Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe
Die Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel (Sweeds: Sveriges riksbanks pris i ekonomisk vetenskap till Alfred Nobels minne), oftewel Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe of Nobelprys vir Ekonomie, word sedert 1969 elke jaar deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe aan mense toegeken, wat 'n besondere bydra tot die ekonomiese wetenskappe gelewer het, hoewel Alfred Nobel in sy testament nie vir dié prys voorsiening gemaak het nie. Dit word as gelykwaardig aan al die ander Nobelpryse beskou, maar staan amptelik as "gedenkprys ter ere van Alfred Nobel" bekend. Die prys word soms vir sy nieamptelike karakter, maar desondanks gelykwaardigheid met al die ander Nobelpryse, gekritiseer. Nogtans word dit as belangrikste toekenning in die vakgebied van Ekonomiese Wetenskappe beskou.
Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe
| ||
Aankondiging van die pryswenner in 2008 | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in Ekonomiese Wetenskappe | |
Borg | Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 27 Oktober 1969 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe tradisioneel laaste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 93 individue toegeken.[2] Nog net drie vroue het dit gekry: Elinor Ostrom in 2009, Esther Duflo in 2019 en Claudia Goldin in 2023.[3]
Die 2023-Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel is toegeken aan Claudia Goldin "vir die bevordering van vroue se begrip se arbeidsmarkuitkomste".[4]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[5] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vanaf 1969 tot op hede.
1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
1960's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
1969[6] | Ragnar Frisch | Noorweë | "vir die ontwikkeling en toepassing van dinamiese modelle vir die analise van ekonomiese prosesse" | Universiteit van Oslo | Universiteit van Oslo | |
Jan Tinbergen | Nederland | Universiteit van Leiden | Erasmus Universiteit Rotterdam |
1970's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
1970[7] | Paul Samuelson | Verenigde State | "vir die wetenskaplike werk waardeur hy statiese en dinamiese ekonomiese teorieë ontwikkel en aktief bygedra het tot die verhoging van die vlak van analise in ekonomiese wetenskap" | Harvard-universiteit | Massachusetts Institute of Technology | |
1971[8] | Simon Kuznets | "vir sy empiriese gegronde interpretasie van ekonomiese groei wat gelei het tot nuwe en verdiepte insig in die ekonomiese en sosiale struktuur en proses van ontwikkeling" | Columbia-universiteit | Harvard-universiteit | ||
1972[9] | John Hicks | Verenigde Koninkryk | "vir hul baanbrekende bydraes tot algemene ekonomiese ewewigs- en welsynsteorie" | Universiteit van Oxford | Universiteit van Oxford | |
Kenneth Arrow | Verenigde State | Columbia-universiteit | Stanford-universiteit | |||
1973[10] | Wassily Leontief | Sowjetunie Verenigde State |
"vir die ontwikkeling van die inset-uitset-metode en vir die toepassing daarvan op belangrike ekonomiese probleme" | Universiteit van Berlyn | Harvard-universiteit | |
1974[11] | Gunnar Myrdal | Swede | "vir hul baanbrekerswerk in die teorie van geld en ekonomiese skommelinge en vir hul indringende analise van die interafhanklikheid van ekonomiese, sosiale en institusionele verskynsels" | Universiteit van Stockholm | Universiteit van Stockholm | |
Friedrich Hayek | Oostenryk Verenigde Koninkryk |
Universiteit van Wene | London School of Economics, Universiteit van Chicago | |||
1975[12] | Leonid Kantorowitsj | Sowjetunie | "vir hul bydraes tot die teorie van optimale toekenning van hulpbronne" | Leningradse Staatsuniversiteit | Nowosibirsk Staatsuniversiteit | |
Tjalling Koopmans | Nederland Verenigde State |
Universiteit van Leiden | Universiteit van Chicago, Yale-universiteit | |||
1976[13] | Milton Friedman | Verenigde State | "vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid" | Columbia-universiteit | Universiteit van Chicago | |
1977[14] | Bertil Ohlin | Swede | "vir hul baanbrekende bydraes tot die teorie van internasionale handel en internasionale kapitaalbewegings" | Universiteit van Stockholm | Stockholm Skool vir Ekonomie | |
