walter Hely-Hutchinson | |
Goewerneur van die Kaapkolonie
| |
Ampstermyn 9 Januarie 1901 – 1910 | |
Monarg | Victoria Edward VII |
---|---|
Eerste minister | Gordon Sprigg (1900–1904) Leander Starr Jameson (1904–1908) John X. Merriman (1908–1910) |
Voorafgegaan deur | William Francis Butler |
Opgevolg deur | Henry Jenner Scobell |
Goewerneur van Natal
| |
Ampstermyn 1893 – 1901 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Francis Haden |
Opgevolg deur | Henry Edward McCallum |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Walter Francis Hely-Hutchinson 22 Augustus 1849 |
Sterf | 23 September 1913 (op 64) |
Kind(ers) | Victor Hely-Hutchinson |
Alma mater | Universiteit van Cambridge |
Hy is op 22 Augustus 1849 in Dublin gebore as die seun van die markies van Donoughmore. Ontvang sy opvoeding aan Harrow en Cambridge. Hy is aangestel as attaché van sir Hercules Robinson op 'n sending na die Fidji-eilande en Australië, waarna hy dien as koloniale sekretaris van Barbados van 1877 tot 1883.
Van 1884 tot 1889 was hy luitenant-goewerneur van Malta, van 1889 tot 1883 goewerneur van die Bowindse Eilande in Wes-Indië en toe eerste goewerneur van Natal onder Verantwoordelike Regering. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy aangestel as goewerneur van die Kaapkolonie. Hy was besonder taktvol en gewild.
Na sy termyn verstryk het, het hy na Engeland teruggekeer waar hy hom in Kent gevestig het. Hy is oorlede in Peterborough op 23 September 1913. Die dorpie Hutchinson, naby Victoria-Wes in die Noord-Kaap, is na hom vernoem.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Juta and Company Limited. Cape Town and Johannesburg: 1978.
- Albertyn, C.F. dr. (hoofred.), Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, Nasou, Kaapstad, 1972.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Walter Hely-Hutchinson.