Anders Birger Bohlin
Dr. Anders Birger Bohlin (26 Maart 1898 – 28 November 1990) was 'n Sweedse paleontoloog. Bo en behalwe sy werk op dinosourusse en prehistoriese soogdiere, was hy deel van die groep wat die bestaan van die Pekingmens (Sinanthropus pekinensis) bevestig het. In die 1950's is die wetenskaplike benaming van die Pekingmens verander nadat daar algemeen ooreengekom is dat hierdie hominide 'n Homo erectus was.
Anders Birger Bohlin | |
Gebore | 26 Maart 1898 |
---|---|
Oorlede | 28 November 1990 (op 92) |
Nasionaliteit | Sweed |
Bekend vir | Peking Man |