11 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
11 November is die 315de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (316de in skrikkeljare). Daar volg nog 50 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 824 – Die "Constitutio Romana" gesluit tussen Pous Eugenius II en Lodewyk die Vrome.
- 1417 – Pous Martinus V volg Pous Gregorius XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1208 – Die Ryksdag van Frankfurt erken Otto IV as keiser van die Heilige Romeinse Ryk aan.
- 1404 – Pous Innocentius VII word gekroon.
- 1675 – Gottfried Leibniz demonstreer integraalrekening vir die eerste keer deur die oppervlak onder die grafiek van 'n funksie y = f(x) deur anti-afgeleides te bepaal.
- 1792 – Die NG gemeente Graaff-Reinet gestig as sesde gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- 1799 – Napoléon Bonaparte word Eerste Konsul (Premier Consul) van die Franse Republiek.
- 1889 – Washington word die 42ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1904 – Die nuwe spoorlyn van Aliwal-Noord af na Lady Grey word oopgestel.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog word beëindig: Duitsland onderteken 'n vredesooreenkoms met die Geallieerdes in 'n treintrok buite Compiègne in Frankryk. Die oorlog het amptelik tot 'n einde gekom om 11:00 (Die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand).
- 1930 – 'n Patent word toegeken aan Albert Einstein en Leó Szilárd vir hulle uitvinding, die Einstein-yskas.
- 1965 – Ian Smith, Eerste Minister van die Britse kroonkolonie van Suid-Rhodesië, vaardig 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring uit.
- 1975 – Angola verkry onafhanklikheid van Portugal na byna 500 jaar se koloniale heerskappy. Verdeeldheid tussen die hoofmagsgroepe, die MPLA en UNITA, sou egter lei tot meer as 20 jaar van burgeroorlog in Angola, waarby Suid-Afrika ook militêr betrokke geraak het.
- 1978 – Maumoon Abdul Gayoom begin sy eerste termyn as President van die Maledive.
Geboortes
wysig- 1082 – Raymond Berengarius III van Barcelona, Graaf van Barcelona, Girona en Osona († 1131).
- 1711 – Stepan Krasjeninnikof, Russiese geograaf en in die 18de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië († 1755)
- 1743 – Carl Peter Thunberg, 'n Sweedse plantkundige († 1828).
- 1821 – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer († 1881).
- 1865 – Daniël Cornelis Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar († 1950).
- 1883 – Ernest Ansermet, Switserse dirigent († 1969).
- 1897 – Gerrit Dekker, Afrikaanse professor, letterkundige en vertaler († 1973).
- 1904 – P.K. le Roux, Suid-Afrikaanse politikus († 1985).
- 1922 – Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer († 2007).
- 1924 – Harry Kuitert, Nederlandse teoloog († 2017).
- 1962 – Demi Moore, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Calista Flockhart, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Philip McKeon, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1974 – Leonardo DiCaprio, Amerikaanse akteur.
- 1986 – Abigail Keats, Suid-Afrikaanse modeontwerper.
Sterftes
wysig- 1028 – Konstantyn VIII, keiser van die Bisantynse Ryk (* 960)
- 1285 – Pedro III van Aragon en Sisilië
- 1677 – Barbara Strozzi, Italiaanse komponis en sanger van die vroeë baroktydperk (* 1619)
- 1733 – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1664).
- 1751 – Julien Offray de Lamettrie, Franse geneeskundige en filosoof (* 1709).
- 1855 – Søren Kierkegaard, Deense filosoof (* 1813).
- 1938 – Mary Mallon, 1ste draer van die tifoīedvirus (* 1869).
- 1999 – Mary Kay Bergman, Amerikaanse stemaktrise (* 1961).
- 2004 – Jasser Arafat (75), president van die Palestynse Owerheid (* 1929).
- 2013 – Shirley Mitchell, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 2014 – Carol Ann Susi, Amerikaanse aktrise (* 1952).
- 2016 – Robert Vaughn, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1932).
- 2017 – Chiquito de la Calzada, Spaanse akteur, komediant en sanger (* 1932).
- 2021 – Frederik Willem de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party) en laaste blanke staatspresident (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Sint-Maartenfees in sekere Rooms-Katolieke gebiede van Europa
- Onafhanklikheidsdag in Pole (1918) en Angola (1975);
- Remembrance Day in die Statebond
- Wapenstilstandsdag in Frankryk en ander Europese lande
- Veteranedag in die VSA.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 November. |