James Meade | Verenigde Koninkryk | Universiteit van Cambridge | Universiteit van Cambridge | |||
1978[15] | Herbert A. Simon | Verenigde State | "vir sy baanbrekende ondersoek na die besluitnemingsproses binne ekonomiese organisasies" | Universiteit van Chicago | Carnegie Mellon-universiteit | |
1979[16] | Theodore Schultz | "vir hul baanbrekende navorsing oor ekonomiese ontwikkeling met besondere aandag op die probleme van ontwikkelende lande" | Suid-Dakota Staatsuniversiteit, Universiteit van Wisconsin-Madison | Universiteit van Chicago | ||
Arthur Lewis | St. Lucia Verenigde Koninkryk |
London School of Economics | Princeton-universiteit |
1980's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
1980[17] | Lawrence Klein | Verenigde State | "vir die skepping van ekonometriese modelle en die toepassing op die ontleding van ekonomiese skommelinge en ekonomiese beleid" | Massachusetts Institute of Technology | Universiteit van Pennsilvanië | |
1981[18] | James Tobin | "vir sy analise van finansiële markte en hul verhoudings met uitgawesbesluite, indiensneming, produksie en pryse" | Harvard-universiteit | Yale-universiteit | ||
1982[19] | George Stigler | "vir sy seminale studies van industriële strukture, funksionering van markte en oorsake en gevolge van openbare regulering" | Universiteit van Chicago | Universiteit van Chicago | ||
1983[20] | Gérard Debreu | Frankryk | "omdat hy nuwe analitiese metodes in ekonomiese teorie ingesluit het en vir sy streng herformulering van die teorie van algemene ewewig" | École Normale Supérieure, Universiteit van Parys | Universiteit van Kalifornië, Berkeley | |
1984[21] | Richard Stone | Verenigde Koninkryk | "omdat hy fundamentele bydraes gelewer het tot die ontwikkeling van stelsels van nasionale rekeninge en dus die basis vir empiriese ekonomiese ontleding aansienlik verbeter het" | Universiteit van Cambridge | Universiteit van Cambridge | |
1985[22] | Franco Modigliani | Italië | "vir sy baanbrekende ontledings van besparing en finansiële markte" | The New School for Social Research | Massachusetts Institute of Technology | |
1986[23] | James M. Buchanan | Verenigde State | "vir sy ontwikkeling van die kontraktuele en grondwetlike grondslae vir die teorie van ekonomiese en politieke besluitneming" | Universiteit van Chicago | George Mason-universiteit | |
1987[24] | Robert Solow | "vir sy bydraes tot die teorie van ekonomiese groei" | Harvard-universiteit | Massachusetts Institute of Technology | ||
1988[25] | Maurice Allais | Frankryk | "vir sy baanbrekende bydraes tot die teorie van markte en doeltreffende benutting van hulpbronne" | École polytechnique | École nationale supérieure des mines de Paris, Universiteit Parys-Nanterre | |
1989[26] | Trygve Haavelmo | Noorweë | "vir sy verduideliking van die waarskynlikheidsteorie se grondslag in ekonometrie en sy analise van gelyktydige ekonomiese strukture" | Universiteit van Oslo | Universiteit van Oslo |
1990's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
1990[27] | Harry Markowitz | Verenigde State | "vir hul baanbrekerswerk in die teorie van finansiële ekonomie" | Universiteit van Chicago | Stadsuniversiteit van New York | |
Merton Miller | Johns Hopkins-universiteit | Carnegie Mellon-universiteit, Universiteit van Chicago | ||||
William F. Sharpe | Universiteit van Kalifornië, Los Angeles | Stanford-universiteit | ||||
1991[28] | Ronald Coase | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontdekking en verduideliking van die betekenis van transaksiekoste en eiendomsreg vir die institusionele struktuur en funksionering van die ekonomie" | London School of Economics | Universiteit van Chicago, London School of Economics | |
1992[29] | Gary Becker | Verenigde State | "vir die uitbreiding van die domein van mikro-ekonomiese analise tot 'n wye verskeidenheid van menslike gedrag en interaksie, insluitende niemarkgedrag" | Universiteit van Chicago | Universiteit van Chicago | |
1993[30] | Robert Fogel | "om navorsing in die ekonomiese geskiedenis te hernu deur ekonomiese teorie en kwantitatiewe metodes toe te pas om ekonomiese en institusionele veranderinge te verduidelik" | Johns Hopkins-universiteit | Universiteit van Chicago | ||
Douglass North | Universiteit van Kalifornië, Berkeley | Washington-universiteit in St Louis | ||||
1994[31] | John Harsanyi | "vir hul baanbrekende analise van ewewig in die teorie van niesamewerkende speletjies" | Stanford-universiteit | Universiteit van Kalifornië, Berkeley | ||
John Forbes Nash | Princeton-universiteit | Princeton-universiteit | ||||
Reinhard Selten | Duitsland | Goethe-universiteit Frankfurt | Universiteit van Bonn | |||
1995[32] | Robert Lucas Jr. | Verenigde State | "vir die ontwikkeling en toepassing van die hipotese van rasionele verwagtings, en sodoende transformasie van makro-ekonomiese ontleding en verdieping van ons begrip van ekonomiese beleid" | Universiteit van Chicago | Universiteit van Chicago | |
1996[33] | James Mirrlees | Verenigde Koninkryk | "vir hul fundamentele bydraes tot die ekonomiese teorie van aansporings onder asimmetriese inligting" | Universiteit van Cambridge | Universiteit van Oxford, Universiteit van Cambridge | |
William Vickrey | Kanada Verenigde State |
Columbia-universiteit | Columbia-universiteit | |||
1997[34] | Robert C. Merton | Verenigde State | "vir 'n nuwe metode om die waarde van afgeleides te bepaal" | Massachusetts Institute of Technology | Massachusetts Institute of Technology | |
Myron Scholes | Kanada Verenigde State |
Universiteit van Chicago | Massachusetts Institute of Technology | |||
1998[35] | Amartya Sen | Indië | "vir sy bydraes tot die welvaartsekonomie" | Universiteit van Cambridge | Harvard-universiteit, Universiteit van Cambridge | |
1999[36] | Robert Mundell | Kanada | "vir sy analise van monetêre en fiskale beleid onder verskillende wisselkoersregimes en sy analise van optimale geldeenhedsgebiede" | Massachusetts Institute of Technology | Columbia-universiteit |
2000's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
2000[37] | James Heckman | Verenigde State | "vir sy ontwikkeling van teorie en metodes vir die ontleding van selektiewe monsters" | Princeton-universiteit | Universiteit van Chicago | |
Daniel McFadden | "vir sy ontwikkeling van teorie en metodes vir die analise van diskrete keuse" | Universiteit van Minnesota | Universiteit van Kalifornië, Berkeley, Massachusetts Institute of Technology | |||
2001[38] | George Akerlof | "vir hul ontledings van markte met asimmetriese inligting" | Massachusetts Institute of Technology | Georgetown-universiteit, Universiteit van Kalifornië, Berkeley | ||
Michael Spence | Harvard-universiteit | Harvard-universiteit | ||||
Joseph E. Stiglitz | Massachusetts Institute of Technology | Princeton-universiteit, Columbia-universiteit | ||||
2002[39] | Daniel Kahneman | Israel Verenigde State |
"omdat hulle insigte van sielkundige navorsing in ekonomiese wetenskap, veral met betrekking tot menslike oordeel en besluitneming onder onsekerheid, geïntegreer het" | Universiteit van Kalifornië, Berkeley | Princeton-universiteit, University of British Columbia | |
Vernon L. Smith | Verenigde State | "om laboratorium eksperimente as 'n instrument in empiriese ekonomiese analise te vestig, veral in die studie van alternatiewe markmeganismes" | Harvard-universiteit | Universiteit van Arizona | ||
2003[40] | Robert F. Engle | "vir metodes om ekonomiese tydreekse te ontleed met tydwisselende wisselvalligheid (ARCH)" | Cornell-universiteit | Universiteit van Kalifornië, San Diego | ||
Clive Granger | Verenigde Koninkryk | "vir metodes om ekonomiese tydreekse met algemene tendense te analiseer (mede-integrasie)" | Universiteit van Nottingham | Universiteit van Kalifornië, San Diego | ||
2004[41] | Finn E. Kydland | Noorweë | "vir hul bydraes tot dinamiese makro-ekonomie: die tydsamestelling van die ekonomiese beleid en die dryfkragte agter sakesiklusse" | Carnegie Mellon-universiteit | Carnegie Mellon-universiteit | |
Edward C. Prescott | Verenigde State | Carnegie Mellon-universiteit | Carnegie Mellon-universiteit | |||
2005[42] | Robert J. Aumann | Verenigde State Israel |
"omdat hulle ons begrip van konflik en samewerking versterk en deur spelteorie-analise verbeter het" | Massachusetts Institute of Technology | Hebreeuse Universiteit van Jerusalem | |
Thomas C. Schelling | Verenigde State | Harvard-universiteit | Yale-universiteit, Harvard-universiteit | |||
2006[43] | Edmund S. Phelps | "vir sy analise van intertemporale afwykings in makro-ekonomiese beleid" | Yale-universiteit | Columbia-universiteit | ||
2007[44] | Leonid Hurwicz | Pole Verenigde State |
"omdat hulle die grondslag van meganisme-ontwerpteorie gelê het" | London School of Economics | Universiteit van Minnesota, Iowa Staatsuniversiteit | |
Eric S. Maskin | Verenigde State | Harvard-universiteit | Harvard-universiteit | |||
Roger B. Myerson | Harvard-universiteit | Northwestern Universiteit | ||||
2008[45] | Paul Krugman | "vir sy ontleding van handelspatrone en die ligging van ekonomiese bedrywighede" | Massachusetts Institute of Technology | Massachusetts Institute of Technology | ||
2009[46] | Elinor Ostrom | "vir haar analise van ekonomiese bestuur, veral die gemeenskapsbesit" | Universiteit van Kalifornië, Los Angeles | Indiana-universiteit | ||
Oliver E. Williamson | "vir sy analise van ekonomiese bestuur, veral die grense van die maatskappy" | Carnegie Mellon-universiteit | Universiteit van Pennsilvanië, Universiteit van Kalifornië, Berkeley |
2010's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
2010[47] | Peter A. Diamond | Verenigde State | "vir hul ontleding van markte met soekwrywings" | Massachusetts Institute of Technology | Massachusetts Institute of Technology | |
Dale T. Mortensen | Carnegie Mellon-universiteit | Northwestern-universiteit | ||||
Christopher A. Pissarides | Siprus | London School of Economics | London School of Economics | |||
2011[48] | Thomas J. Sargent | Verenigde State | "vir hul empiriese navorsing oor oorsaak en gevolg in die makro-ekonomie" | Harvard-universiteit | Hoover Institution, Universiteit van Minnesota | |
Christopher A. Sims | Harvard-universiteit | Universiteit van Minnesota | ||||
2012[49] | Alvin E. Roth | "vir die teorie van stabiele toekennings en die beoefening van markontwerp" | Stanford-universiteit | Stanford-universiteit, Harvard-universiteit | ||
Lloyd S. Shapley | Princeton-universiteit | Universiteit van Kalifornië, Los Angeles | ||||
2013[50] | Eugene F. Fama | "vir hul empiriese analise van batepryse" | Universiteit van Chicago | Universiteit van Chicago | ||
Lars Peter Hansen | Universiteit van Minnesota | Universiteit van Chicago | ||||
Robert J. Shiller | Massachusetts Institute of Technology | Yale-universiteit | ||||
2014[51] | Jean Tirole | Frankryk | "vir sy analise van markkrag en regulering" | Massachusetts Institute of Technology | Massachusetts Institute of Technology, Toulouse School of Economics, École des hautes études en sciences sociales | |
2015[52] | Angus Deaton | Verenigde Koninkryk Verenigde State |
"vir sy analise van verbruik, armoede en welsyn" | Universiteit van Cambridge | Universiteit van Bristol, Princeton-universiteit | |
2016[53] | Oliver Hart | "vir hul bydraes tot kontrakteorie" | Princeton-universiteit | Massachusetts Institute of Technology, Harvard-universiteit | ||
Bengt Holmström | Finland | Stanford-universiteit | Massachusetts Institute of Technology, Yale-universiteit | |||
2017[54] | Richard Thaler | Verenigde State | "vir sy bydraes tot gedragsekonomie" | Universiteit van Rochester | Cornell-universiteit, Universiteit van Chicago | |
2018[55] | William D. Nordhaus | "vir die integrasie van klimaatsverandering in langtermyn makro-ekonomiese ontleding" | Yale-universiteit, Massachusetts Institute of Technology | Yale-universiteit | ||
Paul M. Romer | "vir die integrasie van tegnologiese innovasies in langtermyn makro-ekonomiese ontleding" | Universiteit van Chicago | New York-universiteit | |||
2019[56] | Abhijit Banerjee | Verenigde State Indië |
"vir hul eksperimentele benadering om wêreldwye armoede te verlig" | Harvard-universiteit | Massachusetts Institute of Technology | |
Esther Duflo | Verenigde State Frankryk |
Massachusetts Institute of Technology | Massachusetts Institute of Technology | |||
Michael Kremer | Verenigde State | Harvard-universiteit | Harvard-universiteit |
2020's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | Alma mater | Instelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) | |
---|---|---|---|---|---|---|
2020[57] | Paul Milgrom | Verenigde State | "vir verbeteringe aan die veilingsteorie en die uitvinding van nuwe veilingformate" | Stanford-universiteit | Stanford-universiteit | |
Robert B. Wilson | Harvard-universiteit | Stanford-universiteit | ||||
2021[58] | David Card | Verenigde State Kanada |
"vir sy empiriese bydraes tot arbeidsekonomie" | Queen's University at Kingston Princeton-universiteit |
Universiteit van Kalifornië, Berkeley | |
Joshua Angrist | Verenigde State Israel |
"vir hul metodologiese bydraes tot die ontleding van oorsaaklike verwantskappe" | Princeton-universiteit | Massachusetts Institute of Technology | ||
Guido Imbens | Verenigde State Nederland |
Erasmus Universiteit Rotterdam Brown-universiteit |
Stanford-universiteit | |||
2022[59] | Ben Bernanke | Verenigde State | "vir navorsing oor banke en finansiële krisisse" | Massachusetts Institute of Technology | Princeton-universiteit | |
Douglas Diamond | Yale-universiteit | University of Chicago Booth School of Business | ||||
Philip H. Dybvig | Yale-universiteit | Olin Business School, Yale-universiteit | ||||
2023[4] | Claudia Goldin | Verenigde State | "vir die bevordering van vroue se begrip se arbeidsmarkuitkomste" | Universiteit van Chicago | Harvard-universiteit |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Nomination and selection of Laureates in Economic Sciences". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 9 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "All Prizes in Economic Sciences". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 9 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ 4,0 4,1 (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2023". Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1969". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1970". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1971". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1972". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1973". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1974". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1975". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1976". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1977". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1978". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1979". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1980". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1981". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1982". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1983". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1984". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1985". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1986". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1987". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1988". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1989". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1990". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1991". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1992". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1993". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1994". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1995". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1996". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1997". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1998". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1999". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2000". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2002". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2003". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2005". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2006". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2014". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2015". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2020". Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2021". Besoek op 9 Oktober 2023.
- ↑ (en) "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 2022". Besoek op 9 Oktober 2023.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel. |
- (en) "All Prizes in Economic Sciences". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Besoek op 9 Oktober 2023.
- (en) "Economics prize". Riksbank.se. Sveriges Riksbank. Besoek op 9 Oktober 2023.
- (en) "Prize in Economic Sciences". Kva.se. Kungliga Vetenskapsakademien. Besoek op 9 Oktober 2023.
- (en) "Winners of the Nobel Prize for Economics". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Oktober 2023.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia