Nobelprys vir Chemie
Die Nobelprys vir Chemie (Sweeds: Nobelpriset i kemi) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van chemie gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir fisika, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.
Nobelprys vir Chemie
| ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in chemie | |
Borg | Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Chemie tradisioneel derde en op 'n Woensdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 195 individue toegeken.[2] Nog net agt vroue het dit gekry: Marie Curie en Irène Joliot-Curie in 1935, Dorothy Crowfoot Hodgkin in 1964, Ada Yonath in 2009, Frances Arnold in 2018, Emmanuelle Charpentier en Jennifer Doudna in 2020, asook Carolyn R. Bertozzi in 2022.[3]
Twee Nobelprys vir Chemie-wenners, naamlik die Duitsers Richard Kuhn (1938) en Adolf Butenandt (1939), was deur hul regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hulle sou later, ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog, 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie. Frederick Sanger is een van drie bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1958 en in 1980. Karl Barry Sharpless is ook twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 2001 en 2022. John Bardeen is twee keer met die Nobelprys vir fisika bekroon, in 1956 en in 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]
Die 2024-Nobelprys vir Chemie is toegeken aan David Baker "vir rekenkundige proteïenontwerp" asook aan Demis Hassabis en John M. Jumper "vir die voorspelling van proteïenstruktuur".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Chemie vanaf 1901 tot op hede. In 1916–1917, 1919, 1924, 1933 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
1900's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1901[7] | Jacobus Henricus van 't Hoff | Nederland | "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die wette van chemiese dinamika en die osmotiese druk in oplossings" | |
1902[8] | Hermann Emil Fischer | Duitse Keiserryk | "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur sy werk ten opsigte van suiker- en puriensintese" | |
1903[9] | Svante Arrhenius | Swede | "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het ten opsigte van die bevordering van chemie deur sy elektrolitiese teorie van dissosiasie" | |
1904[10] | William Ramsay | Verenigde Koninkryk | "uit erkenning vir sy dienste deur die ontdekking van die onreaktiewe gasvormige elemente in lug en sy bepaling van hul posisie in die Periodieke Stelsel" | |
1905[11] | Adolf von Baeyer | Duitse Keiserryk | "uit erkenning vir sy dienste ter bevordering van organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy werk ten opsigte van organiese kleurstowwe en hidro-aromatiese verbindings" | |
1906[12] | Henri Moissan | Frankryk | "uit erkenning vir die reuse-dienste deur hom gelewer in sy navorsing en vir die isolering van die element fluoor, asook vir die ingebruikname in diens van die wetenskap van die elektriese oond wat na hom genoem is" | |
1907[13] | Eduard Buchner | Duitse Keiserryk | "vir sy biochemiese navorsing en sy ontdekking van selvrye fermentasie" | |
1908[14] | Ernest Rutherford | Verenigde Koninkryk Nieu-Seeland |
"vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente en die chemie van radioaktiewe stowwe" | |
1909[15] | Wilhelm Ostwald | Duitse Keiserryk | "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van katalise en vir sy ondersoeke na die fundamentele beginsels wat chemiese ekwilibria en reaksietempo beheer" |
1910's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1910[16] | Otto Wallach | Duitse Keiserryk | "uit erkenning vir sy dienste aan organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy pionierswerk op die gebied van alisikliese verbinding" | |
1911[17] | Marie Curie | Pole Frankryk |
"uit erkenning vir haar dienste ten opsigte van die bevordering van chemie deur die ontdekking van die elemente radium en polonium deur die isolering van radium en die bestudering van die aard en die verbindings van hierdie merkwaardige element" | |
1912[18] | Victor Grignard | Frankryk | "vir die ontdekking van die sogenaamde Grignard-reagens wat die vordering van organiese chemie grootliks bevorder het" | |
Paul Sabatier | "vir sy metode om organiese verbindings in die teenwoordigheid van fyn gedisintegreerde metale te hidrogeniseer, waardeur die vooruitgang van organiese chemie grootliks bevorder is" | |||
1913[19] | Alfred Werner | Switserland | "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van die binding van atome in molekule, waardeur hy nuwe lig op vroeëre navorsing gewerp en nuwe navorsingsvelde in veral anorganiese chemie toeganklik gemaak het" | |
1914[20] | Theodore William Richards | Verenigde State | "uit erkenning vir sy akkurate vasstelling van die atoomgewig van 'n groot aantal chemiese elemente" | |
1915[21] | Richard Willstätter | Duitse Keiserryk | "vir sy navorsing ten opsigte van plantpigmente, en in die besonder chlorofil" | |
