Jérôme Minière
Jérôme Minière (* 27 Maart 1972 in Orléans, Frankryk) is 'n sanger, liedjieskrywer en multidissiplinêre kunstenaar. Ná sy akademiese opleiding in kinematografie aan die Brusselse INSAS (Institut National Supérieur des Arts du Spectacle et des Techniques de Diffusion) het Minière hom in 1995 in die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec gevestig waar hy tans in Montreal bly.[1] Hy word as een van die oorspronklikste en kreatiefste musikale kunstenaars in Kanada beskou.[2]
Jérôme Minière | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 27 Maart 1972 Orléans, Frankryk |
Genres | Elektroniese popmusiek |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, musikant, skrywer |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1996 tot hede |
Etikette | Lithium/Labels/Virgin, La Tribu |
Webwerf | jeromeminiere.ca |
Diskografie
wysig- Monde pour n'importe qui (1997)
- La nuit éclaire le jour qui suit 1 (1998)
- La nuit éclaire le jour qui suit 2 (1998)
- Du Pic au Cœur (2001)
- Jérôme Minière présente Herri Kopter (2001)
- Petit cosmonaute (2002)
- Jérôme Minière chez Herri Kopter (2004)
- Herri Kopter au Grand Théatre (CD + DVD) (2005)
- Coeurs (2007)
- Le Vrai Le Faux (2010)
- Jérome Minière Danse Avec Herri Kopter (2013)
- Une île (2015)
- Dans la forêt numérique (CD édition limitée, 2018)
- Une clairière (2019)
- Cancionero de Palacios (EP met instrumentele snitte, 2020)
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Media