5 November
datum
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare). Daar volg nog 56 dae.
Gebeure
wysig- 1439 – Die konsilie van Basel kies Amadeus VIII hertog van Savoje as Teenpous Felix V.
- 1466 – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII) word biskop van Savona.
- 1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maximiliaan probeer om Pous Julius II af te sit.
- 1556 – ’n Mongoolse mag verslaan die Hindu magte onder leiding van Generaal Hemu op ’n slagveld ongeveer 80 kilometer noord van Delhi en verseker daardeur die Indiese troon vir Akbar.
- 1605 – Buskruitverraad: ’n Sameswering gelei deur Guy Fawkes om die Engelse Parlement op te blaas word gefnuik toe Thomas Knyvet, ’n vrederegter, Fawkes in ’n kelder onder die Parlementsgebou betrap..
- 1625 – Pous Urbanus VIII verklaar Raymond Nonnatus heilig.
- 1688 – Protestantse Prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader Koning James II, die laaste katolieke monarg van Engeland, af te sit.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer “Ancorché antichissimo” oor die opstand in Avignon.
- 1837 – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by uMgungundlovu.
- 1838 – Honduras onttrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika.
- 1862 – Roohuid-oorloë: In Minnesota word meer as 300 Santee Sioux skuldig bevind aan verkragting van en moord op blanke setlaars en word gevonnis om gehang te word.
- 1872 – Vroueregte: In weerwil van die wet, gaan stem die vroueregteaktivis Susan B. Anthony (sy is later met $100 beboet vir haar deelname).
- 1895 – George B. Selden verkry die eerste Amerikaanse patent vir ’n motorvoertuig.
- 1911 – Nadat Italië oorlog verklaar het teen die Ottomaanse Ryk op 29 September,1911 annekseer hy Tripoli en Cyrenaika.
- 1912 – Woodrow Wilson behaal ’n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft.
- 1913 – Koning Otto van Beiere word deur sy neef, kroonprins Ludwig, onttroon en neem die titel Ludwig III aan.
- 1914 – Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk.
- 1916 – Die Koningkryk van Pole word gesamentlik deur die keisers van Duitsland en Oostenryk geproklameer.
- 1917 – St. Tikhon van Moskou word verkies tot Patriarch van Moskou en van die Russies-Ortodokse Kerk.
- 1930 – Die Nobelprys vir literatuur word aan Sinclair Lewis toegeken.
- 1935 – Parker Brothers stel die bordspel Monopoly bekend.
- 1937 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler hou ’n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry.
- 1940 – Franklin D. Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir ’n derde ampstermyn.
- 1964 – Mariner-program: Mariner 3 word lanseer.
- 1968 – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1987 – Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneiland-gevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad.
- 1990 – Rabbi Meir Kahane, stigter van die verregse Kach-beweging, word doodgeskiet na ’n toespraak in 'n hotel in New York.
- 1996 – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole, in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
- 2006 – Die voormalige Irakese diktator, Saddam Hussein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
- 2006 – Australië wen die eindstryd van die vyfde Kampioenetrofee in Indië met agt paaltjies (D/L-metode) teen Wes-Indië.
Geboortes
wysig- 1648 – Ibrahim, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1648)
- 1701 − Pietro Longhi, Venesiaanse skilder († 1785).
- 1742 – Richard Cosway, Britse skilder († 1821)
- 1854 – Paul Sabatier, Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941).
- 1855 – Léon Teisserenc de Bort, Franse meteoroloog († 1913)
- 1857 – Ida Tarbell, Amerikaanse joernalis († 1944)
- 1863 – James Packard, Amerikaanse motorvervaardiger († 1928)
- 1885 – Will Durant, Amerikaanse historikus († 1981)
- 1892 – J.B.S. Haldane, Brits-Indiese genetikus († 1964)
- 1895 – Charles MacArthur, Amerikaanse skrywer († 1956)
- 1905 – Joel McCrea, Amerikaanse akteur († 1990)
- 1911 – Roy Rogers, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur (Sons of the Pioneers) († 1998)
- 1913 – Vivien Leigh, Britse aktrise († 1967)
- 1916 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog († 1994).
- 1921 – Fawzia van Egipte, keiserin van Iran
- 1931 – Charles Margrave Taylor, Kanadeese filosoof.
- 1931 – Ike Turner, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en vervaardiger (Kings of Rhythm en Ike & Tina Turner) († 2007)
- 1941 – Art Garfunkel, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Simon & Garfunkel)
- 1941 – Elke Sommer, Duitse aktrise
- 1943 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017)
- 1946 – Herman Brood, Nederlandse sanger, akteur en skilder († 2001)
- 1946 – Gram Parsons, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler (The Byrds, The Flying Burrito Brothers en International Submarine Band) († 1973)
- 1947 – Peter Noone, Britse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Herman’s Hermits)
- 1949 – Armin Shimerman, Amerikaanse akteur
- 1954 – André le Roux du Toit, Afrikaanse skrywer, digter en musikant
- 1959 – Bryan Adams, Kanadese sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler, vervaardiger en akteur
- 1963 – Yair Lapid, Israelse politikus, joernalis, akteur, televisie-aanbieder en skrywer
- 1963 – Tatum O'Neal, Amerikaanse aktrise en skryfster
- 1972 – Rassie Erasmus, Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein
- 1974 – Ryan Adams, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler (Whiskeytown, The Finger en Ryan Adams and the Cardinals)
- 1974 – Naval Ravikant, Amerikaanse entrepreneur en belegger.
- 1988 – Virat Kohli, Indiese krieketspeler.
Sterftes
wysig- 1836 – Karel Hynek Mácha, Tsjeggiese digter (* 1810).
- 1854 – Sir George Cathcart, 'n Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie (* 1794).
- 1933 – Texas Guinan, Amerikaanse aktrise en sakevrou (* 1884).
- 1951 – Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet (* 1889).
- 1977 – Guy Lombardo, Kanadees-Amerikaanse violis en dirigent (* 1902).
- 1979 – Al Capp, Amerikaanse spotprenttekenaar (* 1909).
- 1982 – Albert Hertzog, 'n Suid-Afrikaanse politikus (* 1899).
- 1985 – Elise Muller, 'n Afrikaanse skrywer (* 1919).
- 1985 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1919).
- 1989 – Vladimir Horowitz, Russiese pianis (* 1903).
- 1990 – Meir Kahane, Amerikaans-Israeliese skrywer en politiuks (* 1932).
- 1991 – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo (* 1905)
- 1994 – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1928).
- 2010 – Jill Clayburgh, Amerikaanse aktrise (* 1944).
- 2012 – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926).
- 2018 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931).
- 2019 – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise (* 2006).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 5 November. |
- Guy Fawkes-nag – Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland en die Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador