Pous Johannes Paulus I
Johannes Paulus I was die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 33 dae, in 1978. Hiermee is hy 10de op die Lys van kortste pontifikate. Hy staan bekend as die “laggende pous”. Voor sy verkiesing was hy patriarg van Venesië. Hy was die enigste pous wat die agtervoegsel “I” (die eerste) by sy naam gevoeg het.
Pous Johannes Paulus I | |
---|---|
Geboortenaam | Albino Luciani |
Pontifikaat begin | 26 Augustus 1978 |
Pontifikaat eindig | 28 September 1978 |
Voorganger | Paulus VI |
Opvolger | Johannes Paulus II |
Gebore | 17 Oktober 1912 Forno di Canale, Italië |
Sterf | 28 September 1978 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes Paulus |
Geseënde Pous Johannes Paulus I | |
---|---|
Gebore | 17 Oktober 1912, Forno di Canale, Italië |
Sterfte | 28 September 1978, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 4 September 2022, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus |
Feesdag | 26 Augustus |
Attribute | Pouslike klere, pallium |
Beskermheilige | Canale d'Agordo, Bisdom van Vittorio Veneto, Patriargaat van Venesië, Kategete |
Biografie
wysigPous Johannes Paulus I[1] is gebore as Albino Luciani op 17 Oktober 1912 in Forno di Canale, Italië. Hy was die oudste seun van Giovanni Luciani en Bartolomea Tancon. Luciano word priester gewy op 7 Julie 1935 in die San Pietro-kerk in Belluno deur biskop Giosue Cattarossi. Op 23 November 1946 promoveer hy magna cum laude met 'n proefskrif oor die oorsprong van die menslike siel. Op 27 Desember 1958 word hy biskop van Vittorio Veneto en op 3 Februarie 1969 word hy patriarg van Venesië. Hy word kardinaal-priester op 5 Maart 1973 met San Marci in Rome as titelkerk. Op 26 Augustus 1978 volg hy Pous Paulus VI op en regeer tot sy dood op 28 September 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus II. Die naam ‘Johannes Paulus’ is 'n saamvoeging van die name van die pous se twee voorgangers.
Kerklike loopbaan
wysig- 7 Julie 1935 – Priester gewy
- 27 Desember 1958 – Biskop gewy
- 15 Desember 1969 – Patriarg van Venesië
- 5 Maart 1973 – Kardinaal-priester van San Marco
- 26 Augustus 1978 – Pous van Rome
Pontifikaat
wysigOp 27 Augustus 1978 'n dag na sy verkiesing hou hy 'n toespraak waarin hy verklaar die werk van sy twee voorgangers te wil voortsit. Op 7 September 1978 onderstreep hy die siening in 'n toespraak tot die klerus deur hulle daarop te wys dat hulle verantwoordelik is vir die gelowiges. Hy beskou meditasie as 'n belangrike hulpmiddel in die uitvoering van die pligte van die geestelikheid. By sy kroning het hy afgesien van die gebruik van die tiara en is slegs met die pallium omhul. Pous Johannes Paulus I het slegs vier algemene oudiënsies gegee tydens sy kort bewind. Al vier het in die teken van die kategismus gestaan. Omdat die pous so onverwags gesterf het, was daar na sy dood spekulasie oor die doodsoorsaak. Die Vatikaan het 'n hartaanval aangegee en verdere ondersoeke het nooit iets anders opgelewer nie. Verskeie spekulasie het gesuggereer dat die pous vergiftig is omdat hy skandale van die Vatikaanse Bank sou wou ondersoek.[2]
Die kollege van kardinale
wysigPous Johannes Paulus I het geen nuwe kardinale aangestel gedurende sy kort pontifikaat nie.
Saligverklarings
wysigPous Johannes Paulus I het geen persone salig verklaar nie.
Heiligverklarings
wysigPous Johannes Paulus I het geen persone heilig verklaar nie
Verering
wysigOp 4 September 2022 word Pous Johannes Paulus I salig verklaar deur Pous Franciskus, sy feesdag is 26 Augustus.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ John Paul I. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Burkle-Young, F.A. 1999,‘’Passing the keys. Modern Cardinals, Conclaves and the Election of the next Pope’’ New York, p. 267
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Johannes Paulus I. |
- Onafhanklike biografie
- VH Inskrywing in die Vatican History (in Duits).
- CA Inskrywing in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
- Inskrywing in die Catholic Hierarchy (Engels)
- Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Paulus VI |
Pous (Pontifex Maximus) 1978 – 1978 |
Opgevolg deur Johannes Paulus II |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |