3 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
3 September is die 246ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (247ste in skrikkeljare). Daar volg nog 119 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 301 – San Marino, een van die kleinste lande ter wêreld en die oudste republiek wat steeds bestaan, word deur Sint Marinus gestig.
- 590 – Pous Gregorius I volg Pous Pelagius II op.
- 1458 – Pous Pius II word gekroon deur kardinaal Prospero Colonna.
- 1581 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V) word lid van die Apostoliese Penitentiarie.
- 1651 – Nadat Karel II Engeland binneval word hy verslaan in die Slag van Worcester, waarmee die Engelse Burgeroorlog voltrek word. Karel II ontsnap kort hierop na Frankryk.
- 1783 – Die ondertekening van die Verdrag van Parys beëindig die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.
- 1856 – Republikeinse magte neem die Kasteel van Neuenburg/Neuchatel in en neem 530 soldate van die Koning van Pruise gevange. Nadat hulle weier om die koning se soldate vry te laat mobiliseer Koning Friedrich Wilhelm van Pruise ´n weermag van 160000 man.
- 1901 – Anglo-Boereoorlog: Die 31-jarige Jan Smuts lei 'n kommando oor die Oranjerivier in 'n aanval op die Brits-beheerde Kaapkolonie in Suid-Afrika.
- 1907 – Stigting van die Switserse Reserwebank in Zürich
- 1912 – Keiser Wilhelm II van Duitsland besoek Switserland om gevegsoefeninge van die Switserse Weermag te sien
- 1914 – Pous Benedictus XV volg Pous Pius X op.
- 1934 – Habib Ali Bourguiba en die leiers van die Neo Destour party in Tunisië word onder huisarres geplaas.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Met die oorlogsverklaring van Frankryk aan Nazi-Duitsland weens die Duitse inval in Pole begin die Tweede Wêreldoorlog amptelik en begin die skemeroorlog (Duits: Sitzkrieg, Frans: drôle de guerre) aan die Duits-Franse grens.
- 1967 – Swede: Dagen H, verkeersreëls verander en alle Swede moet aan die regterkant van die pad bestuur nadat hulle tot op daardie stadium aan die linkerkant bestuur het.
- 1971– Katar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1976 – Die Viking 2 ruimtetuig land op Mars en neem die eerste nabyfoto's van die planeet se oppervlak.
- 1978 - 'n Vickers Viscount-vliegtuig, Air Rhodesia Vlug 825, word afgeskiet naby Kariba. Tien van die 18 oorlewendes word kort daarna vermoor deur guerillas.
- 1984 – P.W. Botha word Suid-Afrika se eerste uitvoerende Staatspresident.
- 1987 – President Jean-Baptiste Bagaza van Burundi word deur 'n militêre staatsgreep afgeset. Pierre Buyoya vervang hom as hoof van die Militêre Komitee vir Nasionale Redding.
- 2000 – Pous Pius IX word salig verklaar.
- 2017 – Noord-Korea voer sy sesde en kragtigste kernwapentoets uit.
Geboortes
wysig- 1643 – Lorenzo Bellini, Italiaanse geneesheer en anatomis († 1704).
- 1728 – Matthew Boulton, Britse nyweraar en entrepreneur († 1809)
- 1811 – Carolus Trichardt, seun van Louis Tregardt, die trekkerleier († 1901).
- 1865 – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. († 1932).
- 1875 – Ferdinand Porsche, 'n Oostenryk-Duitse motoringenieur († 1951).
- 1921 – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur († 2017).
- 1940 − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige († 2017).
- 1941 – Graham Newcater, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1946 – George Ballot, Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur († 2023).
- 1947 − Mario Draghi, Italiaanse ekonoom en eerste minister van Italië.
- 1963 – Malcolm Gladwell, Kanadese skrywer in Brittanje.
- 1964 – Amber Lynn, Amerikaanse pornografiese aktrise en vervaardiger.
- 2001 – Kaia Gerber, Amerikaanse model en aktrise.
Sterftes
wysig- 1658 – Oliver Cromwell, Engelse soldaat en staatsman (* 1599).
- 1880 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg (* 1801).
- 1948 – Edvard Beneš, Tsjeggo-Slowaakse president (* 1884).
- 1962 – E.E. Cummings, Amerikaanse digter (* 1894).
- 1969 – Ho Chi Minh op 79-jarige ouderdom in Hanoi, Viëtnam (* 1890).
- 2012 – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur (* 1957).
- 2019 – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 2024 – George Meiring, laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (* 1939).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- 1971 – Onafhanklikheidsdag in Katar
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 September. |