Jos Verstappen (gebore as Johannes Franciscus Verstappen op 4 Maart 1972) is 'n voormalige Nederlandse renjaer wat tussen 1994 en 2003 aan Formule Een deelgeneem het vir Benetton, Simtek, Footwork Arrows, Tyrrell, Stewart en Minardi. Verstappen was die Duitse Formule Drie-kampioen[1] en Meesters van Formule Drie-wenner in 1993.[1]

Jos Verstappen
Verstappen in 2006
Verstappen in 2006
Geboortedatum 4 Maart 1972 (1972-03-04) (51 jaar oud)
Geboorteplek Montfort, Nederland
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederland
Aktiewe jare 19941998, 2000, 2001, 2003
Ou span(ne) Benetton, Simtek, Footwork, Tyrrell, Stewart, Arrows en Minardi
Inskrywings 107 (106 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 2
Loopbaanpunte 17
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 1994 Brasiliaanse Grand Prix
Laaste inskrywing 2003 Japannese Grand Prix

Verstappen het gedurende agt Formule 1-seisoene vir sewe verskillende spanne gejaag. Van 1994 tot 2003 het hy twee podiumplekke verower, die eerste Nederlandse F1-renjaer wat dit kon behaal.

Sedert Verstappen F1 verlaat het, het hy wedrenne in A1 Grand Prix en Le Mans Series LMP2-renne gewen, asook die 24 uur van Le Mans se 2008 LMP2-klas gewen.

Verstappen het sy seun Max van 'n vroeë ouderdom af in karting afgerig, en bygedra tot Max se suksesse as 'n F1-jaer wat die 2021 en 2022 Formule Een-jaerskampioen geword het. Jos het ook as bestuurder vir Max gedien.

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 "Dutch courage: the unfulfilled promise of Jos Verstappen". 8W. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2014. Besoek op 19 Augustus 2014.