1918[22] | Fritz Haber | "vir die sintese van ammoniak en die elemente daarvan" |
1920's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1920[23] | Walther Nernst | Republiek van Weimar | "uit erkenning vir sy werk in termochemie" | |
1921[24] | Frederick Soddy | Verenigde Koninkryk | "vir sy bydrae tot ons kennis van die chemie van radioaktiewe stowwe en sy navorsing ten opsigte van die oorsprong en aard van isotope" | |
1922[25] | Francis William Aston | "vir sy ontdekking – deur middel van sy massaspektograaf – van isotope in 'n groot aantal nieradioaktiewe elemente, en vir sy formulering van die heelgetalreël" | ||
1923[26] | Fritz Pregl | Oostenryk Joego-Slawië |
"vir die uitvind van die metode van mikroanalise van organiese stowwe" | |
1925[27] | Richard Adolf Zsigmondy | Republiek van Weimar Hongarye |
"vir sy demonstrasie van die heterogene aard van kolloïedoplossings en vir die metodes wat hy gebruik het en wat sedertdien fundamenteel in moderne kolloïedchemie geword het" | |
1926[28] | Theodor Svedberg | Swede | "vir sy werk ten opsigte van dispersiestelsels" | |
1927[29] | Heinrich Otto Wieland | Republiek van Weimar | "vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van die galsure en verwante stowwe" | |
1928[30] | Adolf Windaus | "vir die dienste gelewer deur sy navorsing ten opsigte van sterole en hul verwantskap met vitamiene" | ||
1929[31] | Arthur Harden | Verenigde Koninkryk | "vir hul navorsing ten opsigte van die fermentasie van suiker en fermentatiewe ensieme" | |
Hans von Euler-Chelpin | Swede |
1930's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1930[32] | Hans Fischer | Republiek van Weimar | "vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van hemien en chlorofil, en veral sy sintese van hemien" | |
1931[33] | Carl Bosch | "uit erkenning vir hul bydraes tot die uitvinding en ontwikkeling van chemiese hoëdrukmetodes" | ||
Friedrich Bergius | ||||
1932[34] | Irving Langmuir | Verenigde State | "vir sy ontdekkings en navorsing ten opsigte van oppervlakchemie" | |
1934[35] | Harold Urey | "vir sy ontdekking van swaar waterstof" | ||
1935[36] | Frédéric Joliot-Curie | Frankryk | "uit erkenning vir hul sintese van nuwe radioaktiewe elemente" | |
Irène Joliot-Curie | ||||
1936[37] | Peter Debye | Nederland | "vir sy bydraes tot ons kennis van die molekulêre struktuur deur sy navorsing ten opsigte van dipoolmomente en die diffraksie van X-strale en elektrone in gasse" | |
1937[38] | Norman Haworth | Verenigde Koninkryk | "vir sy navorsing ten opsigte van koolhidrate en vitamien C" | |
Paul Karrer | Switserland | "vir sy navorsing ten opsigte van karotenoïede, flavien en vitamiene A en B2" | ||
1938[39] | Richard Kuhn | Nazi-Duitsland | "vir sy werk ten opsigte van karotenoïede en vitamiene." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het later wel die diploma en die medalje ontvang | |
1939[40] | Adolf Butenandt | "vir sy werk ten opsigte van geslagshormone." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het wel later die diploma en die medalje ontvang. | ||
Leopold Ružička | Joego-Slawië Switserland |
"vir sy werk ten opsigte van polimetilene en hoëre terpene" |
1940's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1943[41] | George de Hevesy | Nazi-Duitsland | "vir sy werk ten opsigte van die gebruik van isotope as spoorders in die bestudering van chemiese prosesse" | |
1944[42] | Otto Hahn | "vir sy ontdekking van die splyting van swaar kerne" | ||
1945[43] | Artturi Ilmari Virtanen | Finland | "vir sy navorsing en uitvindings op die gebied van landbou- en voedingschemie, en veral vir sy metode om voer te preserveer" | |
1946[44] | James B. Sumner | Verenigde State | "vir sy ontdekking dat ensieme gekristalliseer kan word" | |
John Howard Northrop | "vir hul bereiding van ensieme en virusproteïene in 'n suiwer vorm" | |||
Wendell Meredith Stanley | ||||
1947[45] | Robert Robinson | Verenigde Koninkryk | "vir sy ondersoeke ten opsigte van plantprodukte van biologiese belang – veral die alkaloïede" | |
1948[46] | Arne Tiselius | Swede | "vir sy navorsing ten opsigte van elektroforese en adsorpsieanalise, en veral vir sy ontdekkings aangaande die komplekse aard van die serumproteïene" | |
1949[47] | William Giauque | Verenigde State | "vir sy bydrae op die gebied van chemiese termodinamika, veral wat die gedrag van stowwe teen uiters lae temperature betref" |
1950's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1950[48] | Otto Diels | Wes-Duitsland | "vir hul ontdekking en ontwikkeling van die dieensintese" | |
Kurt Alder | ||||
1951[49] | Edwin McMillan | Verenigde State | "vir hul ontdekkings in die chemie van die transuraanelemente" | |
Glenn T. Seaborg | ||||
1952[50] | Archer Martin | Verenigde Koninkryk | "vir hul uitvinding van verdelingschromatografie" | |
Richard Laurence Millington Synge | ||||
1953[51] | Hermann Staudinger | Wes-Duitsland | "vir sy ontdekkings op die gebied van makromolekulêre chemie" | |
