1972
jaar
1972 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | 1971 | ◄ 1972 ► | 1973 | 1974 | 1975 | 1976 | 1977 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1972 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Apollo 16 se ALSEP-eksperiment | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1972 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- 3-13 Februarie – Die elfde Olimpiese Winterspele word in Sapporo, Japan, aangebied.
- 3 Maart – Pioneer 10 word gelanseer.
- 20 April – Apollo 16 land op die maan.
- 22 Mei – Ceylon word 'n republiek binne die Britse Statebond en die land se naam word terselfdertyd verander na Sri Lanka.
- 24 Mei – 'n Boeing 727 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens word gekaap op 'n vlug tussen Salisbury, Rhodesië, en Johannesburg.
- 17 Junie – Begin van die Watergate-skandaal.
- 21 Julie – Nege mense sterf en 130 word beseer toe 22 bomme ontplof in Belfast, Noord-Ierland.
- 2-11 Augustus – Die vierde Paralimpiese Somerspele word in Heidelberg, Wes-Duitsland, aangebied.
- 10 Augustus – Die Daspoorttonnel word amptelik geopen.
- 26 Augustus-11 September – Die 20ste Olimpiese Sommerspele word in München, Wes-Duitsland, aangebied.
- 5 September – Die München-slagting vind plaas toe elf atlete en amptenare van die Israeliese span word as gyselaars in die Olimpiese dorp aangehou en later deur die Palestynse terreurbeweging Swart September vermoor word.
- 11 Desember – Amerikaanse ruimtevaarders land met Apollo 17 op die maan en begin die maanoppervlak verken.
- 13 Desember – Eugene Cernan klim in die maanmodule en word sodoende die laaste man wat op die maan geloop het.
- 18 Desember – Die Verenigde State begin die swaarste bombardering van Noord-Viëtnam tydens die Viëtnamoorlog. Die bombardering kom 12 dae later tot ’n einde.
- 19 Desember – Apollo 17 plons in die Stille Oseaan neer. Dit bring tot ’n einde die maanverkenningsprogram van die Verenigde State.
Geboortes
wysig- datum onbekend – Murunwa Makwarela, Suid-Afrikaanse politikus († 2024).
- datum onbekend – Nicolaas Duneas, Suid-Afrikaanse biochemikus en ontwikkelaar van osteogeniese-biomateriale.
- 13 Januarie – Denver Vraagom, Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur, getroud met Vanessa, aktrise in 7de Laan.
- 20 Januarie – Nikki Haley, Amerikaanse politikus.
- 30 Januarie – Mike Johnson, Amerikaanse politikus.
- 13 Februarie – Meng Wanzhou, Chinese sakeleier en hoof- finansiële beampte van Huawei.
- 20 Februarie – Corinna Harney, Duits-Amerikaanse fotomodel en aktrise.
- 21 Februarie – Mark Andrews, voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 4 Maart – Jos Verstappen, voormalige Nederlandse renjaer, vader van Max Verstappen.
- 8 Maart – Kalinikos Kreanga, voormalige Griekse (voorheen Roemeense) manstafeltennisspeler.
- 12 Maart – Arno Carstens, Suid-Afrikaanse internasionale sanger en liedjieskrywer.
- 16 Maart – Amor Vittone, Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en danseres.
- 27 Maart – Naftali Bennett, Israelse politikus en entrepreneur, huidige eerste minister (sedert 2021).
- 27 Maart – Jérôme Minière, Frans-Kanadese sanger, liedjieskrywer en multidissiplinêre kunstenaar.
- 3 April – Alfred Ntombela, Suid-Afrikaanse komedie-akteur.
- 17 April – Jennifer Garner, Amerikaanse aktrise.
- 20 April – Wouter Van Bellingen, Vlaamse politikus.
- 21 April – Narges Mohammadi, Iraanse menseregte-aktivis en wetenskaplike.
- 26 April – Juanita du Plessis, Suid-Afrikaanse country- en minnesangeres.
- 2 Mei – Die Rock, WWE professionele stoeier, akteur.
- 9 Mei – Lisa Ann, Amerikaanse aktrise en voormalige pornoster.
- 16 Mei – Andrzej Duda, Poolse politikus.
- 23 Mei – Rubens Barrichello, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
- 27 Mei – Ivete Sangalo, Brasiliaanse popsangeres.
- 11 Junie – Heather Clark, Suid-Afrikaanse branderplankryer.
- 23 Junie – Zinedine Zidane, afgetrede Franse sokkerspeler.
- 29 Junie – Lee Chul-seung, voormalige manstafeltennisspeler van Suid-Korea.
- 6 Julie – Isabelle Boulay, Kanadese sanger van popmusiek.
- 14 Julie – Flávia Monteiro, Brasiliaanse aktrise.
- 25 Julie – Masayuki Okano, afgetrede Japannese sokkerspeler.
- 31 Julie – Michelle McLean, Namibiese aktrise en mannekyn.
- 6 Augustus – Sonja Loots, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 9 Augustus – Juanes, Colombiaanse pop- en rocksanger.
- 16 Augustus – James Dalton, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 8 September – Os du Randt, Springbokrugbyspeler.
- 24 September – Pierre Amine Gemayel, Libanese politikus († 2006).
- 11 Oktober – Leon Kruger, Afrikaanse akteur († 2021).
- 16 Oktober – Jacques Nienaber, Springbokafrigter.
- 31 Oktober – Shaun Bartlett, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1 November – Anrich Herbst, Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur.
- 4 November – Wendy Hoopes, Amerikaanse aktrise en skryfster.
- 5 November – Rassie Erasmus, Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein, tans direkteur van afrigting.
- 10 November – Trevor Devall, Kanadese akteur en skrywer.
- 19 November – Sandrine Holt, Kanadese aktrise.
- 28 November – Michael Blackson, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 1 Januarie – Maurice Chevalier, Franse vermaaklikheidster (* 1888).
- 14 Januarie – Frederik IX, koning van Denemarke (* 1899).
- 20 Februarie – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika (* 1906).
- 27 Maart – M.C. Escher, Nederlandse kunstenaar (* 1898).
- 27 April – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid (* 1909).
- 2 Mei – J. Edgar Hoover, Amerikaanse direkteur van die FBI (* 1875).
- 24 Mei – Asta Nielsen, Deense aktrise (* 1881).
- 28 Mei – Edward VIII van die Verenigde Koninkryk (* 1894).
- 21 Julie – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan (* 1929).
- 3 Oktober – Phil Mostert, Suid-Afrika se sestiende Springbokkaptein (* 1898).
- 20 Oktober – Harlow Shapley, ’n Amerikaanse sterrekundige - bekend omdat hy aan die begin van die 20ste eeu die Son se posisie in die Melkweg bepaal het (* 1885).
- 26 Oktober – Igor Sikorsky, 'n Russiese ingenieur wat helikopters en vliegtuie gebou het (* 1889).
- 1 November – Ezra Pound, Amerikaanse digter en literêre kritikus (* 1885).
- 24 November – Basil Schonland, Suid-Afrikaanse fisikus (* 1896).
- 2 Desember – Genl. Sir Pierre van Ryneveld, (KBE, CB, DSO, MC) Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier (* 1891).
- 24 Desember – Melville Ruick, Amerikaanse akteur (* 1898).
- 26 Desember – Harry S. Truman, Amerikaanse politikus, staatsman en 33ste President van die Verenigde State (* 1884).