Rassie Erasmus
Rassie Erasmus (5 November 1972 in Despatch) is 'n voormalige Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein. Hy het Suid-Afrika in een toets aangevoer en het tussen 1997 en 2001 36 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel, asook in die Rugbywêreldbeker 1999.
| |||||
Volle naam | Johan Erasmus | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 5 November 1972 | ||||
Geboorteplek | Despatch, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 191 cm | ||||
Massa | 98 kg | ||||
Skool | Hoërskool Despatch | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, agsteman | ||||
Springbokno. | 649 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Collegians | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1994–98, 01–03 1998–2000 |
Vrystaat Cheetahs Goue Leeus |
112 7 |
|||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1997 1998–2001 2003 |
Cheetahs Lions Stormers |
7 46 4 |
(10) (45) ? | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1997–2001 | Suid-Afrika | 36 | (35) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
2004–2006 2006–2007 2008–2011 2016–2017 2018–2019 2018 2024– |
Vrystaat Cheetahs Cheetahs Stormers Munster Rugby Suid-Afrika Barbarians Suid-Afrika | ||||
korrek soos op 7 Oktober 2024. |
Hy is op 1 Maart 2018 as die nuwe Springbokafrigter aangestel en het dié span afgerig tydens die Rugbywêreldbeker 2019, waartydens Suid-Afrika vir die derde keer die Webb Ellis-beker omhoog kon hou. Sy pligte het verdubbel toe hy teen die einde van 2017 as die eerste SARU-direkteur van Rugby aangestel is.
Erasmus het op provinsiale vlak vir die Vrystaat Cheetahs en die Goue Leeus gespeel, en in Superrugby vir die Cats en die Stormers. Daarna het hy homself as 'n afrigter gevestig deur die Vrystaat tot Curriebekerkampioen te lei.
Sedert vroeg in 2024 dien Erasmus in sy tweede termyn as Springbokafrigter. In dieselfde jaar het hy 'n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit in afrigtingwetenskap ontvang.[1]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Rassie Erasmus to receive an honorary doctorate from the North-West University". Noordwes-Universiteit. Besoek op 2 Mei 2024.
Bibliografie
wysig- (en) Erasmus, Rassie; O'Sullivan, David (2023). Rassie: Stories of Life and Rugby. Johannesburg: Pan Macmillan South Africa. ISBN 978-1-03-502939-6.
Eksterne skakels
wysigVoorafgegaan deur Corné Krige |
Springbokkaptein 1999 |
Opgevolg deur Joost van der Westhuizen |
Voorafgegaan deur Allister Coetzee |
Springbokafrigter 2018–2019 |
Opgevolg deur Jacques Nienaber |
Voorafgegaan deur Jacques Nienaber |
Springbokafrigter 2024–hede |
Opgevolg deur Ampsbekleër |