1954[52] | Linus Pauling | Verenigde State | "vir sy navorsing ten opsigte van die chemiese binding en die toepassing daarvan in die opheldering van die struktuur van komplekse stowwe" | |
1955[53] | Vincent du Vigneaud | "vir sy werk ten opsigte van biochemies belangrike swaelverbindings, veral vir die eerste sintese van 'n polipeptiedhormoon" | ||
1956[54] | Cyril Norman Hinshelwood | Verenigde Koninkryk | "vir hul navorsing ten opsigte van die meganisme van chemiese reaksies" | |
Nikolai Semjonof | Sowjetunie | |||
1957[55] | Alexander R. Todd | Verenigde Koninkryk | "vir sy werk ten opsigte van nukleotiede en nukleotied-koënsieme" | |
1958[56] | Frederick Sanger | "vir sy werk aan die struktuur van proteïene en veral dié van insulien" | ||
1959[57] | Jaroslav Heyrovský | Tsjeggo-Slowakye | "vir die ontdekking en ontwikkeling van die polarografiese ontledingsmetodes" |
1960's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1960[58] | Willard Libby | Verenigde State | "vir sy metode van die gebruik van koolstof-14 vir die vasstelling van ouderdom in argeologie, geofisika en ander vertakkinge van die wetenskap" | |
1961[59] | Melvin Calvin | "vir sy navorsing oor die assimilasie van koolstofdioksied in plante" | ||
1962[60] | Max Perutz | Verenigde Koninkryk | "vir hul ondersoeke na die strukture van globulêre proteïene" | |
John Kendrew | ||||
1963[61] | Karl Ziegler | Wes-Duitsland | "vir hul ontdekkings op die gebied van die chemie en tegnologie van lang polimere" | |
Giulio Natta | Italië | |||
1964[62] | Dorothy Crowfoot Hodgkin | Verenigde Koninkryk | "vir haar bepaling van die strukture van belangrike biochemiese stowwe deur middel van X-straaltegnieke" | |
1965[63] | Robert Burns Woodward | Verenigde State | "vir sy hoogstaande prestasies op die gebied van organiese sintese" | |
1966[64] | Robert S. Mulliken | "vir sy fundamentele werk oor chemiese bindinge en die elektroniese strukture van molekule deur middel van die molekuul-orbitaalmetode" | ||
1967[65] | Manfred Eigen | Wes-Duitsland | "vir hul ondersoeke na uiters vinnige chemiese reaksies wat ontstaan deur die versteuring van die ewewig deur middel van baie kort energiepulse" | |
Ronald George Wreyford Norrish | Verenigde Koninkryk | |||
George Porter | ||||
1968[66] | Lars Onsager | Verenigde State | "vir die ontdekking van die wederkerige verhoudings wat na hom genoem is en wat fundamenteel vir die termodinamika van onomkeerbare prosesse is" | |
1969[67] | Derek Barton | Verenigde Koninkryk | "vir hul bydraes tot die ontwikkeling van die konsep konformasie en die toepassing daarvan in chemie" | |
Odd Hassel | Noorweë |
1970's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1970[68] | Luis Federico Leloir | Argentinië | "vir sy ontdekking van suikernukleotiede en hul rol in die biosintese van koolhidrate" | |
1971[69] | Gerhard Herzberg | Kanada Wes-Duitsland |
"vir sy bydraes tot die kennis van die elektroniese strukture en geometrie van molekule, in die besonder vrye radikale" | |
1972[70] | Christian B. Anfinsen | Verenigde State | "vir sy werk aan ribonuklease, veral wat die verband tussen die aminosuurvolgorde en sy biologies-aktiewe bevestiging betref" | |
Stanford Moore | "vir hul bydrae tot die begrip van die verband tussen die chemiese strukture en katalitiese aktiwiteit van die aktiewe sentrum van die ribonuklease-molekuul" | |||
William Howard Stein | ||||
1973[71] | Ernst Otto Fischer | Wes-Duitsland | "vir hul baanbrekerswerk wat onafhanklik van mekaar uitgevoer is ten opsigte van die chemie van die organometaalverbindings – die sogenaamde toebroodjieverbindings" | |
Geoffrey Wilkinson | Verenigde Koninkryk | |||
1974[72] | Paul Flory | Verenigde State | "vir sy fundamentele prestasies, beide teoreties en eksperimenteel, in die fisiese chemie van makromolekule" | |
1975[73] | John Cornforth | Australië Verenigde Koninkryk |
"vir sy werk oor die stereochemie van ensiemgekataliseerde reaksies" | |
Vladimir Prelog | Joego-Slawië Switserland |
"vir sy navorsing oor die stereochemie van organiese molekule en reaksies" | ||
1976[74] | William Lipscomb | Verenigde State | "vir sy ondersoeke na die struktuur van borane wat die probleme van chemiese binding toelig" | |
1977[75] | Ilya Prigogine | België | "vir sy bydraes tot nieewewigstermodinamika en in die besonder die teorie van dissiperende strukture" | |
1978[76] | Peter D. Mitchell | Verenigde Koninkryk | "vir sy bydrae tot die insig in biologiese energie-oordrag deur die formulering van die chemiosmotiese teorie" | |
1979[77] | Herbert C. Brown | Verenigde State | "vir hul ontwikkeling van die gebruik van verbindings wat boron en fosfor bevat in belangrike reagense in organiese sintese" | |
Georg Wittig | Wes-Duitsland |
1980's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1980[78] | Paul Berg | Verenigde State | "vir sy basiese ondersoeke ten opsigte van die biochemie van nukleïensure, met bepaalde betrekking tot rekombinante Deoksiribonukleïensuur" | |
