28 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
28 November is die 332ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (333ste in skrikkeljare). Daar volg nog 33 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1633 – Pous Urbanus VIII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Ubaldi, ouditeur van die Heilige Roomse Rota.
- 1660 – Die Royal Society word gestig.
- 1786 – Pous Pius VI publiseer Super solidate teen Eybel se kritiek op die pous.
- 1885 – Die spoorlyn tussen Kimberley en Kaapstad word geopen.
- 1899 – Die Slag van die Twee Riviere, waar Lord Methuen aan Britse kant die bevel voer, vind plaas.
- 1905 – Die Ierse nasionalis Arthur Griffith stig Sinn Féin as 'n politieke party met die doelwit om onafhanklikheid vir die hele Ierland te verkry.
- 1912 – Albanië word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 1937 – Die Switserse volk keur 'n referendum af om die Vrymesselaars in Switserland onwettig te laat verklaar.
- 1942 – Die RMS Nova Scotia word langs die kus van KwaZulu-Natal gekelder en 845 passasiers sterf.
- 1943 – Die begin van die Teheran-konferensie tussen Franklin D. Roosevelt, Winston Churchill en Josef Stalin.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse duikboot USS Archerfish kelder die vliegdekskip Shinano.
- 1960 – Mauritanië word van Frankryk onafhanklik.
- 1964 – Die Mars-verkenningsruimtetuig Mariner 4 word gelanseer.
- 1979 – Air New Zealand-vlug 901 vlieg teen die vulkaan Erebus in Antarktika vas en 257 mense sterf.
- 1987 – Die SAL-vliegtuig Helderberg met 159 mense aan boord stort naby Mauritius in die Indiese Oseaan neer. Almal sterf.
Geboortes
wysig- 1118 – Manuel I, keiser van die Bisantynse Ryk († 1180).
- 1640 – Willem de Vlamingh, 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1698 of later).
- 1796 – Colin Fraser, Skotse predikant in Suid-Afrika († 1870).
- 1820 – Friedrich Engels, Duitse industrialis († 1895).
- 1887 – Ernst Röhm, die leier van die Sturmabteilung (SA) van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty († 1934).
- 1931 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores († 2018).
- 1935 – Frik du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1937 – Wilbur Ross, Amerikaanse belegger en voormalige Minister van Finansies van die Verenigde State.
- 1949 – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur († 2011).
- 1949 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur († 1995).
- 1965 – Erwin Mortier, Vlaamse skrywer.
- 1967 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007).
- 1972 – Michael Blackson, Amerikaanse akteur.
- 1992 – Mireia Lalaguna, Spaanse model en skoonheidskoningin (Mej. Wêreld 2015).
- 1995 – Chase Elliott, Amerikaanse NASCAR-motorrenjaer.
Sterftes
wysig- 741 – Pous Gregorius III, 90ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Die BBKL gee 10 Desember) (* onbekend).
- 1640 – Patriarg Joasaf I van Moskou, vierde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend).
- 1680 – Gian Lorenzo Bernini, Italiaanse argitek, beeldhouer, skilder en dekorontwerper (* 1598).
- 1694 – Matsuo Basho, Japannese digter (* 1644).
- 1916 – MT Steyn, President van die Oranje-Vrystaat (* 1857).
- 1962 – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880).
- 1963 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise (* 1941).
- 1982 – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer (* 1917).
- 1990 – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog (* 1898).
- 2011 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter (* 1944).
- 2012 – Jakes Gerwel, akademikus, politikus en sakeman (* 1946).
- 2019 – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaar (* 1936).
- 2020 – David Prowse, Britse akteur (Darth Vader) (* 1935).
- 2021 – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende (* 1942).
- 2023 – Charlie Munger, Amerikaanse prokureur en sakevennoot van Warren Buffett (* 1924).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Gregorius III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 November. |