Hutchinson
nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika
Hutchinson is 'n gehuggie en spoorwegaansluiting 12 km suidoos van Victoria-Wes en 77 km wes van Richmond in die provinsie Noord-Kaap. Dit is met die aanlê van die spoorlyn na die Noorde, as gevolg van die ontdekking van diamante, in 1885 gestig. Die stasie het eers as Victoria-Wes-Weg bekend gestaan, maar is in 1901 hernoem ter ere van sir Walter Hely-Hutchinson, goewerneur van Natal van 1893 tot 1901 en van die Kaapkolonie van 1901 tot 1910. Die R63-provinsiale roete gaan deur die nedersetting.
Hutchinson | |
---|---|
Hutchinson gesien vanaf die spoorwegbrug op die R63. | |
Koördinate: 31°29′51″S 23°11′21″O / 31.49750°S 23.18917°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Ubuntu |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,98 km2 (0,76 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 367 |
• Digtheid | 185/km2 (480/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.1% |
• Indiërs/Asiërs | 1.4% |
• Bruin mense | 84.2% |
• Swart mense | 13.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 89.1% |
• Xhosa | 7.4% |
• Engels | 1.9% |
• Sotho | 1.1% |
• Ander | 0.5% |
Skakelkode | 053612 |
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hutchinson". Sensus 2011.