Walter Gilbert | "vir hul bydraes ten opsigte van die bepaling van basisvolgordes in nukleïensure" | |||
Frederick Sanger | Verenigde Koninkryk | |||
1981[79] | Kenichi Fukui | Japan | "vir die teorieë wat hulle onafhanklik van mekaar ontwikkel het aangaande die verloop van chemiese reaksies" | |
Roald Hoffmann | Verenigde State Pole | |||
1982[80] | Aaron Klug | Verenigde Koninkryk | "vir die ontwikkeling van kristallografiese elektronmikroskopie en sy struktuuropheldering van biologies belangrike nukleïensuur-proteïen-komplekse" | |
1983[81] | Henry Taube | Verenigde State | "vir sy werk ten opsigte van die meganismes van elektronoordragreaksies, veral in metaalkomplekse" | |
1984[82] | Robert Bruce Merrifield | "vir die ontwikkeling van metodologie vir chemiese sintese op 'n vaste matrys" | ||
1985[83] | Herbert A. Hauptman | "vir hul uitsonderlike prestasies ten opsigte van die ontwikkeling van direkte metodes vir die bepaling van kristalstruktuur" | ||
Jerome Karle | ||||
1986[84] | Dudley R. Herschbach | "vir hul bydraes ten opsigte van die dinamika van chemies-elementêre prosesse" | ||
Yuan T. Lee | Verenigde State Republiek van China | |||
John Polanyi | Kanada Hongarye | |||
1987[85] | Donald J. Cram | Verenigde State | "vir hul ontwikkeling en gebruik van molekule met struktuurspesifieke interaksies van hoë selektiwiteit" | |
Jean-Marie Lehn | Frankryk | |||
Charles J. Pedersen | Verenigde State | |||
1988[86] | Johann Deisenhofer | Wes-Duitsland | "vir die bepaling van die driedimensionele struktuur van 'n fotosintetiese reaksiesentrum" | |
Robert Huber | ||||
Hartmut Michel | ||||
1989[87] | Sidney Altman | Kanada Verenigde State |
"vir hul ontdekking van die katalitiese eienskappe van ribonukleïensuur (DNS)" | |
Thomas Cech | Verenigde State |
1990's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1990[88] | Elias James Corey | Verenigde State | "vir sy ontwikkeling van die teorie en metodologie van organiese sintese" | |
1991[89] | Richard R. Ernst | Switserland | "vir sy bydraes tot die ontwikkeling van die metodologie van hoë-resolusie kernmagnetiese resonansiespektroskopie (KMR-spektroskopie)" | |
1992[90] | Rudolph A. Marcus | Verenigde State Kanada |
"vir sy bydraes tot die teorie van elektronoordragreaksies in chemiese stelsels" | |
1993[91] | Kary Mullis | Verenigde State | "toegeken vir bydraes tot die ontwikkeling van metodes binne DNS-gebaseerde chemie […] vir sy uitvind van die polimerase kettingreaksiemetode (PKR)" | |
Michael Smith | Kanada | "vir bydraes tot die ontwikkeling van metodes binne DNS-gebaseerde chemie […] vir sy fundamentele bydraes tot die totstandkoming van oligonukleotied-gebaseerde, teikengerigte mutagenese en die ontwikkeling daarvan vir proteïenondersoeke" | ||
1994[92] | George Andrew Olah | Verenigde State Hongarye |
"vir sy bydrae tot karbokatioonchemie" | |
1995[93] | Paul J. Crutzen | Nederland | "vir hul werk in atmosferiese chemie, veral wat die vorming en afbreek van osoon betref" | |
Mario J. Molina | Meksiko | |||
F. Sherwood Rowland | Verenigde State | |||
1996[94] | Robert Curl | "vir hul ontdekking van Buckminsterfullerene" | ||
Harry Kroto | Verenigde Koninkryk | |||
Richard Smalley | Verenigde State | |||
1997[95] | Paul D. Boyer | "vir hul opheldering van die ensimatiese meganisme onderliggend aan die sintese van adenosientrifosfatase (ATPase)" | ||
John E. Walker | Verenigde Koninkryk | |||
Jens Christian Skou | Denemarke | "vir die eerste ontdekking van 'n ioondraende ensiem, Na+, K+-ATPase" | ||
1998[96] | Walter Kohn | Verenigde State | "vir sy ontwikkeling van die digtheidsfunksionele teorie" | |
John Pople | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontwikkeling van berekeningsmetodes in kwantumchemie" | ||
1999[97] | Ahmed Zewail | Verenigde State Egipte |
"vir sy ondersoeke na die oorgangstoestande van chemiese reaksies met behulp van femtosekondspektroskopie" |
2000's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2000[98] | Alan J. Heeger | Verenigde State | "vir die ontdekking en ontwikkeling van geleidende polimere" | |
Alan MacDiarmid | Verenigde State Nieu-Seeland | |||
Hideki Shirakawa | Japan | |||
2001[99] | William Standish Knowles | Verenigde State | "vir hul werk aan chiraalgekataliseerde hidrogenasiereaksies" | |
Ryōji Noyori | Japan | |||
Karl Barry Sharpless | Verenigde State | "vir sy werk aan chiraalgekataliseerde oksidasiereaksies" | ||
2002[100] | John Fenn | "vir hul ontwikkeling van sagte desorbering-ionisasiemetodes vir massaspektrometriese analises van biologiese makromolekule" | ||
Koichi Tanaka | Japan | |||
Kurt Wüthrich | Switserland | "vir sy ontwikkeling van kernmagnetiese resonansiespektroskopie vir die bepaling van die driedimensionele struktuur van biologiese makromolekule in oplossing" | ||
2003[101] | Peter Agre | Verenigde State | "vir ontdekkings rakende kanale in selmembrane […] vir die ontdekking van waterkanale" | |
