Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (Sweeds: Nobelpriset i fysiologi eller medicin) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Nobelpleging by die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisiologie of geneeskunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, letterkunde en vrede.
Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde
| ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in Fisiologie of Geneeskunde | |
Borg | Nobelpleging by die Karolinska Instituut | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde tradisioneel eerste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 229 individue toegeken.[2] Nog 13 vroue het dit gekry.[3]
Een Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde-wenners, naamlik die Duitser Gerhard Domagk (1939), was deur sy regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hy sou later ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie.[4]
Die 2024-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan Victor Ambros en Gary Ruvkun "vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in natranskripsionele geenregulering".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vanaf 1901 tot op hede. In 1915–1918, 1921, 1925 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
1900's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1901[7] | Emil Adolf von Behring | Duitse Keiserryk | "vir sy werk op serumterapie, veral die toepassing daarvan op witseerkeel, waardeur hy 'n nuwe pad in die domein van die mediese wetenskap geopen het en sodoende in die hande van die dokter 'n oorwinnende wapen teen siekte en sterftes geplaas het" | |
1902[8] | Sir Ronald Ross | Verenigde Koninkryk Brits-Indië |
"vir sy werk op malaria, waarmee hy aangedui het hoe dit die organisme binnedring en daardeur die basis gelê het vir suksesvolle navorsing oor hierdie siekte en metodes om dit te bekamp" | |
1903[9] | Niels Ryberg Finsen | Denemarke ( Faroëreilande) |
"[vir] sy bydrae tot die behandeling van siektes, veral lupus vulgaris, met gekonsentreerde ligbestraling, waardeur hy 'n nuwe weg vir die mediese wetenskap gebaan het" | |
1904[10] | Iwan Pawlof | Rusland | "ter erkenning van sy werk op die fisiologie van spysvertering, waardeur kennis oor lewensbelangrike aspekte van die vak verander en vergroot is" | |
1905[11] | Robert Koch | Duitse Keiserryk | "vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose" | |
1906[12] | Camillo Golgi | Italië | "ter erkenning van hul werk op die struktuur van die senuweestelsel" | |
Santiago Ramón y Cajal | Spanje | |||
1907[13] | Charles Louis Alphonse Laveran | Frankryk | "ter erkenning van sy werk op die rol wat protosoë in siektekunde speel" | |
1908[14] | Ilja Iljitsj Metsjnikof | Rusland | "ter erkenning van hul werk op immuniteit" | |
Paul Ehrlich | Duitse Keiserryk | |||
1909[15] | Emil Theodor Kocher | Switserland | "vir sy werk oor die fisiologie, patologie en chirurgie van die skildklier" |
1910's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1910[16] | Albrecht Kossel | Duitse Keiserryk | "ter erkenning van die bydrae tot ons kennis van selchemie wat gemaak is weens van sy werk op proteïene, insluitend die nuklemestowwe" | |
1911[17] | Allvar Gullstrand | Swede | "vir sy werk op die dioptriek van die oog" | |
1912[18] | Alexis Carrel | Frankryk | "[vir] sy werk op vaskulêre hegting en die oorplanting van bloedvate en organe" | |
1913[19] | Charles Richet | "[vir] sy werk op anafilakse" | ||
1914[20] | Robert Bárány | Oostenryk-Hongarye | "vir sy werk op die fisiologie en patologie van die vestibulêre apparaat" | |
1919[21] | Jules Bordet | België | "vir sy ontdekkings met betrekking tot immuniteit" |
1920's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1920[22] | Schack August Steenberg Krogh | Denemarke | "vir sy ontdekking van die kapillêre motorreguleermeganisme" | |
1922[23] | Archibald Vivian Hill | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontdekking wat verband hou met die produksie van hitte in die spier" | |
Otto Fritz Meyerhof | Republiek van Weimar | "vir sy ontdekking van die vaste verhouding tussen die verbruik van suurstof en die metabolisme van melksuur in die spier" | ||
1923[24] | Sir Frederick Grant Banting | Kanada | "vir die ontdekking van insulien" | |
John James Rickard Macleod | Verenigde Koninkryk | |||
1924[25] | Willem Einthoven | Nederland | "vir die ontdekking van die meganisme van die elektrokardiogram" | |
1926[26] | Johannes Andreas Grib Fibiger | Denemarke | "vir sy ontdekking van die Gongilonema neoplastikum" | |
1927[27] | Julius Wagner-Jauregg | Oostenryk | "vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van malaria-inenting in die behandeling van demensie-paralitika" | |
1928[28] | Charles Jules Henri Nicolle | Frankryk | "vir sy werk op tifus" | |
1929[29] | Christiaan Eijkman | Nederland | "vir sy ontdekking van die antineuritiese vitamien" | |
Sir Frederick Gowland Hopkins | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontdekking van die groei-stimulerende vitamiene" |
1930's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1930[30] | Karl Landsteiner | Oostenryk | "vir sy ontdekking van menslike bloedgroepe" | |
1931[31] | Otto Heinrich Warburg | Republiek van Weimar | "vir sy ontdekking van die aard en werking van die respiratoriese ensiem" | |
1932[32] | Sir Charles Scott Sherrington | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings rakende die funksies van neurone" | |
Edgar Douglas Adrian | ||||
1933[33] | Thomas Hunt Morgan | Verenigde State | "vir sy ontdekkings rakende die rol wat chromosome in erflikheid speel" | |
1934[34] | George Hoyt Whipple | "vir hul ontdekkings rakende lewerterapie in gevalle van bloedarmoede" | ||
George Richards Minot | ||||
William Parry Murphy | ||||
1935[35] | Hans Spemann | Nazi-Duitsland | "vir sy ontdekking van die organiseerder-effek in embrioniese ontwikkeling" | |
1936[36] | Sir Henry Hallett Dale | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings met betrekking tot chemiese oordrag van senuwee-impulse" | |
Otto Loewi | Oostenryk Nazi-Duitsland | |||
1937[37] | Albert Szent-Györgyi von Nagyrapolt | Hongarye | "vir sy ontdekkings in verband met die biologiese verbrandingsprosesse, met spesiale verwysing na vitamien C en die katalise van fumaarsuur" | |
1938[38] | Corneille Jean François Heymans | Brits-Indië | "vir die ontdekking van die rol wat die sinus- en aortiese meganismes speel in die regulering van respirasie" | |
1939[39] | Gerhard Domagk | Nazi-Duitsland | "vir die ontdekking van die antibakteriese effekte van prontosil" |
1940's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1943[40] | Carl Peter Henrik Dam | Denemarke | "vir sy ontdekking van vitamien K" | |
Edward Adelbert Doisy | Verenigde State | "vir sy ontdekking van die chemiese aard van vitamien K" | ||
1944[41] | Joseph Erlanger | "vir hul ontdekkings met betrekking tot die hoogs gedifferensieerde funksies van enkele senuweefibrille" | ||
Herbert Spencer Gasser | ||||
1945[42] | Sir Alexander Fleming | Verenigde Koninkryk | "vir die ontdekking van penisillien en die genesende effek daarvan by verskeie aansteeklike siektes" | |
Sir Ernst Boris Chain | ||||
Howard Walter Florey | Australië | |||
1946[43] | Hermann Joseph Muller | Verenigde State | "vir die ontdekking van die produksie van mutasies deur middel van X-bestraling" | |
1947[44] | Carl Ferdinand Cori | "vir hul ontdekking van die verloop van die katalitiese omskakeling van glikogeen" | ||
Gerty Theresa Cori, née Radnitz | ||||
Bernardo Alberto Houssay | Argentinië | "vir sy ontdekking van die rol wat die hormoon van die anterior pituïtêre lob speel in die metabolisme van glukose" | ||
1948[45] | Paul Hermann Müller | Switserland | "vir sy ontdekking van die hoë doeltreffendheid van DDT as 'n kontakgif teen verskeie geleedpotiges" | |
1949[46] | Walter Rudolf Hess | "vir sy ontdekking van die funksionele organisasie van die binnebrein as 'n koördineerder van aktiwiteite van die interne organe" | ||
António Caetano Egas Moniz | Portugal | "vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van leukotomie (lobotomie) in sekere psigoses" |
1950's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1950[47] | Philip Showalter Hench | Verenigde State | "vir hul ontdekkings met betrekking tot die hormone van die bynierkorteks, hul struktuur en biologiese effekte" | |
Edward Calvin Kendall | ||||
Tadeusz Reichstein | Switserland Pole | |||
1951[48] | Max Theiler | Suid-Afrika | "vir sy ontdekkings rakende geelkoors en hoe om dit te bekamp" | |
1952[49] | Selman Abraham Waksman | Verenigde State | "vir sy ontdekking van streptomisien, die eerste antibiotikum wat effektief was teen tuberkulose" | |
1953[50] | Sir Hans Adolf Krebs | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontdekking van die sitroensuursiklus (Krebssiklus)" | |
Fritz Albert Lipmann | Verenigde State | "vir sy ontdekking van mede-ensiem A en sy belangrikheid vir intermediêre metabolisme" | ||
1954[51] | John Franklin Enders | "vir hul ontdekking van die vermoë van poliomiëlitisvirusse om te groei in kulture van verskillende soorte weefsel" | ||
Frederick Chapman Robbins | ||||
Thomas Huckle Weller | ||||
1955[52] | Axel Hugo Theodor Theorell | Swede | "vir sy ontdekkings rakende die aard en werking van oksidasie-ensieme" | |
1956[53] | André Frédéric Cournand | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende hartkateterisering en patologiese veranderinge in die bloedsomloopstelsel" | |
Werner Forssmann | Wes-Duitsland | |||
Dickinson W. Richards | Verenigde State | |||
1957[54] | Daniel Bovet | Italië | "vir sy ontdekkings met betrekking tot sintetiese verbindings wat die werking van sekere liggaamsdele inhibeer, en veral hul werking op die vaskulêre stelsel en die skeletspiere" | |
1958[55] | George Wells Beadle | Verenigde State | "vir hul ontdekking dat gene optree deur bepaalde chemiese gebeure te reguleer" | |
Edward Lawrie Tatum | ||||
Joshua Lederberg | "vir sy ontdekkings rakende genetiese herkombinasie en die organisasie van die genetiese materiaal van bakterieë" | |||
1959[56] | Arthur Kornberg | "vir hul ontdekking van die meganismes in die biologiese sintese van ribonukleïensuur en deoksi-ribonukleïensuur" | ||
Severo Ochoa | Verenigde State Spanje |
1960's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1960[57] | Sir Frank Macfarlane Burnet | Australië | "vir die ontdekking van verworwe immunologiese toleransie" | |
Sir Peter Brian Medawar | Brasilië Verenigde Koninkryk | |||
1961[58] | Georg von Békésy | Verenigde State | "vir sy ontdekkings van die fisiese meganisme van stimulasie binne die koglea" | |
1962[59] | Francis Harry Compton Crick | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings rakende die molekulêre struktuur van nukleïensure en die betekenis daarvan vir die oordrag van inligting in lewende materiaal" | |
James Dewey Watson | Verenigde State | |||
Maurice Hugh Frederick Wilkins | Nieu-Seeland Verenigde Koninkryk | |||
1963[60] | Sir John Carew Eccles | Australië | "vir hul ontdekkings rakende die ioniese meganismes wat betrokke is by opwekking en inhibisie in die perifere en sentrale gedeeltes van die senuweeselmembraan" | |
Sir Alan Lloyd Hodgkin | Verenigde Koninkryk | |||
Sir Andrew Fielding Huxley | ||||
1964[61] | Konrad Bloch | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende die meganisme en regulering van die cholesterol- en vetsuurmetabolisme" | |
Feodor Lynen | Wes-Duitsland | |||
1965[62] | François Jacob | Frankryk | "vir hul ontdekkings rakende genetiese beheer van ensiem- en virussintese" | |
André Lwoff | ||||
Jacques Monod | ||||
1966[63] | Peyton Rous | Verenigde State | "vir sy ontdekking van gewasbeïnvloedende virusse" | |
Charles Brenton Huggins | "vir sy ontdekkings rakende hormonale behandeling van prostaatkanker" | |||
1967[64] | Ragnar Granit | Finland Swede |
"vir hul ontdekkings rakende die primêre fisiologiese en chemiese visuele prosesse in die oog" | |
Haldan Keffer Hartline | Verenigde State | |||
George Wald | ||||
1968[65] | Robert W. Holley | "vir hul interpretasie van die genetiese kode en die funksie daarvan in proteïensintese" | ||
Har Gobind Khorana | Indië Verenigde State[66] | |||
Marshall W. Nirenberg | Verenigde State | |||
1969[67] | Max Delbrück | "vir hul ontdekkings rakende die repliseringsmeganisme en die genetiese struktuur van virusse" | ||
Alfred D. Hershey | ||||
Salvador E. Luria | Italië Verenigde State |
1970's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1970[68] | Julius Axelrod | Verenigde State | "vir hul ontdekkings met betrekking tot die humorale oordraers in die senuweesterminale en die meganisme vir hulle stoor, vrylating en inaktivering" | |
Ulf von Euler | Swede | |||
Sir Bernard Katz | Verenigde Koninkryk | |||
1971[69] | Earl W. Sutherland jr. | Verenigde State | "vir sy ontdekkings rakende die meganismes van die werking van hormone" | |
1972[70] | Gerald M. Edelman | "vir hul ontdekkings rakende die chemiese struktuur van teenliggaampies" | ||
Rodney R. Porter | Verenigde Koninkryk | |||
1973[71] | Karl von Frisch | Wes-Duitsland | "vir hul ontdekkings rakende organisasie en uitlating van individuele en sosiale gedragspatrone" | |
Konrad Lorenz | Oostenryk | |||
Nikolaas Tinbergen | Nederland | |||
1974[72] | Albert Claude | België | "vir hul ontdekkings rakende die strukturele en funksionele organisasie van die sel" | |
Christian de Duve | ||||
George E. Palade | Roemenië | |||
1975[73] | David Baltimore | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende die interaksie tussen gewasvirusse en die genetiese materiaal van die sel" | |
Renato Dulbecco | Italië Verenigde State | |||
Howard Martin Temin | Verenigde State | |||
1976[74] | Baruch S. Blumberg | "vir hul ontdekkings rakende nuwe meganismes vir die oorsprong en verspreiding van aansteeklike siektes" | ||
D. Carleton Gajdusek | ||||
1977[75] | Roger Guillemin | "vir hul ontdekkings rakende die peptiedhormoonproduksie van die brein" | ||
Andrew V. Schally | Kanada Pole Verenigde State | |||
Rosalyn Yalow | Verenigde State | "vir die ontwikkeling van radioimmunoassays van peptiedhormone" | ||
1978[76] | Werner Arber | Switserland | "vir die ontdekking van beperkende ensieme en die toepassing daarvan op molekulêre genetiese probleme" | |
Daniel Nathans | Verenigde State | |||
Hamilton O. Smith | ||||
1979[77] | Allan M. Cormack | Suid-Afrika | "vir die ontwikkeling van rekenaargesteunde tomografie" | |
Sir Godfrey N. Hounsfield | Verenigde Koninkryk |
1980's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1980[78] | Baruj Benacerraf | Venezuela | "vir hul ontdekkings rakende geneties bepaalde strukture op die seloppervlak wat immunologiese reaksies reguleer" | |
Jean Dausset | Frankryk | |||
George D. Snell | Verenigde State | |||
1981[79] | Roger W. Sperry | "vir sy ontdekkings rakende die funksionele spesialisering van die serebrale hemisfere" | ||
David H. Hubel | Kanada | "vir hul ontdekkings rakende inligtingverwerking in die visuele stelsel" | ||
Torsten N. Wiesel | Swede | |||
1982[80] | Sune K. Bergström | "vir hul ontdekkings rakende prostaglandiene en verwante biologies-aktiewe stowwe" | ||
Bengt I. Samuelsson | ||||
Sir John R. Vane | Verenigde Koninkryk | |||
1983[81] | Barbara McClintock | Verenigde State | "vir haar ontdekking van mobiele genetiese elemente" | |
1984[82] | Niels K. Jerne | Denemarke | "vir teorieë rakende die spesifisiteit in ontwikkeling en beheer van die immuunstelsel en die ontdekking van die beginsel vir die produksie van monoklonale teenliggame" | |
Georges J. F. Köhler | Wes-Duitsland | |||
César Milstein | Argentinië Verenigde Koninkryk | |||
1985[83] | Michael S. Brown | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende die regulering van cholesterol-metabolisme" | |
Joseph L. Goldstein | ||||
1986[84] | Stanley Cohen | "vir hul ontdekkings van groeifaktore" | ||
Rita Levi-Montalcini | Italië | |||
1987[85] | Susumu Tonegawa | Japan | "vir sy ontdekking van die genetiese beginsel vir die generering van teenliggaamverskeidenheid" | |
1988[86] | Sir James W. Black | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings van belangrike beginsels vir dwelmbehandeling" | |
Gertrude B. Elion | Verenigde State | |||
George H. Hitchings | ||||
1989[87] | J. Michael Bishop | "vir hul ontdekking van die sellulêre oorsprong van retrovirale onkogene" | ||
Harold E. Varmus |
1990's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1990[88] | Joseph E. Murray | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende orgaan- en seloorplanting in die behandeling van menslike siektes" | |
E. Donnall Thomas | ||||
1991[89] | Erwin Neher | Duitsland | "vir hul ontdekkings rakende die funksie van enkele ioonkanale in selle" | |
Bert Sakmann | ||||
1992[90] | Edmond H. Fischer | Switserland Verenigde State |
"vir hul ontdekkings rakende omkeerbare proteïen-fosforilering as 'n biologiese reguleringsmeganisme" | |
Edwin G. Krebs | Verenigde State | |||
1993[91] | Sir Richard J. Roberts | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings van gesplete gene" | |
Phillip A. Sharp | Verenigde State | |||
1994[92] | Alfred G. Gilman | "vir die ontdekking van G-proteïene en die rol van hierdie proteïene in seintransduksie in selle" | ||
Martin Rodbell | ||||
1995[93] | Edward B. Lewis | "vir hul ontdekkings rakende die genetiese beheer van vroeë embrioniese ontwikkeling" | ||
Christiane Nüsslein-Volhard | Duitsland | |||
Eric F. Wieschaus | Verenigde State | |||
1996[94] | Peter C. Doherty | Australië | "vir hul ontdekkings rakende die spesifisiteit van die sel-gemedieerde immuunverdediging" | |
Rolf M. Zinkernagel | Switserland | |||
1997[95] | Stanley B. Prusiner | Verenigde State | "vir sy ontdekking van prione – 'n nuwe biologiese beginsel van infeksie" | |
1998[96] | Robert F. Furchgott | "vir hul ontdekkings rakende stikstofmonoksied as 'n seinmolekule in die kardiovaskulêre stelsel" | ||
Louis J. Ignarro | ||||
Ferid Murad | ||||
1999[97] | Günter Blobel | Duitsland Verenigde State |
"vir die ontdekking dat proteïene intrinsieke seine het wat hul vervoer en lokalisering in die sel beheer" |
2000's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2000[98] | Arvid Carlsson | Swede | "vir hul ontdekkings rakende seintransduksie in die senuweestelsel" | |
Paul Greengard | Verenigde State | |||
Eric R. Kandel | ||||
2001[99] | Leland H. Hartwell | "vir hul ontdekkings van sleutelreguleerders van die selsiklus" | ||
Sir Tim Hunt | Verenigde Koninkryk | |||
Sir Paul M. Nurse | ||||
2002[100] | Sydney Brenner | Suid-Afrika | "vir hul ontdekkings rakende genetiese regulering van orgaanontwikkeling en geprogrammeerde seldood" | |
H. Robert Horvitz | Verenigde State | |||
Sir John E. Sulston | Verenigde Koninkryk | |||
2003[101] | Paul Lauterbur | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende magnetieseresonansiebeelding" | |
Sir Peter Mansfield | Verenigde Koninkryk | |||
2004[102] | Richard Axel | Verenigde State | "vir hul ontdekkings van reukreseptore en die werking van die olfaktoriese stelsel" | |
Linda B. Buck | ||||
2005[103] | Barry J. Marshall | Australië | "vir die ontdekking van die bakterie Helicobacter pylori en sy rol in gastritis en kroniese maagswere" | |
J. Robin Warren | ||||
2006[104] | Andrew Z. Fire | Verenigde State | "vir hul ontdekking van DNA-inmenging – geen-stilering deur dubbelstring-DNS" | |
Craig C. Mello | ||||
2007[105] | Mario R. Capecchi | "vir hul ontdekkings van beginsels vir die bekendstelling van spesifieke geenveranderinge in muise deur die gebruik van embrio-stamselle" | ||
Sir Martin J. Evans | Verenigde Koninkryk | |||
Oliver Smithies | Verenigde State | |||
2008[106] | Harald zur Hausen | Duitsland | "vir sy ontdekking van die menslike papillomavirus wat servikale kanker veroorsaak" | |
Françoise Barré-Sinoussi | Frankryk | "vir hul ontdekking van die menslike immuniteitgebreksvirus" | ||
Luc Montagnier | ||||
2009[107] | Elizabeth H. Blackburn | Verenigde State Australië |
"vir die ontdekking van hoe chromosome beskerm word deur telomere en die ensiem telomerase" | |
Carol W. Greider | Verenigde State | |||
Jack W. Szostak |
2010's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2010[108] | Sir Robert G. Edwards | Verenigde Koninkryk | "vir die ontwikkeling van in vitro-bevrugting" | |
2011[109] | Bruce A. Beutler | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende die aktivering van aangebore immuniteit" | |
Jules A. Hoffmann | Frankryk | |||
Ralph M. Steinman | Kanada | "vir sy ontdekking van die dendritiese sel en sy rol in adaptiewe immuniteit" (postuum toegeken)[110][111] | ||
2012[112] | Sir John B. Gurdon | Verenigde Koninkryk | "vir die ontdekking dat volwasse selle ten doeleinde van pluripotensie herprogrammeer kan word" | |
Shinya Yamanaka | Japan | |||
2013[113] | James E. Rothman | Verenigde State | "vir hul ontdekkings van masjinerie wat vesikelverkeer reguleer, 'n belangrike vervoerstelsel in ons selle" | |
Randy W. Schekman | ||||
Thomas C. Südhof | Verenigde State Duitsland | |||
2014[114] | John O'Keefe | Verenigde State Verenigde Koninkryk |
"vir hul ontdekkings van selle wat 'n posisioneringstelsel in die brein vorm" | |
May-Britt Moser | Noorweë | |||
Edvard I. Moser | ||||
2015[115] | William C. Campbell | Ierland Verenigde State |
"vir hul ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen infeksies wat veroorsaak word deur rondewurm-parasiete" | |
Satoshi Ōmura | Japan | |||
Tu Youyou | Volksrepubliek China | "vir haar ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen malaria" | ||
2016[116] | Yoshinori Ohsumi | Japan | "vir sy ontdekkings van meganismes vir outofagie" | |
2017[117] | Jeffrey C. Hall | Verenigde State | "vir hul ontdekkings van molekulêre meganismes wat die sirkadiese ritme beheer" | |
Michael Rosbash | ||||
Michael W. Young | ||||
2018[118] | James P. Allison | "vir hul ontdekking van kankerterapie deur inhibisie van negatiewe immuunregulering" | ||
Tasuku Honjo | Japan | |||
2019[119] | Peter J. Ratcliffe | Verenigde Koninkryk | "vir hul ontdekkings van hoe selle suurstofvlakke in die bloed bespeur, en hulle daarvolgens aanpas" | |
William Kaelin jr. | Verenigde State | |||
Gregg L. Semenza |
2020's
wysigJaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2020[120] | Michael Houghton | Verenigde Koninkryk | "vir die ontdekking van die hepatitis C-virus" | |
Harvey J. Alter | Verenigde State | |||
Charles M. Rice | ||||
2021[121] | David Julius | Verenigde State | "vir die ontdekking van reseptore vir temperatuur en aanraking" | |
Ardem Patapoutian | Verenigde State Libanon | |||
2022[122] | Svante Pääbo | Swede | "vir sy ontdekkings aangaande die genome van uitgestorwe hominiene en menslike evolusie" | |
2023[123] | Katalin Karikó | Hongarye Verenigde State |
"vir hul ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van effektiewe bRNS-entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het" | |
Drew Weissman | Verenigde State | |||
2024[5] | Victor Ambros | Verenigde State | "vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in natranskripsionele geenregulering" | |
Gary Ruvkun | Verenigde State |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Nomination and selection of Medicine Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 7 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "All Nobel Laureates in Physiology or Medicine". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 7 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 7 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ 5,0 5,1 (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2024". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 7 Oktober 2024. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Besoek op 5 Oktober 2020. [dooie skakel]
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1901". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1902". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1903". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1904". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1905". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1906". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1907". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1908". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1909". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1910". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1911". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1912". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1913". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1914". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1919". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1920". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1922". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1923". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1924". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1926". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1927". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1928". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1929". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1930". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1931". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1932". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1933". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1934". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1935". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1936". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1937". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1938". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1939". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1943". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1944". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1945". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1946". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1947". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1948". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1949". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1950". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1951". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1952". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1953". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1954". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1955". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1956". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1957". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1958". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1959". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1960". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1961". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1962". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1963". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1964". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1965". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1966". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1967". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1968". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Har Gobind Khorana". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1969". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1970". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1971". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1972". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1973". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1974". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1975". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1976". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1977". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1978". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1979". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1980". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1981". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1982". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1983". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1984". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1985". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1986". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1987". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1988". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1989". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1990". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1991". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1992". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1993". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1994". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1995". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1996". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1997". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1998". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1999". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2000". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2002". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2003". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2005". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2006". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Ralph Steinman Remains Nobel Laureate". The Nobel Foundation. 1 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) Sample, Ian (1 Oktober 2011). "Nobel prize to be awarded to dead scientist". The Guardian. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2014". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2015". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2020". Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2021". Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2022". Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2023". Besoek op 7 Oktober 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde. |
- (en) "All Nobel Laureates in Physiology or Medicine". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Besoek op 7 Oktober 2024.
- (en) "Winners of the Nobel Prize for Physiology or Medicine". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 Oktober 2024.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia