28 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
28 September is die 271ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (272ste in skrikkeljare). Daar volg nog 94 dae.
Gebeure
wysig- 351 – Keiser Konstantius verslaan die pretendent Magnentius tydens die slag van Mursa Major.
- 1066 – Die Normandiese hertog Willem die Veroweraar sit met sy leër naby Hastings, Engeland voet aan wal en verslaan op 14 Oktober Harald II Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland.
- 1322 – Lodewyk van Beiere verslaan Frederik die Skone van Oostenryk by die slag van Mühldorf.
- 1362 – Pous Urbanus V volg Pous Innocentius VI op.
- 1394 – Teenpous Benedictus XIII volg Teenpous Clemens VII op as pous in Avignon.
- 1420 – Pous Martinus V kom in Rome aan vanaf Konstanz.
- 1443 – Pous Eugenius IV keer terug na Rome.
- 1500 – Pous Alexander VI stel nog tien kardinale aan waaronder sy familielid Francisco de Borja.
- 1542 – Portugese ontdekkingsreisiger Juan Rodriguez Cabrillo, die eerste Europeër om die Kaliforniese kus te bevaar, land by wat nou San Diego is. .
- 1687 – Die Turke gee Athene prys aan die Venesiërs, maar beset dit weer 'n jaar later.
- 1733 – Pous Clemens XII stel Marcello Passeri, titulêr aartsbiskop van Nazianzo en Giovanni Battista Spinola, goewerneur van Rome aan as kardinaal.
- 1745 – God Save the King word vir die eerste keer in Brittanje gesing.
- 1820 – Die tamatie word in die openbaar as veilig bewys toe Robert Johnson 'n mandjie tamaties buite 'n hof in Salem, Nieu Jersey eet.
- 1821 – Meksiko keur sy finale Grondwet goed.
- 1823 – Pous Leo XII volg Pous Pius VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1843 – Brittanje verklaar Natal tot Britse kolonie.
- 1872 – Pous Pius IX verklaar Pous Eugenius III salig.
- 1924 – Twee vliegtuie van die Amerikaanse Weermag land in Seattle en voltooi in 175 dae wat beskou word as die eerste vlug om die wêreld.
- 1976 – Die Britse pond val tot 1,64 Amerikaanse dollar – die laagste nog. Dit dompel die Britse regering in 'n krisis.
- 1978 – P.W. Botha volg John Vorster op as Eerste Minister van Suid-Afrika.
- 1992 – Barend Strydom word op parool vrygelaat nadat hy ter dood veroordeel en tot dertig jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op agt swartmense in 1986 voor die Staatsteater in Pretoria. Ook Robert McBride word op parool vrygelaat.
- 1994 – Die M/S Estonia, 'n veerboot wat tussen Tallinn, Estland en Stockholm, Swede pendeldienste verskaf, sink. 852 mense verdrink of vries dood in die koue water in een van die ergste seeongelukke in die Oossee.
- 2015 – Algehele maansverduistering.
Geboortes
wysig- 1808 – Jean Pierre Pellissier, Franse sendeling en stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie († 1867).
- 1836 – Thomas Crapper, Britse loodgieter en sakeman († 1910).
- 1854 – Frederick Charles Kolbe, Suid-Afrikaanse Katolieke geleerde, digter, skrywer, filosoof en plantkundige († 1936).
- 1858 – Gustav Cleemann, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1919).
- 1841 – Georges Clemenceau, Franse staatsman († 1929).
- 1852 – Henri Moissan, Franse chemikus, apteker en Nobelpryswenner († 1907).
- 1862 – Genl. ds. Paul Hendrik Roux, NG predikant en Vrystaatse generaal († 8 Junie 1911).
- 1872 – Richard Alexander Georg Wühner, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1919)
- 1887 – Anna Enslin, Afrikaanse skrywer, stadsraadslid en onderburgemeester van Bloemfontein († 1976).
- 1924 – Marcello Mastroianni, Italiaanse akteur († 1996).
- 1924 - Rudolf Barsjai, Sowjet en Russiese dirigent en altviolis. († 2010).
- 1925 – Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis in Worcester († 1991).
- 1934 – Brigitte Bardot, Franse aktrise, fotomodel en sangeres in Parys.
- 1945 – Pieter-Dirk Uys, Suid-Afrikaanse satirikus en dramaturg.
- 1946 – Roelof Temmingh, Suid-Afrikaanse komponis († 2012).
- 1962 – Thuli Madonsela, advokaat en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 1962 – Thomas Mørk, Deense akteur en regisseur.
- 1964 – Janeane Garofalo, Amerikaanse aktrise.
- 1967 – Mira Sorvino, Amerikaanse aktrise.
- 1967 – Moon Zappa, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1968 – Mika Häkkinen, Finse motorrenjaer.
- 1987 – Hilary Duff, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1992 – Skye McCole Bartusiak, Amerikaanse aktrise († 2014 op 22).
Sterftes
wysig- 1238 – Jeanne des Roches, Dame de Sablé, 'n Franse edelvrou (* 1195).
- 1891 – Herman Melville, Amerikaanse romanskrywer en veral bekend is vir sy meesterstuk: Moby Dick (* 1819).
- 1970 – Gamal Abdel Nasser, Egipte se tweede president (* 1918).
- 1953 – Edwin Hubble, Amerikaanse sterrekundige (* 1889).
- 1956 – William Edward Boeing, 'n Amerikaanse lugvaartpionier en stigter van die Boeing-maatskappy (* 1881).
- 1973 – Norma Crane, Amerikaanse aktrise (* 1928).
- 1978 – Pous Johannes Paulus I, die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1912).
- 1989 – Ferdinand Marcos, voormalige Filippynse president (* 1917).
- 2007 – Charles B. Griffith, Amerikaanse draaiboekskrywer (* 1930).
- 2023 - Dianne Feinstein, Amerikaanse senator (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 28 September. |