Roderick MacKinnon | "vir ontdekkings rakende kanale in selmembrane […] vir strukturele en meganistiese studies van ioon-kanale" | |||
2004[102] | Aaron Ciechanover | Israel | "vir die ontdekking van ubikitien-bemiddelde proteïen-afbreking." Hierdie chemici het aan die begin van die 1980's een van die sel se mees belangrike sikliese prosesse, naamlik die afbreking van die proteïne waaruit alle lewende wesens opgebou is, ontdek. | |
Avram Hershko | ||||
Irwin Rose | Verenigde State | |||
2005[103] | Yves Chauvin | Frankryk | "vir die ontwikkeling van die metatese-metode in organiese sintese" | |
Robert H. Grubbs | Verenigde State | |||
Richard R. Schrock | ||||
2006[104] | Roger D. Kornberg | "vir sy studies van die molekulêre basis van eukariotiese transkripsie" | ||
2007[105] | Gerhard Ertl | Duitsland | "vir sy studies van chemiese prosesse op vaste oppervlakke" | |
2008[106] | Osamu Shimomura | Japan | "vir die ontdekking en ontwikkeling van die groen fluoresserende proteïen, GFP" | |
Martin Chalfie | Verenigde State | |||
Roger Y. Tsien | ||||
2009[107] | Venkatraman Ramakrishnan | Verenigde State Indië Verenigde Koninkryk |
"vir die studie van die struktuur en funksie van die ribosoom" | |
Thomas A. Steitz | Verenigde State | |||
Ada Yonath | Israel |
2010's
wysig2020's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2020[118] | Emmanuelle Charpentier | Frankryk | "vir die ontwikkeling van 'n metode vir genoomredigering" | |
Jennifer Doudna | Verenigde State | |||
2021[119] | Benjamin List | Duitsland | "vir die ontwikkeling van asimmetriese organokatalise" | |
David MacMillan | Verenigde Koninkryk | |||
2022[120] | Carolyn R. Bertozzi | Verenigde State | "vir die ontwikkeling van klikchemie en bioortogonale chemie" | |
Morten P. Meldal | Denemarke | |||
Karl Barry Sharpless | Verenigde State | |||
2023[121] | Moungi Bawendi | Verenigde State Frankryk Tunisië |
"vir die ontdekking en sintese van kwantumpunte" | |
Louis E. Brus | Verenigde State | |||
Alexej Ekimof | Rusland | |||
2024[5] | David Baker | Verenigde State | "vir rekenkundige proteïenontwerp" | |
Demis Hassabis | Verenigde Koninkryk | "vir die voorspelling van proteïenstruktuur" | ||
John M. Jumper | Verenigde Koninkryk Verenigde State |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Nomination and selection of Chemistry Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 9 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "All Nobel Laureates in Chemistry". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 9 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 9 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ 5,0 5,1 (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2024". Nobelprize.org. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1901". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1902". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1903". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1904". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1905". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1906". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1907". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1908". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1909". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1910". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1911". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1912". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1913". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1914". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1915". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1918". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1920". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1921". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1922". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1923". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1925". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1926". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1927". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1928". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1929". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1930". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1931". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1932". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1934". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1935". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1936". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1937". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1938". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1939". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1943". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1944". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1945". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1946". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1947". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1948". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1949". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1950". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1951". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1952". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1953". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1954". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1955". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1956". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1957". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1958". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1959". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1960". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1961". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1962". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1963". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1964". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1965". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1966". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1967". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1968". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1969". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1970". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1971". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1972". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1973". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1974". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1975". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1976". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1977". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1978". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1979". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1980". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1981". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1982". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1983". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1984". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1985". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1986". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1987". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1988". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1989". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1990". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1991". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1992". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1993". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1994". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1995". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1996". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2019. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1997". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1998". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 1999". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2000". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2001". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2002". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2003". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2004". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2005". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2006". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2007". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2008". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2009". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2010". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2011". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2012". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2013". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2014". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2015". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2016". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2017". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2018". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2019". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2020". Nobelprize.org. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2021". Nobelprize.org. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2022". Nobelprize.org. Besoek op 9 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2023". Nobelprize.org. Besoek op 9 Oktober 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Nobelprys vir Chemie. |
- (en) "All Nobel Laureates in Chemistry". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Besoek op 9 Oktober 2024.
- (en) "Winners of the Nobel Prize for Chemistry". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Oktober 2024.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia