Pous Clemens VII
Clemens VII was die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1523 tot 1534. Sy optrede of die gebrek daaraan het gelei tot die vinnige verspreiding van die Protestantisme in Europa en die afskeuring van die Anglikaanse Kerk in Engeland.
Pous Clemens VII | |
---|---|
Geboortenaam | Giulio di Giuliano de' Medici |
Pontifikaat begin | 19 November 1523 |
Pontifikaat eindig | 25 September 1534 |
Voorganger | Adrianus VI |
Opvolger | Paulus III |
Gebore | 26 Mei 1478 Florence, Italië |
Sterf | 25 September 1534 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Clemens |
Biografie
wysigPous Clemens VII[1] is gebore as Giulio di Giuliano de' Medici op 26 Mei 1478 in Florence, Italië die buite-egtelike seun van Giuliano di Piero de' Medici en Fioretta Gorini. Deur 'n skuiwergat in die kerkreg, wat toegelaat het dat sy ouers verloof was "per sponsalia de presenti", word hy as wettige seun en neef van Lorenzo de' Medici aanvaar. Op 9 Mei 1513 word hy aartsbiskop van Florence en op 23 September 1513 stel sy oom Pous Leo X hom aan as kardinaal. Op 14 Februarie 1515 word hy aartsbiskop van Narbonne en van 6 Julie 1517 is hy vise-kanselier van die kerk en vanaf 1 Oktober 1519 camerlengo. Hy volg Lorenzo II op as leier van die Medici familie, maar doen afstand van die funksie in 1523 om te kan pous word. Op 19 November 1523 volg hy Pous Adrianus VI op en word gekroon op 26 November 1523 deur kardinaal Marco Comaro. Hy regeer tot sy dood op 25 September 1534 en word opgevolg deur Pous Paulus III. Die naam ‘Clemens’ beteken 'die sagmoedige'.
Pontifikaat
wysigPous Clemens VII[2] steun aanvanklik koning Frans I van Frankryk in die Italiaanse Oorlog teen keiser Karel V. Na die Franse neerlaag in die slag van Pavia op 24 Februarie 1525 en die gevangeneming van Frans I soek Clemens die beskerming van die keiser, maar sluit hom op 22 Mei 1526 tog aan by die Liga van Cognac teen die keiser. Dit lei tot die plundering van Rome op 6 Mei 1527 deur Karel se Lutherse troepe. As teken van rou het die pous 'n vol baard begin dra.
Op 6 Desember 1527 verlaat die pous die verwoeste stad Rome en vestig hom eers in Orvieto en later in Viterbo. Die versoening met keiser Karel op 24 Februarie 1530 toe die keiser deur die pous gekroon is, was egter maar 'n skynvrede.
Clemens se onhandige optrede van koning Hendrik VIII van Engeland se egskeiding lei tot die afstigting van die Anglikaanse Kerk.
Die kollege van kardinale
wysigPous Clemens VIII het 33 kardinale aangestel in 14 konsistories.
- Benedetto Accolti, aartsbiskop van Ravenna.
- Agostino Spinola, biskop van Perugia.
- Niccolò Gaddi, verkose biskop van Fermo.
- Ercole Gonzaga, biskop van Mantua.
- Marino Grimani, patriarg van Aquileia.
Die konsistorie van 21 November 1527
wysig- Antonio Sanseverino, ridder van Johannes.
- Gianvincenzo Carafa, aartsbiskop van Napels.
- Andrea Matteo Palmieri, aartsbiskop van Acerenza en Matera.
- Antoine du Prat, aartsbiskop van Sens.
- Girolamo Grimaldi, priester van Genua.
- Pirro Gonzaga, biskop van Modena.
- Sigismondo Pappacoda, biskop van Tropea.
Die konsistorie van 7 Desember 1527
wysig- Francisco de los Angeles Quiñones, generaal van die Franciskane.
Die konsistorie van 20 Desember 1527
wysig- Francesco Cornaro senior, patrisiër van Venesië.
- Girolamo Doria, priester van Genua.
Die konsistorie van 10 Januarie 1529
wysig- Ippolito de' Medici, kardinaal-nepoot, aartsbiskop van Avignon.
Die konsistorie van 13 Augustus 1529
wysig- Mercurio Arborio di Gattinara, leek, kanselier van keiser Karel V.
- Francois de Tournon, aartsbiskop van Bourges.
- Bernhard von Cles, prins-biskop van Trent.
- Louis de Gorrevod, biskop van Sint Jean de Maurienne.
- Garcia de Loaysa y Mendoza, biskop van Osma.
- Iñigo López de Mendoza y Zúñiga, biskop van Burgos.
- Gabriel de Gramont, biskop van Tarbes, ambassadeur van koning Frans I van Frankryk.
Die konsistorie van 22 Februarie 1531
wysig- Alfonso Manrique de Lara y Solis, aartsbiskop van Seville.
- Juan Pardo de Tavera, aartsbiskop van Compostella.
Die konsistorie van 22 September 1531
wysig- Antonio Pucci, biskop van Pistoia.
Die konsistorie van 21 Februarie 1533
wysig- Esteban Gabriel Merino, biskop van Jaén en patriarg van Wes-Indië.
- Jean d'Orleans-Longueville, aartsbiskop van Toulouse.
Die konsistorie van 7 November 1533
wysig- Jean le Veneur, biskop van Lisieux.
- Claude de Longwy de Givry, biskop van Langres.
- Odet de Coligny de Châtillon, leek, ge-ekskommunikeer op 31 Maart 1563 deur Pous Pius IV omdat hy Calvinis geword het.
- Phillippe de la Chambre, ab van Sint Pierre-de-Corbie.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ Clement VII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Thurston, H. (1908). Pope Clement VII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Oktober 3, 2009 by: http://www.newadvent.org/cathen/04024a.htm
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- Inskrywing in die Catholic Hierarchy (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- VH Inskrywing in die Vatican History (in Duits).
- CA Inskrywing in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
Wikimedia Commons bevat media in verband met Clemens VII. |
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Adrianus VI |
Pous (Pontifex Maximus) 1523 – 1534 |
Opgevolg deur Paulus III |
Voorafgegaan deur Rostaing d'Ancezune |
Biskop van Embrun 1510 – 1511 |
Opgevolg deur Nicolas de Fiesque |
Voorafgegaan deur Cosimo Pazzi |
Aartsbiskop van Florence 1513 – 1523 |
Opgevolg deur Niccolò Ridolfi |
Voorafgegaan deur Pierre de Rosergues |
Biskop van Lavaur 1514 – 1514 |
Opgevolg deur Simon de Beausoleil |
Voorafgegaan deur Guillaume Briçonnet |
Biskop van Narbonne 1515 – 1523 |
Opgevolg deur Jean de Lorraine-Guise |
Voorafgegaan deur Lorenzo II de' Medici |
Heer van Florence 1519 – 1523 |
Opgevolg deur Ippolito de' Medici en Alessandro de' Medici |
Basis-URL: nl:Paus Clemens VII