Kevin Starr
Amerikaanse geskiedkundige,
skrywer en
staatsbibliotekaris van Kalifornië
Akademiese opleiding
Universiteit van San Francisco
(B.A. in 1962)
Harvard-universiteit
(M.S. in 1965, PhD in 1969)
Universiteit van Kalifornië te Berkeley
(M.S. in 1974)
Leerstoel
Geskiedenis
Universiteit van Kalifornië (USC), Los Angeles
Bekende werke
Americans and the California Dream
Toekennings
National Humanities Medal (2006)
deur pres. George W. Bush
Handtekening
Kevin Owen Starr (San Francisco, 3 September 1940, † 14 Januarie 2017[1][2]) was 'n Amerikaanse geskiedkundige wat vanaf 1989 tot sy afsterwe in 2017 'n leerstoel in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Kalifornië (USC) te Los Angeles en tussen 1994 en 2004 ook die amp van Kaliforniese staatsbibliotekaris beklee het.
Star, wat uit 'n beskeie agtergrond gekom het, het bekendheid verwerf as die skrywer van 'n omvattende boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië wat in agt boekdele gepubliseer is en onder die gesamentlike titel Americans and the California Dream bekendstaan. Kevin Starr het sy tyd tussen San Francisco en Los Angeles verdeel.[3] Hy was getroud met Sheila Gordon.
Werke
wysigAmericans and the California Dream
wysigBoekdeel | Titel | Periode wat gedek word | Jaar van publikasie |
---|---|---|---|
1 | Americans and the California Dream | 1850–1915 | 1973 |
2 | Inventing the Dream: California Through the Progressive Era |
1985 | |
3 | Material Dreams: Southern California Through the 1920's |
1990 | |
4 | Endangered Dreams: The Great Depression in California |
1996 | |
5 | The Dream Endures: California Enters the 1940's |
1997 | |
6 | Embattled Dreams: California in War and Peace |
1940–1950 | 2002 |
7 | Golden Dreams: California in Age of Abundance |
1950–1963 | 2009 |
- Aanvullende werk
Titel | Periode wat gedek word | Jaar van publikasie |
---|---|---|
Coast of Dreams: California on the Edge |
1990–2003 | 2004 |
Verwysings
wysig- ↑ Los Angeles Times, 15 Januarie 2017: Kevin Starr, author of California histories and former state librarian, dies at 76. Besoek op 7 Julie 2017
- ↑ The New York Times, 16 Januarie 2017: Kevin Starr, Prolific Chronicler of California’s History, Dies at 76. Besoek op 7 Julie 2019
- ↑ Kevin Starr: Coast of Dreams. California on the Edge, 1990-2003. New York: Alfred A. Knopf 2004, omslagteks
Eksterne skakels
wysig- Werke